Maandag is weer hier. Dankie aan die volgende ouens wat saam gesels het verlede week:
Appeltjie
https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/14/maandag-waskamer-27-kamer/
Kameel
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/15/kameel-kamers/
Lekkervurig
Hier gaan ons dan. Almal wat Afrikaans is kan saam skryf. Gee asseblief vir my ‘n skakel of pieng-terug in my kommentaar sodat ek erkenning kan gee aan jou skrywe en ook dit aan ander bekend kan stel.
Lekker skryf en geniet dit.
Avontuur
Dis weer sulke tyd. My lewe bestaan uit baie avonture. Elkeen het sy eie plekkie in my hart en in my griffels wat ek so gereeld neerpen.
Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Ek het so ‘n bietjie my Wasdag stukke gesorteer en gekyk waaroor ek al geskryf het. Was my verbasing nou groot toe ek sien dat daar baie avonture beskryf word. Meeste het natuurlik met diere en my huisoppas sessies te doen.
Ek gaan so waar as wraggies weer in die Akatarawa vallei plaas oppas.
https://en.wikipedia.org/wiki/Akatarawa_Valley

Dit word ‘n vallei genoem maar die plaas lê hoog op heuwels en kyk uit oor n deel van die vallei.
Dis dieselfde vakansietyd wat ek verlede jaar daar opgepas het. Al die avonture met die weer en die skape wat so weggeloop het.
Skoolvakansie begin 23 Sept en eindig 4 Oktober.
Eers sou ek die tweede week van vakansie daar wees vir so ‘n week en ‘n half. Ongelukkig het die COVID 19 planne in die wiele gery en is die Veldfietswedrenne, by Duneden waarheen die familie sou gaan, afgestel. Die laaste naweek is daar ‘n troue waarheen die mense wil gaan wat nog nie afgestel is nie. Ons hou nog duime vas dat ons teen daardie tyd in Fase 1 kan wees sodat daar meer mense teenwoordig kan wees.
Nietemin, my vriendin kon toe die veldfiets storie naby Kapiti doen. Sy het toe die eerste vier dae van vakansie plek bespreek en ek gaan dan huis oppas. Dis nou 23-27 Sept. Ongelukkig is daar n breek van n week tussenin die twee geleenthede waar ek huistoe kom en dan ‘n week later weer vir laaste naweek se drie nagte terug gaan vir die oppas.
Alles is toe gereël vir eerste vakansie week.
Verlede Sondag gaan kuier ek om te kyk wat ek alles moet doen want raai wat?
Daar is nuwe avonture wat op my wag vir die dae. My vriendin vertel toe dat die fiets oefen tydperk ook gekanselleer is. Hul het toe besluit om maar net te gaan om bietjie uit te kom na al die opsluit tyd.
Pluspunte van die oppas avontuur, die twee hasies lewe nie meer nie en die skape se kamp is blykbaar skaap-dig gemaak en ek hoef nie na hul te kyk nie. Een van drie katte het weggeloop, wat ook gaan help.
Nou vir die nuwe avontuur deel.
Daar is ‘n jong hond van om en by ‘n jaar oud. Sy naam is Diëgo en hy is ‘n skaaphond. Goed, dit kan darem nie ter erg gaan nie. Ek kan Trompie altyd maar in die huis toemaak as dit te wild gaan met die twee. Jong honde kan maar rof wees en Trompie is nie meer vandag se kind nie(ek natuurlik ook nie!)
Dan, beste van alles, is daar ‘n hans boklam.
Die outjie is darem, kan mens sê, gespeen. Sy is regtig hans en hol saam met Diëgo en ons rond. Sy moet geleer word om aan ‘n ketting te wei(wat nog nie gedoen is nie). Ek moet haar in ‘n binnehof van die ou hospitaal opsluit vir die dag om daar te wei.
Sy het ewe gemoedelik saam met ons van die hoenderhok waar sy snags slaap, gehardloop; by die deur van gebou in en weer uit by ander deur na binnehof. Eers steek sy half vas om te wil omdraai maar sy is vinnig by deur ingedruk.
Nou moet jul besef, ek kannie Trompie saamvat na die hoenderhok om lam uit te haal en hoenders te laat uitkom nie. Hy sal hoenders wild en wakker jaag en vang. Sal mr T maar binne los as ek die uitlaat doen.
Dit gaan weer ‘n hele gedoente afgee. Al wat ek hoop is dat die weer hierdie keer saamspeel sodat ek nie in die reën hoef te ploeter soos verlede jaar nie.
Ek sal seker fotos neem om alles te kan wys na die tyd.
Klink sommer baie lekker.
LikeLike
Baie lekker maar uitputtend as mens nie fiks is nie. Hoenderhok is n hele opdraende weg van huis af.
LikeLiked by 1 person
Darem afdraende terug, ek sien dit as makliker as opgaan.
LikeLike
Ek hou nie van afdraande nie dit werk te hard op my rug!
LikeLiked by 1 person
My man ook – dit werk op sy knie. Hy sē op is baie makliker.
LikeLiked by 1 person
Oe, ek onthou jou teen besoek verlede jaar. Kan nie wag dat jy die lamer en Diego kom voorstel nie.
LikeLike
Ja-nee, dit was maar n rowwe tydjie gewees. Hoop regtig die weer is okay dat ek nie weer gaan nat word en saans verkluim nie. Onthou daar is ook nie TV nie. Aande kan maar lank wees.
LikeLike
Jy gaan skilder en skryf en kreër en lees en rus want jy mag en kan.💝💐🤗
LikeLike
Het kildergoed al reggesit asook my leesstof. Lees op oomblik Die wit Boeman wat vir my baie interessant is. Hou van Suidwes jagtersstories.
LikeLike
Geniet.
LikeLike
Ek gaan!
LikeLike
Mag ek vra wat is kreër? Jy mag my maar uittrap as dit onlangs in ‘n griffel verskyn het wat ek nie gelees het nie. Of indien dit ‘n spelfout is en ek behoort dit te kan uitwerk met my besondere intelligensie (ek het immers ‘n IK van minstens 50…)
LikeLiked by 1 person
Ag genade, ou vingers en qwerty sleutels. Kreeër. Van wanneer af is jy so intelligensie beskeie….skerp, skeppende, kreatiewe Abrie?
LikeLiked by 1 person
Wanneer ek hom ontmoet sal ek hom inlig oor jou inspirerende woorde. Ondertussen laat kreër en kreeër my ewe veel in die duister. Donker soos kreosoot
LikeLike
Skep, soos create
LikeLike
Haha, nou vertel jy eers! O toggie, dit het ek nou op so n Maandagoggend geniet om te lees.
LikeLike
O genade tog. Dis nou n gedoente wat beslis opgelos moet word. Abrie jy is mos n ondersoekbeampte van weleer. Lig my ook in as jy weet asb.
LikeLike
Haha Abrie jy en Vliegie het my nou laat kopkrap oor waar die woord gebruik is? Jou IK is nog okay maar jou tikvinger is nie al so uitgewerk soos ons meer gesoute skrywers nie. (Wou eintlik bejaardes sê maar dan gaan sommige mense my stenig. Ek hou daarvan om oud te wees so dit pla my nie.
LikeLike
Klink of jy weer tonne “pret” gaan hê!!! Vertrou alles gaan vir jou mooi afloop Scrapy.
LikeLike
Dankie jong, ek gaan probeer om my te gedra terwyl die diere my ore wil aansit. Klaar al moeg as ek net daaraan dink.
LikeLiked by 1 person
hier is my ervaring
https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/20/maandag-wasdag-28-avontuur-ondervinding-vertelling/
LikeLike
Dankie, sal bietjie gaan lees.
LikeLike
Dit klink asof jy alreeds baie opgewonde is oor die vooruitsigte om ‘n bietjie weg te kom van die huis af. Ek hoop jy geniet dit gate uit.
LikeLike
Beslis heel opgewonde maar sommer klaar uitasem van al die doenigheid met n hanslam en jong hond! Dis egter n lekker wegkom van alles af. Sien niemand, hoor niemand, geen radio, TV. Daar is darem internet as ek regtig wil skryf .
LikeLiked by 1 person
Geniet tanna se avontuur
Virus-free. http://www.avg.com
On Sun, Sep 20, 2020 at 7:58 AM Kreukels en plooie wrote:
> scrapydo2.wordpress.com posted: ” Maandag is weer hier. Dankie aan die > volgende ouens wat saam gesels het verlede week: Appeltjie > https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/14/maandag-waskamer-27-kamer/ > Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/15/kameel-kamers/ > Le” >
LikeLike
Dankie, Ons is op oomblik steeds in level 2 maar moontlik na vandag in na 1 toe. Dit pla my gelukkig nie.
LikeLike
‘n Avontuur in wording!! Dis hom jy moet avonture verwag en dan gaan dit dit kry 🙂
LikeLike
Never a dull moment in my lewe nie. Dis of ek dinge aantrek. Dit kom sommer so by my verby gevlieg, geloop of gery!
LikeLike
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/22/kameel-avontuur-2/
LikeLike
Baie dankie Kameel.
LikeLiked by 1 person