Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.

Kom mense, ek nooi almal uit om saam te skryf in Afrikaans. Almal is welkom om hul gedagtes te deel hier op my Wasdag blog, solank jy in Afrikaans skryf is alles reg. Afrikaans is ‘n heerlike taal om in te skryf. Daar is so baie juweeltjies in ons taal wat behoue moet bly. 

Hoe kan dit werk? 

Deur te skryf uit die hart en liefde vir Afrikaans.

As jy klaar geskryf het nooi ek jou ook uit om asseblief jou skakel (of ping-terug)in my kommentaar te plaas sodat ander lesers en skrywers ook kan lees wat jy te vertelle het.

Ry+loop=ryloop

My gedagtes het skielik opgekom en vasgehaak by, dat ons te maklik ry. Dis maklik om in jou voertuig te klim en gou dorp of winkels toe te ry. Al is die winkel of kafee net om die hoek moet daar gery word. Gelukkig hou ek nie daarvan om so baie te ry nie. Ek probeer om eenmaal of op die meeste tweemaal in die week dorp toe te gaan as ek regtig iets nodig het.

Verder loop ek meer as wat ek ry. Hier in NZ is daar gelukkig geleentheid om te voet êrens heen te kan gaan. 

Hoekom ek eintlik oor ry of loop wil skryf is omdat die jare so verander het die afgelope tyd dat daar net nie werklik geloop kan word nie.

My laerskool jare het ons seker amper ‘n kilometer van die skool gebly. Ons het dit geniet om soggens en smiddags te stap. Later het ons darem fiets gery. Die hoërskool was te ver van ons huis. Ons moes bus ry.

Nadat ek afgestudeer het, het ek my eie voertuig gehad en naweke by die huis gaan kuier omdat dit myle(kilometers)van my ouerhuis af was. Wat die lekker van daardie tyd was, was dat mens nog kon ry-loop of te wel duimgooi as jy geen vervoer het nie. Daar was altyd iemand wat jou oplaai, en as jy gelukkig is sommer by jou bestemming aflaai.

Ek het byvoorbeeld heelwat jong seuns, wat met ‘n pas van hul militêre kamp af huistoe ryloop, opgelaai. Die outjies was altyd so dankbaar om opgelaai te word. Hul mag nie duim gegooi het nie, of net langs die pad staan en wag nie. Hul moes wys dat hul steeds beweeg en nie net staan en wag nie. 

Daar was ook jong mense wat, veral gedurende vakansies,‘n rugsak gepak het en dan geryloop het van dorp tot dorp.  

Ongelukkig het alles so verander dat dit gevaarlik is om iemand op te laai. Mens weet nooit wat die persoon wil doen of waarheen hy/sy oppad is nie.

Die helfte van 1980s het my man se jongste seun sy twee jaar militêre diens in Middelburg(Transvaal) gedoen. Ons het in Secunda gebly, en die seun het sodra hy ‘n pas gekry het na ons toe geryloop. Die kind is oorspronklik van Kaapstad en kon nie huistoe gaan omdat dit te ver was vir ’n naweek. Ook, toe hy in Pretoria gestudeer het, het hy soms geryloop om te kom kuier. 

Dit was goeie veilige dae gewees.

Het jy ryloop stories om te vertel? Kom deel dit asseblief met ons.  

BAIE DANKIE aan die volgende twee skrywers wat te lekker terugedink het aan kindertyd liedjies.

Appeltjie (ek weet nie wat aangaan met Appeltjie se skakel nie. Dit bly vir my die hele storie gee)

Toortsie

Wasdaguitdaging: Kleinkinderliedjies

Die volgende skryfster skryf die mooiste terugflitse of verhale. Dis beslis die moeite werd om ‘n draaitjie daar te maak.

Eendag as ek groot is


Posted

in

, , , ,

by

Comments

8 reaksies op “Maandag=Wasdag 18: Ry+loop=ryloop.”

  1. Toortsie Avatar

    Dankie vir jou uitdagings wat jy so getrou gee. Ja, kinderdae het ons so die wêreld platgery.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was maar suinig as dit by petrolgeld gekom het. Baie bly jy geniet die uitdagings steeds. Jy maak dat ek tog maar aanhou want dis vir my ook n uitdaging om iets nuuts te skryf.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Ek miet net dadelik skryf anders vergeet ek en dan is die week om.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis hoe dit met my ook gaan. As ek nie ‘n nota maak nie weet ek nie wat ek wou doen of skryf nie.

          Liked by 1 person

          1. Toortsie Avatar

            Jy verstaan maar net te goed, né. 😁❤️

            Like

  2. appeltjie Avatar

    Ek het iets om te vertel. Gee kans. En my gesagtes het nou veeeeeeer teruggeloop

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Moenie stress nie daar is oorgenoeg tyd. Kan altyd dit nog weer byvoeg.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.