Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder.
Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker.
Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan lees wat jy oor die onderwerp te vertelle het.
Geniet dit.
Skoene
Christa https://christavanstaden.com/ vertel van haar wit skoene wat volgens die grênd dames nie gedra mag word nie. Dit moet of blink swart of silwer wees. Dit was darem nou in die ‘70s waarvan sy gepraat het. Haar skrywe het my laat dink aan my trouskoene wat ek steeds na al die jare nog in my kas bêre.
Dit was einde Junie 1980. Ek bly in Potgietersrus ‘n plattelandse dorpie. Ek staan op troue wat einde Augustus sou wees.
Hoe nou gemaak. Daar’s nie tyd vir n nuwe rok maak nie. Gelukkig was daar ‘n dame wat uit haar huis uit trourokke uithuur. Nie een rok het regtig my aandag getrek nie, tog moes ek besluit en klaarkry want ek moes nog skoene ook gaan soek wat by die rok moes pas. Die dame laat my ‘n roomkleurige rok aanpas. Dit was toe bietjie groot vir my maar sy het gesê sy sal die nate ‘n bietjie afwerk(wat sy toe nooit gedoen het nie)
Toe kom die skoene soek! In Potgietersrus is daar nie juis ‘n keuse van winkels nie. Die boutique het nie regtig skoene verkoop nie. Ek gaan toe maar na die grênd skoenwinkel om te kyk wat daar is. Hierdie skoenwikeltjie was regtig ‘n plekkie waar jy jou hartsverlange kon uitleef deur net te kyk want die skoene was duur; soos in ekstra duur. Ongelukkig was daar nie amper wit skoene nie of te wel roomkleurige skoene nie. Daar was wel ‘n meer half gryser roomkleurige paar skoene. Hul het hierdie fyn, hengse, hoë hakke gehad. Gelukkig het ek redelik hoë hakskoene gedra omdat ek maar 5’6” was. My aanstaande was 6’5” en die skoene kon my lekker lengte gee. Ek het besluit om maar oë toe te knyp en die skoene te koop.


Die skoene gee steeds mooi herinnering aan die heerlike troue wat ons gehad het 30 Augustus 1980, veertig jaar gelede.
Laat ‘n boodskap