Maandag=Wasdag: 4 BRAND

How To Draw Flames|Fire|Easy|Step By Step|For Beginners|On A Car|With  Pencil - YouTube

Vandag kom ek net nie aan die skryf nie. Die gedagtes draai en ek soek vir iets om oor te skryf. Brand het Saterdag al by my opgekom omdat dit werklik gebeur het. Nou twyfel ek of dit ‘n goeie onderwerp is om oor te skryf.  Ek gaan ophou twyfel en die beste maak van my skryfwerk. Ek hoop dat ek jou bietjie geprikkel kry om iets oor brand te skryf.

Brand kan in ‘n verskydenheid vorms gebruik word. Brand soos in vuur, brandmaer, brandarm, branderplank?, sonbrand, sooibrand.

BRAND

Dis Saterdag oggend, amper half twaalf. Ek sit op my geliefde plek voor my skoot rekenaar besig om te lees wat almal te sê het. Veraf hoor ek die sirene van n nood voertuig. Ek bly nie baie ver van die staats hoofweg(State Highway soos hul dit noem) af nie. Daar is gereeld noodvoertuie wat oppad êrens heen is. Hierdie keer kom die geloei nader en ‘n brandweerwa jaag by my huis verby. Ek luister om te hoor hoe lank dit vat om stil te raak om te kan uitmaak hoe ver die wa ry. Alles is weer stil maar ek hoor weer ‘n sirene aankom. So waar, nog ‘n brandweerwa wat verby jaag. En nog een. En nog een. Vyf is nou al verby. Ek dog toe ek moet bietjie uitkyk in die rigting van waar die geluid heen gegaan het en gestop het. 

Op die wind kom die reuk van rubber wat brand. Sal jy my nou glo; digte rookwolke styg op nie ver van waar ek op my agter dek staan. Mmmmm, dis beslis ernstig. 

In die tussentyd het nog brandweerwaens verby gekom al loeiende en toetende omdat daar ‘n sirkel is wat op hul pad is sodat mense nie voor hul moet indraai nie.

‘n Ambulans is ook hier verby asook ‘n polisievoertuig. Ek het op einde elf brandweerwaens getel.

Ek stuur vir my seun ‘n boodskap om te vertel van brandweerwaens en rookwolk. Hy stuur vir my ‘n foto van die rook.

Dis ‘n ou wat ons ken wat die foto gestuur het. Die brandende huis is net twee huise van hom af. Sondag het die vriend vertel dat hy gaan kyk het, dit was nog voor brandweer aangekom het. Die mense het buite gestaan en gesê hy moet liewer weggaan, daars niks wat hy kan doen nie.

Die aand oor die nuus is daar net genoem dat daar ‘n brand was en dat dit twee eenhede was wat afgebrand het.

Vandag, dis nou Maandag en ‘n vakansiedag, was daar ‘n stuk in die koerant. Daar word nie veel gesê van die plek waar die brand begin het nie. Die ander eenheid wat afgebrand het was die eiendom van ‘n bejaarde man en vrou. Hul het net die klere aan hul lyf oor. Alles het afgebrand of is beskadig deur water.

https://www.stuff.co.nz/national/124042969/fire-and-floods-elderly-couple-left-with-just-the-clothes-on-their-backs-for-the-second-time

Brand is beslis nie iets om mee te speel nie. Die oorsaak van die brand word nou ondersoek.

Ek het voorheen al vertel dat ek en kleinsus eendag die veld in die dorp aan die brand gesteek het. 

Daar was ook ‘n keer toe ek in Potgietersrus gebly het dat ‘n huis net agter my afgebrand het. My seun was in Pretoria. Ek word die nag wakker van iets wat klink soos glas wat breek. Daar was ook ‘n vreemde lig wat van buite deur die kombuis venster skyn. Ek spring op en gaan kyk. Sowaar as vet, die huis agter my staan in ligte laaie. Dis die vensters wat so oopspat van die hitte. Na ‘n rukkie kom ‘n brandweerwa daar aan. Hul sukkel om in te ry want dis ‘n pypsteel erf. Die huis het tot op die grond afgebrand. Die mense se twee seuns het buite gestaan. Hul was alleen tuis en veronderstel om die huis op te pas.

Na die tyd het hul vertel hul het ‘n matras in sitkamer ingedra om gemaklik TV te kyk. Verwarmer aan gelos en gaan slaap en dis waar die probleem begin het.

Die twee seuns was naastenby dieselfde grootte as my seun en ek het die volgende oggend vir hul warm klere gegee want hul het niks gehad nie.

Die lewe is ook maar vol avonture.

Die volgende persone het lekker saam gesels oor water avonture:

BAIE DANKIE AAN JULLE

Christa

Kameel

Kameel – Water

Vuurvliegie


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

11 reaksies op “Maandag=Wasdag: 4 BRAND”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Sjoe, die kinders het gelukkig wakker geword.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, die ergste was dat die brandweer nie water kon spuit nie omdat die brandkraan te ver van die huis was.

      Liked by 1 person

  2. Adrie Trichardt Avatar
    Adrie Trichardt

    More my tanna. Hoe gaan dit met my kosbaar tanna? Hier gaan dit goed. Die sikloon by Madagaskar saai ook maar verwoesting in SA. Mosambiek loop goed deur en ons kry darem reen. Van Saterdag nag af reen dit nog aanmekaar so saggies hier. Ons het gister 30mm gemeet maar dit klink vir my dit is meer. Ja so brand is glad nie lekker nie. mooi bly en pas tanna op. Liefdetjies

    Virus-free. http://www.avg.com

    On Mon, Jan 25, 2021 at 5:14 AM Kreukels en plooie wrote:

    > scrapydo2.wordpress.com posted: ” Vandag kom ek net nie aan die skryf > nie. Die gedagtes draai en ek soek vir iets om oor te skryf. Brand het > Saterdag al by my opgekom omdat dit werklik gebeur het. Nou twyfel ek of > dit ‘n goeie onderwerp is om oor te skryf. Ek gaan ophou twyfel en di” >

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ag dis te lekker om van jou te hoor en dat dit darem reën. Alles goed hierdie kant ons is nou in begin van n hittegolg sonder enige vooruitsig van reën. Wêreld se patrone is totaal deurmekaar. Hope liefde vir jou en pas jouself op.

      Like

  3. Kameel Avatar

    In hierdie ou wêreld van ons is daar maar baie drama. Hoe hartseer as al jou besittings verbrand. Daar is net dinge wat nie vervang kan word nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis beslis baie sleg. Ek wil nie eers daaraan dink as my klomp albums verlore moet gaan nie.

      Liked by 1 person

  4. Kameel – Brand – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 43 […]

    Like

  5. Ek verpes alles wat brand … – Dr. Christa van Staden Avatar

    […] Scrapy daag die week uit om oor brand te skryf, en dit pas my goed. Want ek verpes alles wat brand. […]

    Like

  6. Vurige onthou – Lekkervurigeaffêre Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 43 vra ons moet oor brand vertel. Nou daar is sonbrandstories en dan is daar vuur stories. […]

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.