Maandag=Wasdag no 25: ALFABET

Afrikaans Alphabet, Kleimat, Afteken, Homeschooling, KraftiMama | Afrikaans,  Alphabet for kids, Alphabet

Alfabet

Die alfabet het 26 letters.

Skryf ‘n woord by elke letter wat met die letter begin. Woorde wat sommer in jou gedagte opkom.

Gebruik dan elke woord in ‘n vertelling of paragraaf. Eintlik moet die woorde alfabeties op mekaar volg in die skryfsel. Ek gaan dit nie so streng maak en jou bind om dit te laat opvolg nie.

Geniet die uitdaging. Dit gee jou kans vir vrye teuels en ook om Afrikaans te skryf.

Afrikaans; dis waaroor dit gaan.

A = amandel, appelkoos, appels

B = bloeisels

C = Corgi

D = draaie

E = eerlik

F = figuur

G = geluk

H = hunker

I = indruk

J = jan alle man

K = kos

L = liefde

M = moedhou

N = niemand

O = opdrag

P = plaas

Q = quice

R = rustig

S = slim

T = terug

U = uitdaag

V = vandag

W = wil

X = x strale

Y = ysig

Z = zombie

Amandel bloeisels wys dat daar warmte in die lug is en dat lente naby is.

Elke oggend kom ek en Trompie ‘n dame  met ‘n Corgi teen.  Hul loop altyd n paar draaie om mekaar. Die eerlike waarheid is dat diere mekaar verdra, verstaan en respekteer. Die Corgi het ‘n figuur wat beslis n bietjie aandag moet kry. Trompie lyk ook maar n bietjie te rond so na die winter. Die geluk is dat die weer nou beter en warmer word en daar meer geloop kan word. Ons hunker lankal na droëer weer.

Die weer skep die indruk dat dit warmer word maar stel telkens teleur deur weer n koue nat front te stuur.

Die weer is nie soos Jan-alle-man wat maar doen soos wat mense wil hê.

Kos is n belangrike woord in mens se lewe. Dit kan as eetgoed gebruik word. Vir my kos dit liefde en moedhou om almal tevrede te stel. Niemand is volmaak nie. 

Die opdrag hierdie keer plaas mens in omstandighede waar jy moet uithaal en wys as jy al die woorde na mekaar wil gebruik.

Nou knaag die honger aan my. Dalk sal ‘n quiche nou die regte ding wees om te maak. Ongelukkig is ek heel rustig op die oomblik en ek gaan slim wees. Ek gaan terug sit en droom oor die volgende uitdaging wat ek vandag vir my Memoir kursus gaan skryf. Ek wil dit vandag doen want môre kom week drie se uitdaging.

Vanoggend het ek ‘n ou vriend raakgeloop wat velkanker het. Hy het vir behandeling gegaan en ook x-strale van sy hart wat reeds nuwe kleppe het. Die windjie waai steeds ysig en die vriend het ‘n mus op gehad omdat hy al sy hare verloor het. Hy het vertel dat hy die eerste weke met die behandeling soos ‘n zombie was.

Zombie Puppy" Drawing art prints and posters by John Schwegel -  ARTFLAKES.COM
ZOMBIE

Ek is so bly hy is weer op die been. Hy het altyd elke dag gestap en dit is sy behoud dat hy fiks was. Hy’t ook baie gewig verloor.


Posted

in

, , , ,

by

Comments

14 reaksies op “Maandag=Wasdag no 25: ALFABET”

  1. Maandag=Wasdag: Alfabet – I scrap 2 Avatar

    […] Gallery • 2020-08-31 • scrapydo2.wordpress.com Maandag=Wasdag : ALFABET […]

    Like

  2. Lekkervurigeaffêre Avatar

    Dis nou prettig, ek gaan kom saamspeel.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nogal gedink aan jou woordsnoere toe ek begin om die woorde in te ryg om die storie te skryf. Sal gaaf wees as jy saam griffel.

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jy is n ster en nommer een weer.

      Liked by 1 person

  3. appeltjie Avatar

    ek gaan dit ook probeer. sjoe, ek wonder wat gaan hier uitkom.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Bly om te hoor dat jy gaan saamskryf. Welkom in my wêreldjie.

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir die saamskryf.

      Like

  4. Toortsie Avatar

    Aandag Bekendes en bemindes. Camilla De Wet is die Eerste dame wat die Framboosberg naby Garies uitgeklim het. Wat dit so merkwaardig maak, is dat Haar een been Gebreek is toe sy geval Het op die eerste dag van die roete. Sy het vasbeslote besluit om aan te gaan, die gebreekte been ten spyt, want sy het haar Ingeskryf hiervoor en sy gaan dit voltooi, presies wat sy toe gedoen het. Dit was ‘n Jarelange droom om hierdie berg te Klim en om dit saam met haar man, Meneer Jan de Wet te kon doen, het dit net ‘n Nog meer Opwindende Prestasie gemaak. Sy kan haarself met reg die Queen van die Framboosberg noem. Dit bly maar ‘n Raaisel hoeveel pyn Sy moes verduur, van haar Uithouvermoë kan niemand iets negatiefs sê nie. Sy het Vrydag gesê dat haar volgende uitdaging die Witkloofpas by Xerox, ‘n klein dorpie naby Ysberg in Zambië.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, daar het jy/ons dit nou. Dankie vir jou lekker loslit skrywe.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie Avatar

        Alle name en plekke natuurlik fiktief.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          So aangeneem want sekere deeltjies is half vreemd as mens so kan sê.

          Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.