Ek het werklik meer as twee maande laas geskryf. Daar was net nie tyd en ek het ook nie behoefte gehad om te skryf nie. My laaste voorbereiding van skryfwerk het gegaan oor Trompie. Ek het die 28 Desember 2021 begin skryf. Terug gewerk na waar Trompie versleg en wou dit nie deel nie want dis te hartseer. Ek gaan die stuk netso pos:
WAARSKUWING: Hartseer inhoud.
5 Bekommerd oor Trompie.
Trompie is beslis nie lekker nie(28/12)
Ek het vanoggend by Jan gekuier. Toe ek terugkom net na twaalf hyg Trompie toe ek inkom. Hy lyk heel gedaan. Gaan lê telkens plat na hy geloop het. Vat hom om te pieps, hy wou nie eers uitkom nie. Hom gelos en geëet. Hom ‘n kouseltjie/koekie gegee na ek geëet het. Kou langtand daaraan. Bly lê om dit te eet. Vat hom toe om te pieps omdat dit kan mens sê droog was. Hy het toe wel iets gedoen. Hy drink egter van vanoggend af telkens water.
Hy gaan lê onder tafel. Countdown bring my bestelling. Hy kom nie agter dat ou daar is nie. Na ou weg is het hy eers opgestaan en ewe geblaf.
Hy staan net stil en lyk of hy nie weet of hy moet loop of nie. Kop hang. Gee hom 5 uur sy pille. Eers staan hy net en kyk daarvoor. Ek hou bakkie voor en hy eet lang tand daaraan. Wou dat hy gaan wieps maar hy wou nie. Hy’t nog nie gepoo nie. Hy doen dit meestal soggens. Gister het hy eers namiddag dit gedoen.
Nou lê hy weer onder tafel by my.
Donderdag nag 16/12 rustelose nag met Trompie gehad. Hy kon net nie sy lê kry nie. Heen en weer geloop. Hy krap die stoel geweldig en ek gaan kyk. Hy spring toe af met ‘n lam/seer voorbeen. Gedink dis dalk ‘n beroerte. Hy huil vreeslik en tog klim hy onder kas in om weg te kruip. Hy bly steeds onrustig. Gewonder of dit blaasstene is. HY wieps toe wel.
Veearts toe gevat 17/12. Dr bekommerd oor sy hart en dat hy dalk sy been verrek het. Wil xtrale neem en hou hom daar. Sy bel om te sê kon nie xtrale neem onder narkose nie met sy hart wat so sleg is. Sy wou dit sonder narkose doen. Die hoof dr het gesê is nie moeite werd om dit sonder narkose te doen nie. Kry toe pille vir hart en antibiotika vir seer been. Moes Dinsdag weer terug kom.
21/12 9 uur by veearts, wat toe weer n ander dr is.
24/12 Trompie staan nie op toe ek opstaan nie wat vreemd is. Ek het steeds soggens ‘n entjie geloop met doel dat hy sy besigheid doen. 25/12 laaste loop gewees. Lopery gestop. Hy swik deur sy goeie been en struikel maklik. Ons loop net agter in die tuin.
Die werkery van Bertus-hulle en kinders om hom heen maak hom baie onrustig hy lê net as hy naby my is. Dan word daar elke nou en dan per ongeluk op sy voet getrap.
Nou weet ek nie meer wat om te doen nie. Hy hou my steeds dop en loop agter my aan en gaan lê dan plat op sy sy waar ek besig is. Baie hartseer.
29/12/2021 Ek het Trompie uit sy leiding gered en oor die reënboog laat gaan.

Ag Scrapy, dit is so hartseer. Dink aan jou.
LikeLike
Dankie Christa ek mis hom natuurlik geweldig al sê ek dit nie hardop nie. Het begin om klein Mollie saam te vat vir lopies. Sys n regte klein klits maar darem geselskap.
LikeLiked by 1 person
Dis net seer en swaar. Baie jammer vir jou!
LikeLike
Mis die ou baie. Hy was twaalf jaar deel van my lewe.
LikeLike
Ag, ek is jammer om te hoor! Trompie was so deel van jou lewe.
LikeLike
Hy was en ek kan steeds nie glo dat ek so lief en verknog aan hom was nie.
LikeLiked by 1 person
Sal jy weer ‘n troeteldier kry?
LikeLike
Langste wat ek sonder ‘n hond was was die jaar wat ek nie een gehad het toe ek hier gekom het. Sal seker weer iets kry. Ek’s klaar besig om te kyk vir ‘n hond wat buite op plaas sal aard. Langhaar honde is uit. Hul het teveel versorging nodig. Half lus vir ‘n rifrug.Het natuurlik dit nog nie genoem nie. Skoondogter wil ‘n Golden Retriever hê. Sal maar sien. Klein Mollie het my klaar al aangeneem.
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n rifrug. Ook ‘n lieflike hond.
LikeLiked by 1 person
Ek is maar gewoond aan boerboele maar rifrug het ‘n spesiale plekkie in my hart.
LikeLiked by 1 person
So jammer Ineke, al is dit al ‘n tydjie gelede. Ek kan dink dit was nie maklik om hieroor te skryf nie. Sterkte vriendin! ❤
LikeLike
Dankie Aletta.
LikeLike
Ai, ek is baie jammer om dit te hoor. Mens raak so lief vir jou hondekinders. Sterkte met die gemis wat jy nog vir lank gaan voel.
LikeLike
Dankie Daisy, hy was my alles op hierdie stadium gewees.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom vertel het. Ai, mens mis daardie spesiale diere so erg – maat, geselskap, liefderike teenwoordigheid… Ek hou jou en Trompie in my hart.
LikeLike
Dankie Frannie dis lief van jou. Hy was vir 12 jaar my amper alles.
LikeLiked by 1 person
Dit was die menslike ding om te doen. Sag uit sy lyding verlos.
LikeLike
Beslis in die hemel nou en rus in vrede.
LikeLike