
#Woordwarrel inspirasievonk 4 November 2021
Ons droom groot op die oomblik. Dis nou my seun, sy vrou en ekke.
Hy droom van ‘n werksplek wat so groot soos ‘n waenhuis gaan wees; waar hy kan woel en werk sonder om iemand te pla of dat hy gaan nat reën wat op oomblik gebeur as hy iets aanpak onder sy eie geboude afdak. Hy soek ‘n plek waar hy sy houtwerk na hartelus kan doen. Hy wil op die einde sy eie dinge doen en nie nodig hê om in iemand anders se oë te kyk met werk nie. Hy sien daarna uit om vir my ‘n “tiny home” self te bou.
Vroukie weer dink aan tuinmaak. Eie kruie beddings, blombeddings en vrugtebome. Sy lief die gevoel van die aarde in haar hande. Ook wil sy weer hoenders kry en haar eie kuikentjies laat uitbroei. Dan wil sy ook baie graag ‘n perd hê om te versorg en natuurlik vir twee klein meisiekinders dalk ‘n ponie of twee, en melkbokke vir kaasmaak. Beslis ook ‘n haas of twee.
Dan ekke? Wel ek gaan saam met die stroom en borduur saam aan alles wat mens op ‘n stukkie grond kan doen. My eie klein huisie! Dink net, my eie plekkie waar ek kan bly en doen wat ek graag wil. Ek gaan die “loft” as my ateljee gebruik. Ek wil nie opklim met trappe wat my benoud maak om te gaan slaap nie dus my bed gaan onder wees in die sitkamer. Dis my sitkamer. Ek gaan net n “luie-seun”stoel kry om in te sit as ek TV kyk. As daar mense kom kuier kan hul op hoge-stoeltjie sit by tafel of ‘n opvou buite stoel. O ja, daar moet ‘n toegboude stoepie of dek wees waar ek kan sit as die weer lekker is om alles oop te maak vir vars lug.
Daar is baie dankbaarheid in my hart dat daar ‘n plekkie gaan wees vir my.
So droom ons groot op die oomblik. Daar is enorme besluite wat geneem moet word. Gaan my blyplek hier verkoop word om geld vir ‘n deposito te kry vir ‘n plotjie? Dan is ek ook veronderstel om uit die huis te trek, waar ek op my eie bly, sodat die huis verhuur kan word. Alles dinge wat in my gedagtes rondmaal.
Tog lees ek in bo-genoemde voorbeeld dat:
Wees geduldig
Die Heer weet wanneer
die Windpomp moet draai
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laai waai en geniet dit.
Die plasing Woordwarrel: Donderdag inspirasievonk 4 November 2021 het eerste verskyn in die blog Lekkervurigeaffere. Gaan skakel jou #Woordwarrel in die kommentare.
Liefste Scrapy jy droomwarrel so jooi dat ek julle plot gevisualiseer het en veral jou loft. Wysheid oor die windpomp.
LikeLike
Ag my vingers….mooi, nie jooi nie.🙈
LikeLike
Toemaar ‘n goeie spreker het ‘n halwe woord nodig.
LikeLike
Nounet by my kinders gaan eet. Klink nie of dit sommer gaan gebeur met die Covid en allerhande nuwe reëls wat ingestel is om huurders te beskerm. Ons het erge woningnood hier veral vir die wat geen inkomste het nie.Eintlik geen werk het nie.
LikeLike
wat sal die lewe tog wees as ‘n mens nie kan droom nie? En soms word drome waar, ten sppyte van pandemies en siekte en politieke onrus – ek hoop julle planne werk uit, al vat dit ‘n bietjie meer tyd Scrapy.
LikeLike
Ons is baie positief dat die regte plekkie sal opduik. Vir my voel dit of dit dalk my laaste trek hier kan wees.
LikeLiked by 1 person
Mens begin op hierdie stadium in sulke terme dink nè?
LikeLike
Beslis, ek’s nie meer lus vir trekkery nie. Het nog so baie waarvan ek ontslae moet/wil raak voordat ek so klein kan bly. Steeds sentimentele goed wat ek v SA af hierheen gebring het. Sug, kom tyd kom raad.
LikeLiked by 1 person
Nou lekker saam met jou gedroom, Ineke. Ek wens dit word bewaarheid. Ek hoop Trompie kan ook iewers ‘n gaatjie kry.🤣
LikeLike
Kyk, ek en Trompie is onafskeibaar. Veral nou ek hele dag tuis is is hy eers my skaduwee. Hy sukkel ongelukkig met sy gesondheid en ek weet nie aldag hoe dit gaan wees op die einde nie.
LikeLike