Maandag=Wasdag 12: Bokdinge

Dis weer ‘n nat en reënerige Maandag hier by my. Gelukkig nog nie te koud nie. Daar het wel die naweek so stof-sneeutjie op hoë gebergtes geval. Dit het gemaak dat die dae so bietjie kouer was.

Ek loop al meer as drie weke en dink aan die volgende storie. Die woord ‘bok’ het in my kop bly draai. Daar is ‘n mooi verskeidenheid van woorde wat met bok begin. Ek het toe al begin om ‘n storie uit te dink. So paar aantekeninge gemaak en gisteraand voor ek gaan slaap het ek eers neergeskryf waaraan ek dink. Ook maar goed ek het dit gedoen want eks sekere vanoggend sou ek nie meer alles kon herroep nie. 

Volgende wat ek toe doen vanoggend is om Kritzinger se Verklarende Afrikaanse Woordeboek oop te maak by ‘bok’. Wat ‘n ontdekking! Daar is sommer ‘n menigte bok-woorde. Die woordeboek is nog die 1959 uitgawe; stokoud en bruin van ouderdom.

Hier volg ‘n lys van ‘bok’-woorde wat jy kan gebruik om jou storie mee te skryf. Jy kan almal gebruik; net ‘n paar of sommer ‘n eie woord vat om oor te skryf.

Woordelys:

Bok – herkouende dier

Bokbaaivygie – vetplant 

Bokbaard – spits kenbaard soos n bok.

Bok-bok-staan styf – seunspeletjie waar hul op mekaar spring.

Bokhael – om mee te skiet, lopers

Bokjol – primitiewe vrolike plaasdanse.

Bokkapater – gesnyde manlike bok.

Bokkesprong, bokspring – krom spring soos bok, kaperjol

Bokknieë – broek met bakkerige knieë soos bokknieë

Bokmakierie – kleurvolle voël

Bokooi – vroulike bok

Bokram – manlike bok

Bokseil – groot seil om teen reën te beskerm

Bokveld – deel van Karoo; doodgegaan

Bokwa – groot sterk wa, getrek deur osse

Bokwagter – iemand wat bokke oppas; oujongnooi

Bokwagtersny – baie dik sny brood

Bokwavrag – soveel as wat op n bokwa kan kom, groot hoeveelheid.

Bokwiet – soort graan

Indien jy aan nog kan dink kan jy gerus byvoeg.

Bokdinge

Goat (study skin) » Manaaki Whenua
Bokbaardjie, bokram

Josef, die bokwagter, sit rustig op die ou bokwa wat al jare onder ‘n bloekomboom staan. Die wintersonnetjie skyn warm op sy bene hier waar hy sit in die koue Bokkeveld. Hy vryf oor sy yl bokbaardjie. Die blou rokie trek lui van sy, in koerantpapier gedraaide, zol.  Om Josef begin die bokbaaivygies hul veelkleurige gesiggies draai na die sonnetjie.  Die stoute bokkapater maak dat die bokooie goed bokspring asof hul besig is met ‘n regte bokjol in die stadsaal. Hy bly hul terg met sy eie bokspronge. In ‘n kampie staan Kaspaas, die bokram, en blêr. Hy is jaloers, en wil ook saam met die boktrop loop. 

Josef loer na die klomp kindertjies op die werf. Dis ‘n hele gegil en geskree soos die kinders bok-in-die-hok speel. Die groot kinders wat die bal gooi is daarop uit om die kleintjies raak te gooi. Almal is nou uitgevang. Die groot seuns besluit dis genoeg. Hul begin met Bok-bok-staan-styf. Hoe later hoe kwater. Die een wat sy rug moet hou moet meestal die hele bondel seuns op sy rug kan hou. Hul doen sulke wilde bokspronge dat daar nie regtig kans is om te bly staan nie. 

Free Images Kids Playing, Download Free Images Kids Playing png images, Free  ClipArts on Clipart Library

Ma Santjie roep die kinders: “Kom, kom, kom, gooi die bokseil uit sodat jul kan kom sit om die bokwiet uit te sorteer!”

 “Ag maaaaaa, ons speel nou eers!”

 Ma gooi ‘n bokwavrag uit op die seil. “As jul gou maak kan elkeen ‘n bokwagtersny tuisgebakte brood kry met dik botter op.”

 “Yummy, lekker,” hul begin vinnig sorteer.

‘n Bokmakierie begin lustig in die hoë boom sing:

”Bok-bok-ma- kierie-kierie.”

 Josef skrik wakker. Sy bene kraak met die afklim van die bokwa. Sy ou verslete broek het bokknieë van al die sit. Hy besef dat hy vinnig sal moet maak om by die boktrop te kom. Hy wil nie hê dat die boer hom met sy bokhael peper omdat hy nie by die trop is nie. Josef het nou sommer ‘n huppel in sy stap na sy rokie en die warm sonnetjie wat hom weer woema gee.

Fluit-fluit my bokstorie is uit.

… … …

Skryf jou eie storie en gebruik soveel woorde soos wat jy wil. Plak jou skakel dan asseblief in my kommentaar sodat ek en ander lesers ook jou storie kan geniet. Sien en hoor weer volgende Maandag.

=== === ===

Dankie aan die volgende twee wat verlede week geskryf het. Ek waardeer jul ondersteuning ten seerste.

Appeltjie

https://appeltjie.wordpress.com/2021/05/10/maandagwasdag-11-vrywillige-naastehulp/

Toortsie

https://toortsie.com/2021/05/10/wasdaguitdaging-vrywillige-hulp/


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

18 reaksies op “Maandag=Wasdag 12: Bokdinge”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag oulik, Scrapy. Ons het ook die speletjies gespeel, al was ons dogtertjies.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ons het dit ook saam gespeel. Die woordeboek sê dat bob-bokbstaan-styf ‘n seunsspeletjie. Wys jou hoe die seuns maar voorgetrek is!

      Liked by 1 person

  2. Una Avatar

    Ek hou tog so daarvan om in ń woordeboek rond te blaai en al hierdie interessanthede te ontdek, Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis so. Ek het my verbaas dat daar so baie woorde was wat met bok begin. driekwart het ek gelukkig geken. Dit verbreed n mens se woordeskat.

      Like

      1. Una Avatar

        Ek is deesdae gedurig besig met woordeboeke, veral die Engels/Afrikaanse een. Hierdie Cambridge-leerrigting kry my soms onder.😉

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek het 1979/80 n jaar verder gestudeer en Engels I +II gedoen. Ek wat gladnie goed met Eng was nie. Die woordeboek het permanent langs my gebly. Ons het nooit Eng gehoor of gepraat nie daardie jare.Gelukkig moet ek hier Eng praat en dit het my baie gehelp om makliker te skryf

          Like

  3. Aletta - nowathome Avatar

    Dis nou ‘n lekker storie Ineke!! Mooi dag vir jou!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Aletta, bly jy hou daarvan. Was weer iets anders.

      Like

  4. appeltjie Avatar

    My ore hou van die bokmakierie se geluid.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, hul is meestal twee wat vir mekaar sing of liewers as een sing is daar meestal n tweede een wat saam antwoord.

      Like

  5. Kameel Avatar

    Dit is nou so oulik geskryf Scrapy… kon sommer die storietjie sien afspeel.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man, bly jy het kom kuier en gelees. Was lekker om dit sommer so aanmekaar te sit. Hoop jy kom lees weer en begin ook weer bietjie skryf.

      Liked by 1 person

  6. Kameel – Bokjol – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag=Wasdag Uitdaging. […]

    Like

  7. Toortsie Avatar

    Jy het tog te lekker gespeel met die bokwoorde!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie, was weer iets anders as die gewone. Lekker ook om die ou woorde bietjie uit te haal. Eks seker die jongmense ken nie die betekenis van baie van die woorde nie.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Beslis nie. Dit voel regtig vir my of Afrikaans aan die verarm is.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Myne is nou regtig besig om in onbruik te wees omdat ek nie meer sommer Afrikaans praat nie. Praat wel met kinders maar ek sien hul maar min.

          Liked by 1 person

  8. Bokstories – toortsie.com Avatar

    […] daag ons uit om bokstories te vertel. Ek dink dat sy eintlik wil hê dat ons die woorde wat sy gee, moet […]

    Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: