Oggend lopie.

Die lug is amper sonder wolke vanoggend vroeg. Steeds nog koel windjie wat waai. Ek besluit om vroeg in te gaan om ‘n koppie tee te maak en my pap met yogert te maak want hele week het ek soggens net ‘n “oats and apricot bar” geëet, en ook natuurlik die badkamer gou te gebruik. My verbasing was groot toe ek by skuifdeur kom dat almal reeds op was. My tee gemaak en pap reg gemaak en vertrek weer kamer toe. 

Dit is so ‘n lekker dag buite dat ek besluit om te gaan stap.

Vars lug vul my longe. My spiere begin ontspan en ek stap. Daar kom gereeld voertuie verby en ek staan eenkant toe dat hul kan verby kom omdat pad redelik nou is. Fietsryers maak ook gebruik van die geleentheid om te ry. Almal groet vriendelik.

Ek draai links in na ‘n nouer straat as een waarin ons bly. Die straat grens steeds aan een sykant van ons grond. Langs die pad is ‘n water afvoersloot wat steeds nog vol water is. Die sloot vorm ‘n stroom wat oor ons grond loop. Die rustigheid van die water se gekabbel  is voedsel vir die siel. Ek het tot by Mangaroa Forest se bord geloop.

Eendag gaan ek bietjie daarheen ry. Daar is ook ‘n bordjie wat wys na ‘n radio stasie. 

Met die terugloop hoor ek mense wat besig is om skape aan te jaag. Die skape is uit kamp gejaag omdat een ooi gelam het. Die ooi staan teen die heining met ‘n geswelde uier en ‘n pas gebore tweeling lammers. Lammers soek net tiet en stamp, stamp ma se uier. Te dierbaar.

Langs die pad is daar ook paradise ducks wat waarsku dat iemand verby loop. Dis nou broeityd en al die gevleugeldes maak nes en is gereed vir die uitdaging om eiers te lê en uit te broei. Daar is reeds ‘n eende ma met eendjies wat nou die dag oor die pad geloop het. Daar was so ses of sewe klein bondeltjies dons wat agter ma aan hardloop. Blykbaar was daar maklik twaalf, dertien eendjies. Ongelukkig is eende nie goeie eendjie beskermers nie. Hier vlieg valke rond wat gereeld meeste van eendjies vang. 

Dis nie verniet dat eende so baie eiers uitbroei nie. Die natuur maak voorsiening dat daar darem enkeles oorleef. Hier is egter so baie eende dat daar elke jaar in Julie “duck hunting” gedoen word. Mense mag dan ingaan op plase en eende gaan skiet. Daar moet darem gereël word met eienaar van grond sodat daar nie gevaar is dat iemand raakgeskiet word nie.

Dit dan ‘n heerlike vroëe lopie op ‘n Sondag oggend.

Die verste grenslyn van ons grondjie.

In die verte is ons blyplek. Dis die bure se inrypad in voorgrond.


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

23 reaksies op “Oggend lopie.”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Pragtig vertel, Scrapy, aar daar haper steeds iets wat jou spiere laat styf trek. Ek bid vir jou, dat dit elke dag beter sal gaan. Is daar nie plek in jou kamer vir jou eie ketel nie?

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek het ‘n ketel maar die spasie is nog nie ingerig om plek te maak vir hom nie. Moet nog pakplek kry om als reg te kry.

      Liked by 1 person

  2. appeltjie Avatar

    O dis heerlik. Ek lief stap. Om buite te wees is my sielekos. Nou verhinder artritis my.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis nie goed van artritis nie. Is beweging soos loop enbv brei nie ‘n hulp om te versag nie? ek sien by die hospitaalhuis is daar ‘n paar veral vroue met artritis en hul word aangemoedig om tog maar te beweeg om bloedsomloop aan te help. Die vroue wil natuurlik nie regtig beweeg nie omdat dit te seer is ook.

      Like

      1. appeltjie Avatar

        Beweging is goed, maar die brein kom in opstand omdat die seer wat gaan volg, nie aangenaam is nie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek glo dit goed. Kry die mens so jammer wat al so ver gevorderde artritis het. Myne is gelukkig redelik onder beheer maar met tye is dit nie baie aangenaam nie.

          Like

  3. HesterLeyNel Avatar

    Dit klink soos die soort van wandeling wat wondere vir die gemoed doen.

    Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit doen beslis, dis soos die strand loop van jou.

      Liked by 2 people

      1. HesterLeyNel Avatar

        Ja, ons hoop om een van die dae weer die beter weer te tref. Ek kan doen met ‘n lekker strandlopie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Glo jou goed. Ons het gister nag sneeu op grondvlak hier gehad. Dis brrrr koud gewees vandag en nou nog steeds.

          Liked by 1 person

          1. HesterLeyNel Avatar

            Daar het gister sneeu geval by Worcester-omgewing. Brrr ❄️☃️

            Like

  4. Tannie Frannie Avatar

    So bly jy stap weer! Dis ‘n pragtige omgewing waar jy nou bly.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie. Die omgewing is beslis baie mooi. Net jammer hier is snags boy racers wat middernagtelike jaag doen.

      Liked by 1 person

  5. Una Avatar

    Dit klink na ñ heerlike stappie, Ineke. Jou fotos is mooi!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Una, dis so mooi hier dat ek sommer kan aanhou kyk en kyk sonder om aan te stap.

      Like

  6. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Lekker het ek nou saam met jou gestap in jou nuwe omte.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly jy’t saamgestap. Ek wag tot na nege dat al die inders by die skool is dan is daar amper geen verkeer nie.

      Like

      1. Lekkervurigeaffêre Avatar

        Lekker dan behoort die omtes aan jou. 💝🌼

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Netso, en die Pukekos en eende kan ook rustig raak.

          Liked by 1 person

  7. Aletta - nowathome Avatar

    Dit is lekker dat jy daar in jou nuwe omgewing kan stap Ineke!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek geniet dit baie. Die weer was net nie vir dae nie lekker nie.

      Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: