Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder.
Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker.
Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan lees wat jy oor die onderwerp te vertelle het.
Geniet dit.
Skoene
Christa https://christavanstaden.com/ vertel van haar wit skoene wat volgens die grênd dames nie gedra mag word nie. Dit moet of blink swart of silwer wees. Dit was darem nou in die ‘70s waarvan sy gepraat het. Haar skrywe het my laat dink aan my trouskoene wat ek steeds na al die jare nog in my kas bêre.
Dit was einde Junie 1980. Ek bly in Potgietersrus ‘n plattelandse dorpie. Ek staan op troue wat einde Augustus sou wees.
Hoe nou gemaak. Daar’s nie tyd vir n nuwe rok maak nie. Gelukkig was daar ‘n dame wat uit haar huis uit trourokke uithuur. Nie een rok het regtig my aandag getrek nie, tog moes ek besluit en klaarkry want ek moes nog skoene ook gaan soek wat by die rok moes pas. Die dame laat my ‘n roomkleurige rok aanpas. Dit was toe bietjie groot vir my maar sy het gesê sy sal die nate ‘n bietjie afwerk(wat sy toe nooit gedoen het nie)
Toe kom die skoene soek! In Potgietersrus is daar nie juis ‘n keuse van winkels nie. Die boutique het nie regtig skoene verkoop nie. Ek gaan toe maar na die grênd skoenwinkel om te kyk wat daar is. Hierdie skoenwikeltjie was regtig ‘n plekkie waar jy jou hartsverlange kon uitleef deur net te kyk want die skoene was duur; soos in ekstra duur. Ongelukkig was daar nie amper wit skoene nie of te wel roomkleurige skoene nie. Daar was wel ‘n meer half gryser roomkleurige paar skoene. Hul het hierdie fyn, hengse, hoë hakke gehad. Gelukkig het ek redelik hoë hakskoene gedra omdat ek maar 5’6” was. My aanstaande was 6’5” en die skoene kon my lekker lengte gee. Ek het besluit om maar oë toe te knyp en die skoene te koop.


Die skoene gee steeds mooi herinnering aan die heerlike troue wat ons gehad het 30 Augustus 1980, veertig jaar gelede.
Ag Scrapy, dit was nou lekker lees. Ja, nee, kyk, as mens ‘n spesifieke kleur skoen in gedagte het, kan dit ‘n ding afgee as mens eers begin soek in klein dorpies.
LikeLike
Beslis n probleem. Het netso gesukkel met blomme vir my ruiker.
LikeLiked by 1 person
my wasdag storie
https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/06/maandag-wasdag-no-26-skoene/
LikeLike
Dankie vir jou inskrywing. Gaan nou eers gou lees.
LikeLike
Dis pragtige skoene!
LikeLike
Dankie. Ook maar net eenkeer aangetrek. Hul is baie spesiaal.
LikeLiked by 1 person
Daardie skoene is nou antiek 😊 Dink jy moet vir jou ‘n smart date kry sodat jy hulle nog eenkeer kan dra. Terg jou sommer. Sal graag ‘n troufoto wil sien.
LikeLike
Ek het darem al n troufoto ingesit jare terug. Sal kyk vir een weer. Party dae het ek nogal lus vir n lekker vriendskap(as jy verstaan wat ek meen) Mis soms n geesgenoot.
LikeLiked by 1 person
Ons almal het daardie een persoon nođig waar ons ons harte kan ontbloot sonder om bang te wees vir oordeel. 😊
LikeLike
Beslis.
LikeLiked by 1 person
My taak is in
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/07/kameel-skoene/
LikeLike
Dankie ou sterretjie!
LikeLike
Dis ook ‘n hele leeftyd gelede. Die lewe het wye draaie geloop!
LikeLike
Tina, ek mis jou Vrydagbyskrifte en Sondagkopies. Is jy oukei?
LikeLike
Ek wonder ook wat het van Vrydagbyskrifte geword.
LikeLiked by 1 person
Ja, laat mens lekker terug dink. Het jy gesien dat Frannie jou Vrydag byskrifte mis? Jy moet maar weer probeer jong.Groot asb.
LikeLike
https://wordpress.com/read/feeds/21185835/posts/2900323077
LikeLike
Dankie Frannie bly om jou weer te sien skryf.
LikeLike