Hoe dit gekom het…dat hier stilte was.

Stilte op my blog

Beslis stilte. Geen woord geskryf of selfs aan iets gedink om te skryf vir meer as twee maande.

Vir meer as twee maande was hier woorddroogte in my gemoed. So baie het gebeur in daardie tyd dat ek net nie kon bybly met alles nie.

My omstandighede het totaal en al verander. 

Eers het ek vir maande al geweet dat daar verandering gaan kom met my blyplek. Uiteindelik was die tyd ryp.

In die tussentyd het ek stelselmatig al begin uitsorteer en weggegooi of wegegee wat ek regtig nie gebruik of nodig het nie. 

Die huis is in die mark gesit, maar eers moes alles opgepak en netjies gemaak word sodat mense na die huis kan kom kyk. Van my goed is solank gestoor. Net my bed, eetkamer tafeltjie en stoele, bank en TV in sitkamer, en sie daar, als was netjies. Stella, my skoondogter, het plante gebring en nog ekstra tierelantyntjies om die plek op te kikker. Die fotograaf kom en neem fotos wat in die advertensie gesit word om plek te verkoop.

Elke Sondag oggend was daar n “open home” tot die huis verkoop is. Ek dink dit het drie keer gebeur toe is die huis verkoop. Baie vinnig. Die eerste “open home” het die koper opgelewer wat beslis baie gelukkig is en gou gegaan het. 

Toe begin die twee weke van regtig groot inpak en wegdoen. Ek het als wat ek nie wou hê of meer kan gebruik vir liefdadigheid gegee.(Onthou ek gaan op einde in ’n sogenaamde ‘tiny home’ bly wat my seun self gaan bou, baie opwindend. Geen plek vir sogenaamde muis nie) 

Ek trek twee weke terug(Kannie glo ek is al twee weke hier nie) by kinders in. Net my verf- en tekengoed het ek in ‘n houer gesit want ek kannie sonder dit wees nie.

Nou slaap ek in Beatrix se kamer wat eintlik hul speelkamer geword het omdat die twee kinders saam in ‘n ‘bunk bed’ slaap wat Pappa vir hul gebou het.

Ons het amper die eenheid ook verkoop(waar ek eers gebly het). Sodra dit afgehandel is trek ons almal plaas toe.

Wat ‘n heerlik vooruitsig.


Posted

in

, , ,

by

Comments

30 reaksies op “Hoe dit gekom het…dat hier stilte was.”

  1. Aletta - nowathome Avatar

    Kan dink jy was dood eenvoudig te besig om te kan skryf ook. Dis opwindend dat julle nou op so ‘n mooi plek gaan bly.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, en koop is toe deur. Nou nog ons betaling dan trek ons.

      Like

      1. Aletta - nowathome Avatar

        Dis wonderlik! Sterkte vir die trekkery!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dankie, ek kan nou half op kantlyn sit want my inpak en stoor deel is gedoen. Gaan ook net my bed en tafeltjie in my kamer gebruik vir eers.

          Like

  2. Dr Christa van Staden Avatar

    Ai Scrapy, dit klink opwindend, en tog hoor en swaarkry in jou skrywe. Daarom wil ek net troos.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vriendin sekere omstandighede druk op oomblik nog baie swaar op my gemoed. Sal hopelik verby gaan as ek weer op my eie is. 26 jaar op my eie is eintlik ‘n leeftyd.

      Liked by 1 person

  3. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Nuwe avonture, dis hoe jou gees so jonk bly. Ek weet sonmer jy en die krose gaan lekker bly.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Moenie nog praat nie die twee kleingoed maak goed gebruik van ouma se nabyheid. Boekies kyk, tv kyk, teken en verf. Dis baie lekker om die tweetjies so te sien ontwikkel.

      Like

      1. Lekkervurigeaffêre Avatar

        Geniet, dis ‘n groot voorreg.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek doen, dis eintlik hemels om so saam te wees.

          Like

  4. HesterLeyNel Avatar

    A change is as good as a holiday, they say. Ek weet jy gaan baie gelukkig wees op die plaas en die tiny home klink na ‘n opwindende idee.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek raak nou saam met my seun haastig om te begin bou. Moet nog net wag dat papierwerk afgehandel word dan trek ons die trek van alle trekke.

      Liked by 1 person

  5. sandreyerskryf.wordpress.com Avatar

    Tiny homes bring lots of independance again! Minder goed, minder om alewig te skrop. Lekker om te dink ‘n plaaslewe se rus, vrede en natuur wag op jou!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis ja, het ontslae geraak van als wat ekstra is. Net twee borde, messe en vurke ens. Gn hordes goed waarmee niks gedoen word nie. As iemand by kom kuier moet hul hul eie weggooi koppies bring.(Tong in die kies hoor)

      Like

  6. Una Avatar

    ń “Tiny home,” dit lyk vir my nog altyd alte lekker, Scrapy!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit gaan heerlik wees. Mens het nie al die aanhangsels nodig nie. Gaan vir my my studio in loft inrig en als is honkydories.

      Like

  7. perdebytjie Avatar

    Daar is tans so ‘n oulike program op KykNet oor klein huisies. Dit lyk vir my na ‘n avontuur en uitdaging om so eenvoudig te leef. Sterkte met die trek en aanpassing, Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Bytjie, ek dink dit kan heerlik wees so net met amper niks. Gaan darem yskas, wasmasjien en moontlik ‘n klein skottelgoed wasser insit. Geen oond net twee plate en dan maar so ‘n als in een mikro-oondjie.

      Liked by 1 person

  8. Toortsie Avatar

    Where I am going se foto’s lyk hemels. Sterkte vir jou.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Toorts, fotos is voor hek geneem omdat ons nog nie regtig eienaars al is nie. Die hele omgewing is natuurskoon.

      Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie Avatar

    Dis wonderlik dat jy weer op ‘n plaas tuiskom. Dankie vir al jou nuus!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Groot plesier Frannie. Sien uit na ‘n meer vrye lewe verder. Veral ook omdat Bea sommer loop afstand van skool is. Gin ge berge op en af ry om by skool te kom nie.

      Liked by 1 person

  10. seegogga Avatar

    Alle verandering is maar swaar. Maar as jy daardeur is, is dit heerlik, met nuwe vooruitsigte. Sterkte.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Gogga, ek het daarteen opgesien om hier te kom bly maar dis heel goed want ek aanvaar dat dit vir nie te lank is en dan heerlik nuwe omgewing en dinge om te beleef.

      Liked by 1 person

  11. woordnoot Avatar
    woordnoot

    Die ou mense het gesê “a change is as good as a holiday!” Met nog veranderinge wat voorlê, voorspel ek jy gaan nog ‘n ruk met “holiday” wees! Sterkte en geniet!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Presies! Dit maak die lewe interessant ook. Nogal uitputtend so met sulke lewendige lyfies om mens.

      Like

      1. woordnoot Avatar
        woordnoot

        Kan dit goed glo!!

        Liked by 1 person

  12. Kameel Avatar

    Waar jy ookal bly lyk dit poskaartmooi. Daardie weggooigedeelte is baie bevrydend. Sterkte met alles wat nog voorlê.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Kameel, dis nou vasbyt en deurdruk. Alles is nou afgehandel en koop is deur. Nou pak en trek! Vat jou goed en trek Ferreira… Mooi loop vriendin.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.