Sjoe, ek is skoon uitgeskryf! My gô is omternt opgeskryf.
Gelukkig het ek verlede Woensdag ‘n lekker stuk gevind wat ek hier gaan deel en gebruik vir vandeesweek se Wasdag. Ek het sommer die woorde ook by my telling vir NaNoWriMo getel, was n ekstra 570 woorde.
Dinsdag skryf Tannie Frannie oor “Wat hoor jy en wat sien”jy. Gaan lees gerus hier https://frandr.wordpress.com/2020/11/24/wat-hoor-jy-en-wat-sien-jy/
Dit het toe nou aanleiding gegee dat ek Woensdag skryf oor wat ek hoor en sien.
Ek daag jou uit om te skryf oor wat jy op ‘n sekere oomblik hoor en sien rondom jou. My vermoede is dat geen twee dieselfde gaan hoor en sien nie.
Kom mense laat ons skryf en dit nogal in Afrikaans.
Wat hoor jy/ek en wat sien jy/ek?
Tannie Frannie skryf oor haar mentor waaraan sy haar nie veel gesteur het as jongmens nie. Sy onthou dat hy altyd gevra het: “Wat hoor jy en wat sien jy?”
Dit het my laat besluit om gou daaroor te skryf want vandag is ‘n regte binne bly dag.
Ten eerste het ek wakker geword met reën wat op die dak val. Gelukkig het ek ‘n sink dak en kan goed hoor as dit reën. My vorige blyplek het teëls gehad en mens kon nie regtig die reën hoor nie.
Ek het rustig omgedraai want Trompie het nog lekker diep gelê en asemhaal; so hy was nog nie van plan om op te staan nie. ‘n Uur later word ek wakker en ek draai sowaar om en lê maklik nog n halfuur langer.
Baie ongewoon vir my.
Ek hoor dat dit steeds reën. Ek maak gordyne oop en dis sommer so vaal van die reën. Daar word nog heelwat meer reën verwag vandag en ook more.
Ek is lui om te gaan stort en aan te trek. My hele oggend is nou deurmekaar. Sit die ketel aan en ek hoor dat die water wil begin kook.
Ek laat Trompie uit, wat hy natuurlik nie regtig wil doen nie want dis te nat. Ek gee hom toe maar eers sy kos. Elke dag as ek sy kos uit die blikkie skep in sy kosbak staan en wag hy vir my. Ek klop meestal die lepel aan die kant van sy bakkie af met ‘n geklingel. Dan kom hy vinnig nader want hy weet hy gaan nou eers die lepel aflêk voordat hy kan inklim met sy ontbyt. Die bak word spiksplinter skoon gelêk. Nou probeer ek weer die “uitlaat” deel. Daar is twee black birds wat op die gras wip en goggas soek. Elke nou en dan vlieg hul op na n ander plekkie. Dit gaan meestal ook met n waarskuwings piepery want hul moet altyd reg wees vir ‘n kat wat hul wil vang. Trompie staan die storie en kyk en wil net weer vinnig terug ingaan. Ek moedig hom aan deur te sê: “Waar’s die k-a-t-s?” Hy sal dan sommer vinnig op aandag spring en rond kyk. Moenie glo hy gaan uit om sy ding te doen nie. Ek: “KATZZ” skielik weer en hy vlieg met spoed daar weg, om die huis.
Ek gryp gou die handdoek want nou gaan hy nat wees. Hy kom met n ekstra spoed terug. Ek droog hom af, nou kan ek my tee maak. Ek eet toe my pap, iets wat ek nooit doen voordat ek nie gestort en aangetrek het nie.
Nee wat vandag is beslis ‘n anderse dag. Ek sit nou by my tafel en tik my stuk. As ek op kyk, kyk ek by die venster uit. Dis grys van die toegetrekte lug. Dit reën steeds en ek hoor en sien die reën op die oomblik. Daar is ook ‘n wind wat waai. Die bome hier voor my roer en draai gedurig.
Iets wat ek ook nog van hier van my sitplek af sien is die bure se kers-versiersels. Hul versier die tuin elke jaar met allerhande boompies, liggies en kersfees goedjies.

Dit dan wat ek vandag hoor en sien. O ja, ek het vergeet, my radio is ook altyd aan op ‘n stasie wat hele dag meer musiek speel as om besprekings te hê. Dit kalmeer my ook heerlik tussen al die daaglikse geluide.
Net Kameel het vorige keer oor kinders en hul tantrums geskryf
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/11/18/kameel-die-kind/
Baie dankie Kameel jy is my uitstaande ondersteuner.
Daardie groen heining lyk heel vrolik. Hoe lekker om teën op ‘n sinkdak te hoor… dis mos hoe dit hoort!!
LikeLike
Dis wat ek ook sê. Mens moet dit hoor op die dak. Dit reën nog steeds en hul verwag nog erge reën. Daar is ook verspoelings en grondstortings aan anderkant van heuwels. 50 huise is onbewoonbaar gelaat en daar kom vanmiddag nog weer baie reën. Wens ek kon helfte vir julle stuur.
LikeLiked by 1 person
Stuur dit per pos!!!
LikeLike
Mmmm, ou Elon sal sukkel om sy vuurpyl hier te kry. Sal maar plaaslike pos moet gebruik. OP oomblik waarsku hul dat vliegtuie ook nie hier in Wellington kan land weens die woeste wind ook more.
LikeLiked by 1 person
Wat op aarde gaan aan met ons wêreld!!!!
LikeLike
Kan ook net my kop skud in ongeloof van al die veranderinge.
LikeLiked by 1 person
Op sulke grou dae moet ‘n mens kophou, anders gaan Vuurvliegie se bloubekruip ‘n mens beetkry. Dankie dat jy my mentor se vraag verder vat – ek het so gehoop dit sou gebeur!
LikeLike
Ja jong, daardie grysheid en nat en koud maak mens se bloubekruip lekker wakker. Moet self ook maar hom n skop gee by deur uit op oomblik. Daardie sien en hoor wat om jou aangaan is baie belangrik om jou gedagtes in toom te hou om nie van die paadjie af te dwaal nie. Skryf is beslis een van die rigtinghouers en dan die luister en sien ook.
LikeLiked by 1 person
Dis iets wat my mammie my geleer het: om weg te kyk van jouself af. Dit werk altyd!
LikeLike
Mmmm, ek het dit nou eers werklik aangeleer met die alleenwees hier in die vreemde. Ek was altyd heel oplettend met wat om my aangaan maar om daaroor te praat het ek nie gedoen nie. Het baie gegroei wat dit aan betref, met die bloggery saam.
LikeLiked by 1 person
Ek kon nie vorige keer deelneem nie {kinders en werk) , maar hierdie een gaan ek doen.
LikeLike
Is reg so, jy doen waar jy kan en kans voor het. Ek prikkel maar net bietjie die gedagtes.
LikeLike
Ek kan nie wag vir die volgende een nie
LikeLike
Ek sukkel nog om te dink waaroor om te skryf. Het jy nie dalkies n voorstel nie?
LikeLike
“teen my yskas.” Ek het ‘n verskeidenheid prente, foto’s, herinnerings, lysies teen my yskas. elkeen kan ‘n storie vertel.
LikeLike
Aha dit klink na n goeie een. Sal hom bietjie gebruik. Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Ek het n katjie gehad wat nie op nat gras wou loop nie. Toilet toe gaan tyd in reentyd was n probleem want sy het n katboks se sand geskrop tot wie weet waar
LikeLike
Ja-nee veral katte hou nie van nat voetjies nie. Ek sien mens kry nou n sandbak wat toe is en kat gaan by n deurtjie in en uit. Mia die kat wat ek nou en dan oppas het so een. Trompie is nie te erg met reën nie. Dit moet net nie baie hard reën want dan wil hy onder die bosse inkruip as ons loop om uit reën te kom. Hy het ook n reënjas as dit regtig reën. Net sy kop en pote word dan nat.
LikeLike
Ek sal graag daai kattereenjassie eil sien. Cute
LikeLike
Dis n hondereënjas. Hy het sommer twee omdat dit so baie reën hier in die winter. Die jas is binne nog met flennie uitgevoer vir warmte ook.
LikeLike
Dit bly maar net die lekkerste lekker om in die bed te kan bly lê as dit so reën.🤗
LikeLike
Die aan die slaap raak met die reën wat so val is heerlik. Ons het toe vreeslik baie reën gehad die week.
LikeLike
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/12/01/kameel-wat-soen-en-hoor/
LikeLike
Dankie, klaar gelees ook.
LikeLiked by 1 person