Inleiding
Vertrek van Mangaroa 23/12/2022
Ek het vroeg in Oktober 2022 vir my 11 nagte bespreek in ‘n motel in Featherston wat 30km, ongeveer halfuur’se ry van Upper Hutt is. Rimutakas(berge) vol draaie op en weer anderkant af.
Die 22ste het ek al begin inpak en alles op my lysie reggesit.
23e, pak ek solank ‘n deel in motor en sit die kar in koelte tot ek laaste die koelkas goed kan inpak. Ek kon van twee namiddag inboek by die motel in Featherston.
Ek is twee weke terug gevra om ‘n Wilgerboom te teken vir bruid(skoondogter se suster) se troue. Die boom moet geen blare hê nie omdat elke gas sy of haar naam gaan skryf en dan ‘n vingerafdruk daarby moet maak. Die papier om wilgeboom te teken kry ek toe kort voor my beplande vertrek. Dit neem my meer as twee ure om dit klaar te maak. Ek oorhandig die boom aan Stella(bruid se suster) en pak vinnig verder in. Broodjie geëet. Ek wou so 12 uur ry maar die boom het langer gevat. Ek kon eers na een vertrek.
Bertus(my seun) help Coen(skoondogter se pa) en Mark(toekomstige bruidegom) by Container. Amelia(kleinkind) is saam met Bertus. Beatrix kuier nog by Ouma Gerda in Masterton. Ek gaan soontoe om te groet. Hy en Amelia kom saam om bye te sê. Ek groet Stella(skoondogter) binne in die huis en wens mooi tyd toe.
“Sien ons Ma by Chris en Jenny?” Laas wat ek gehoor het sou hul nie gaan nie. Eerste wat ek hoor daarvan. Sy kom nie saam uit om bye te sê nie.
My hart was sommer seer van teleurstelling oor al die misverstande. Ek groet Bertus en Amelia. Wil sommer huil.
Ek moes myself regruk om te konsentreer op die pad en waar ek ry.
Gelukkig was dit redelik bewolk al was dit goed warm gewees.
Alhoewel dit die Vrydag voor Kersfees was, was die verkeer nie te erg nie. Ek het met tye maar uitgedraai sodat vinnige ouens kon verby kom. Die rit was regtig lekker en goed gewees. Die las op my skouers het al ligter geword na mate ek verder en verder weggery het van my blyplek af.
Volgende hoofstuk kom die drama met die aankoms by die motel.
Laat ‘n boodskap