Maandag=Wasdag 29: Bou of maak iets.

Goeie dag op ‘n stormagtige Maandag hier in New Zealand. Wind tot 135 km p u, buie reรซn, donderweer en ook moontlik hael en sneeu. Dis amper einde September en nog is dit nie die einde van winterkoue nie.

Kom ons kikker die dag ‘n bietjie op met ‘n paar vertellings.

Bou of maak iets. Enige ding wat jy wil, regtig of denkbeeldig, maak nie saak nie.

Afrikaans is ‘n pragtige taal. Ek is baie lief vir Afrikaans en ek is seker jy deel die gevoel saam met my. Dit is nou die geleentheid om bietjie in Afrikaans te skryf. >k hoop jy neem jou pen(skryfapparaat) op en deel n paar dinge met ons almal.

As jy jou stukkie geskryf het kan jy jou skakel in my kommentaar insit of n pingterug gee sodat ander ouens ook saam kan lees.

Dankie aan die volgende ouens wat verlede keer geskryf het:

Appeltjie

Maandag = Wasdag 28 Avontuur ondervinding vertelling

Kameel

Kameel – Avontuur

Ek bou!

Ek loop van gister(dis toe ek laas Donderdag hier op die plaas aanland) af al en tob oor wat om te gebruik vir โ€œprikkelโ€om oor te skryf.

Gister het ek my eerste dag afgehandel en uitgesorteer. Pootuit gaan slaap. Vanoggend, tweede dag hier, besluit ek om maar die wasdag oor te slaan.

Nou sit ek aan die einde van die dag en skryf my Wasdag want ek kry toe sommer skielik โ€˜n brein golf(inspirasie, idee, deurbraak sรช die vertaling van brain wave)

So het dit gekom:

Ek moes gou bult-af gaan om hek se slot oop te sluit want my kinders gaan kom kuier. Uitgeput kom ek tuis en moet die kaggel pak sodat dit kan warm word binne. Dis maar baie koud hier bo in die gebergtes van vroeg aand en nag.

Sit eers n klompie opgeskeurde karton en koerant in frommels in die kaggel. Gaan haal klein/fyn houtjies(kindle is vir my so n mooi woord vir die houtjies) Pak dit bo-op die papier sodat dit mekaar kruis en nie langs mekaar lรช nie. Nou groter stompe bo-op die dunner hout. Een groot stuk hout kom laaste wat stadig moet brand om kole te maak.

Elke keer dra ek die klompie houte van buite af in my arms in. Dis hoekom ek drie keer moes loop. Ek ken nie van, in โ€˜n houer sit en, alles gelyk inbring nie! Sou in elke geval te swaar vir my wees om te dra.

Ek bekyk die storie so; wonder of dit gaan brand as ek dit aansteek. En dis waar die gedagte opgekom het om iets te bou(wat ek mos nou gedoen het) of te maak. 

Eintlik moet ek seker maar vir dr Google vra om vir my aanwysings te stuur hoe om โ€˜n vuur te pak en maak.ย 

Dit was toe n groot sukses!

Trompie is maar skrikkerig vir Puma.

Dr Google verduidelik!


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

21 reaksies op “Maandag=Wasdag 29: Bou of maak iets.”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Interessant, ek gaan probeer. Geniet dit baie daar op die berg, hier het sneeu weer op die berg geval. Dit is koud, in hoofletters. Die skoene een word iewers in die week geplaas, dink dit sal Woensdag wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Mooi man, sien uit daarna, Ja jong, die koue wil maar nie los nie. Kry nuwe lammers jammer met al die sneeu.

      Liked by 1 person

    2. Kameel Avatar

      Ineke jy sou ‘n goeie voortrekkervrou uitgemaak het!!! Bly jou vuurtjie brand toe so gesellig.

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Haha, voortrekker se voet in n visblik. Ek hou van knoppies druk en alles werk. Die volgende aand wou vuurtjie gladnie werk nie want sien ek het hom haastig gepak en nie soos ek beduie het nie.

        Liked by 1 person

    3.  Avatar
      Anoniem

      Kameel – Bou


      My taak is in.

      Liked by 1 person

  2. Adrie Avatar
    Adrie

    klink so gesellig met die kaggelvuurtjie tanna. Skoon jaloers

    Like

    1. appeltjie Avatar

      en dit is juis nog so koud hier in Suid-Afrika. Die berge hoog bo het nog steeds ‘n smeersel sneeu.

      Like

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Toemaar hier is dit ook weer vrek koud met al die sneeu. Daar in berge is dit ook koue as hier op die platter deel.

        Like

    2. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit was te heerlik en rustig met kat wat ook so lekker voor kaggel lรช.

      Like

  3. Tannie Frannie Avatar

    Jou vuurmaak het die hoogste merietetoekenning gekry deurdat daardie pragtige kat met die nommerpas naam so naby gaan sit het!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie dis nie aldag dat ek so n hoรซ gradering kry nie. Die kat is al ouerig en as sy kon sou sy in die stofie gaan lรช.

      Liked by 1 person

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie man, was so koud ek moes net vuur maak.

      Like

  4. […] is my deelname aan die Maandag = Wasdag#29 […]

    Like

  5. appeltjie Avatar

    my deelname. Ek het speelmeubels vir my dogtertjie gemaak.
    Die onthou is nou-nog soet.

    Maandag = Wasdag #29: bou of maak iets

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sal gaan kyk. Baie dankie vir jou deel.

      Like

  6. Kameel – Bou – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag-Wasdag uitdaging. Bou […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Frannie ek het klaar gelees ook.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.