Dis ‘n heerlike Maandag hier by my. Die son skyn maar die windjie waai nog woes en is nogal koud ook. Tog is die lewe heerlik want die warmer weer is oppad.
Almal wat van Afrikaans hou en ook lief vir Afrikaans is is welkom om deel te neem en n stukkie te skryf solank dit in Afrikaans is. As jy wil kan jy asb jou skakel in die kommentaar onder aan my skryfsel plak of n pieng-terug stuur.
Alles gaan oor Afrikaans en ook om dit te geniet om ons taal te gebruik.
Die volgende persone het verlede week lekker saam gekuier. Baie dankie julle, ek waardeer dit baie.
Kameel bou n huishulp robot wat almal wil koop
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/29/kameel-bou/
Appeltjie bou pophuis meubels en maak pop klere
https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/28/maandag-wasdag-29-bou-of-maak-iets/
Tannie Frannie bou legkaarte
https://frandr.wordpress.com/2020/09/30/maandagwasdag-29-bou/
Christa het nog oor skoene geskryf
‘n BOER maak ‘n PLAN
‘n Boer maak ‘n plan en dit is wat ek weereens moes doen toe ek op die plaas was om al die diere gelukkig te hou.
Hierdie ondervinding laat my sommer terug verlang na die 1960s toe ons op ‘n plotjie gebly het. Ek het net hoërskool begin toe ons ingetrek het. Daar was baie planne wat gemaak moes word om alles vlot te laat verloop. Gelukkig het ek die handigheid en planne maak by my pa geërf.
En het ek planne gemaak?
Baie, sonder die nodige regte gereedskap of regmaak materiaal moes daar altyd ‘n plan geprakseer word.
Voordat ek verlede week plaas toe is het ek instruksies gekry wat ek alles moes doen. Een was dat ek altyd die tussen hek tussen huis deel en pad na hoenderhokke moes toe hou sodat die klomp weerbarstige skape nie weer kan wegloop nie.
Donderdag namiddag gaan ek om, Mikey, die boklam terug te vat na haar kampie wat eintlik die hoenderkamp is. Ek het Diego(skaaphond) toegesluit(?) in die tuin om die huis.
By die hek gekom sukkel ek my as af om die haak uit die ring te kry. Na n gespook kry ek hom uit maar die ding wil om die dood nie weer terug in ring gaan sodat ek die hek kon toemaak nie. Ek trek en ruk, en daar buig ek die een skakel van die ketting waaraan die haak is oop en die haak is af van die ketting.
Steeds kan ek nie die hek toemaak nie want die ketting is nou in twee. Gelukkig bly die hek toe staan as ek hom los. Ek besluit toe om maar om gou die bok in die hok te sit, en dan te kyk wat ek kan doen.
In die tussentyd gaan Diego mal tekere. Hy wil net uit en saamkom. Waar hy op die einde uitgekom het weet ek nie. Ek moes toe eers weer terug na hek toe om hom in te laat en weer die hek toe te maak.
Hoenders kos gegee, bok opgesluit en toe is ek terug hek toe. In die tussentyd blaf en huil Trompie in die huis. Hy wil ook uitkom.
Ek probeer om die haak se ring in die oopgerekte ring terug te sit. Nie ‘n kans nie! Nou begin my brein planne beraam.
As ek nou ‘n skroewedraaier of tang of iets plats kan kry om die ring oop te buig sal dit werk? Ek kap eers met ‘n klip maar daar is geen roering in nie.
Ek gaan huistoe om iets te kry om die ding oop te buig. Daar is niks te vinde nie. Ek weet nie waar die gereedskap gebêre word nie. Daar is wel ‘n stewige grafie wat dalk sal help. In die tussentyd besluit ek om ‘n stuk tou te soek om die hek toe te bind.
Niks gekry nie. Volgende plan is toe om ‘n skoenveter van een van die mense se buite
skoene af te haal.
Gewapen met grafie, skoenveter en twee honde is ek terug hek toe.
Druk die grafie tussen die ring se twee eindpunte. Druk, ha, dit gee bietjie mee! Aha dis wyd genoeg sodat die haak se ring maklik ingaan. Probleem is die ring glip netso maklik weer uit ook.
Nou moet ek plan maak om dit weer toe te buig wat onmoontlik is.
Ek het toe maar die haak ingehaak en die hek met die skoenveter ook toegebind. Netjies met ‘n strik sodat ek dit maklik kan loskry die volgende keer.

Dit het gewerk soos ‘n bom. Geen oop hek gehad of skape wat ontsnap het nie.
Laat ‘n boodskap na Kameel Kanselleer antwoord