Woordwarrel: Sintuie.

#Woordwarrel inspirasievonk 4 November 2021

Ons droom groot op die oomblik. Dis nou my seun, sy vrou en ekke.

Hy droom van ‘n werksplek wat so groot soos ‘n waenhuis gaan wees; waar hy kan woel en werk sonder om iemand te pla of dat hy gaan nat reën wat op oomblik gebeur as hy iets aanpak onder sy eie geboude afdak. Hy soek ‘n plek waar hy sy houtwerk na hartelus kan doen. Hy wil op die einde sy eie dinge doen en nie nodig hê om in iemand anders se oë te kyk met werk nie. Hy sien daarna uit om vir my ‘n “tiny home” self te bou. 

Vroukie weer dink aan tuinmaak. Eie kruie beddings, blombeddings en vrugtebome. Sy lief die gevoel van die aarde in haar hande. Ook wil sy weer hoenders kry en haar eie kuikentjies laat uitbroei. Dan wil sy ook baie graag ‘n perd hê om te versorg en natuurlik vir twee klein meisiekinders dalk ‘n ponie of twee, en melkbokke vir kaasmaak. Beslis ook ‘n haas of twee.

Dan ekke? Wel ek gaan saam met die stroom en borduur saam aan alles wat mens op ‘n stukkie grond kan doen. My eie klein huisie! Dink net, my eie plekkie waar ek kan bly en doen wat ek graag wil. Ek gaan die “loft” as my ateljee gebruik. Ek wil nie opklim met trappe wat my benoud maak om te gaan slaap nie dus my bed gaan onder wees in die sitkamer. Dis my sitkamer. Ek gaan net n “luie-seun”stoel kry om in te sit as ek TV kyk. As daar mense kom kuier kan hul op hoge-stoeltjie  sit by tafel of ‘n opvou buite stoel. O ja, daar moet ‘n toegboude stoepie of dek wees waar ek kan sit as die weer lekker is om alles oop te maak vir vars lug.

Daar is baie dankbaarheid in my hart dat daar ‘n plekkie gaan wees vir my.

So droom ons groot op die oomblik. Daar is enorme besluite wat geneem moet word. Gaan my blyplek hier verkoop word om geld vir ‘n deposito te kry vir ‘n plotjie? Dan is ek ook veronderstel om uit die huis te trek, waar ek op my eie bly, sodat die huis verhuur kan word. Alles dinge wat in my gedagtes rondmaal.

Tog lees ek in bo-genoemde voorbeeld dat:

Wees geduldig

Die Heer weet wanneer

die Windpomp moet draai

STENCIL DRAAI WINDPOMP # 2 20 X 30CM | Wannapaint

Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.

Hoe dit werk:

Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.

Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.

Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.

Oopbek en loshande is die enigste reël.

  • Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
  • Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
  • Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
  • Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
  • Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans

Laai waai en geniet dit.

Die plasing Woordwarrel: Donderdag inspirasievonk 4 November 2021 het eerste verskyn in die blog Lekkervurigeaffere. Gaan skakel jou #Woordwarrel in die kommentare.

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

10 comments

    1. Nounet by my kinders gaan eet. Klink nie of dit sommer gaan gebeur met die Covid en allerhande nuwe reëls wat ingestel is om huurders te beskerm. Ons het erge woningnood hier veral vir die wat geen inkomste het nie.Eintlik geen werk het nie.

      Like

  1. wat sal die lewe tog wees as ‘n mens nie kan droom nie? En soms word drome waar, ten sppyte van pandemies en siekte en politieke onrus – ek hoop julle planne werk uit, al vat dit ‘n bietjie meer tyd Scrapy.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: