Kouse, kouse,kouse

Crista: https://christavanstaden.com/2020/07/09/sykouse-in-qazaqstan/ skryf oor sykouse wat sy moes dra toe sy skoolgehou het vroeër jare.

Hester: https://www.hesterleynel.co.za/2020/07/12/sykouse-tights-pantyhose-skinny-jeans-leggings-en-jeggings/ skryf ‘n hele interessante blog oor sykouse, broekiekouse  en vandag se jeggings

Ek kan die volgende byvoeg:

Terwyl ek op kollege was het ons steeds sykouse gedra met skoene. Veral ook  in die winter en as ons gaan proef het. As jong meisie het ons wit sokkies en skoolskoene(of netjiese skoene) aangetrek sondagskool toe.

Die eerste sykouse wat ek gedra het, het nate gehad wat reguit moes wees. Jy het die kouse afgerol tot by tone en dan versigtig stelselmatig opgetrek oor die voet en dan die hak. Kouse het ook geweefde hakke gehad wat jy baie versigtig oor jou hakskeen moes trek. Dan het jy stelselmatig, terwyl jy kyk, die kous opgetrek met die naat presies reguit op, oor jou kuit en bo been.  Die kouse is met n kousophouer bo gehou. Jy knip die kous op twee plekke vas. Een aan voorkant van jou been en een aan sykant van jou been. Dan kom die volgende kous aan die beurt.

 Die lere wat mens in kouse gekry het was meestal deur skoene gemaak of as dit aan ‘n splinter of growwe plek gehaak het. Omdat die kous meestal donkerder as jou bene was kon mens dadelik sien as daar ‘n leer was.  Jy het naellak in jou handsak saam gedra ingeval van nood. Die leer is aan bokant toegesmeer sodat dit nie verder leer nie. Die naellak het ook aan jou been vasgekleef. As jy saans kouse uittrek moes jy versigtig dit lostrek sodat jy nie jou vel ook saam aftrek nie. 

Toe ek begin skoolhou, 1968, moes ons altyd sykouse aanhê en netjies geklee wees. Geen langbroeke of kaal bene nie. Gelukkig het dit verander sodat ons wel in die somer sandale kon dra. Die step-in of kousgordel het ook sommer baie dames se magies ingehou. Ek het dit nie nodig gehad nie want ek was maar maer van aard.

 Ek onthou in my eerste jaar van skoolhou het dikker kouse uitgekom met ‘n rek aan bokant wat die kous bo hou. Ek het vir die eerste keer ‘n paar gekoop en aangetrek.

Thigh-High Stockings

Baie bly om nie die gordel te dra nie. Ongelukkig was my bobeen bietjie dun en die rek bo het bly afsak. Ek moes elke nou en dan gou kleedkamers toe gaan om weer die goed behoorlik op te trek. Dit was die laaste van daardie kouse. Het maar weer terug na koushouer gegaan.

Broekiekouse het die lewe baie vergemaklik. Mens het te kus en te keur gehad; dikker, ragfynes, eers net swart en donker bruines tot later alle kleure onder die son en ook later met verskillende patrone op. Visnet kouse was op n stadium ook hoog in die mode.

Die broekiekouse het my lewe gered. Daar was nie meer so baie lere wat toegeplak moes word nie omdat dit van sterker nylon gemaak is wat net gehaak het en dan het jy net die draad na die binnekant toe deurgetrek. Jy kon selfs ‘n leer se steek met ‘n hekelpen optel en weer boontoe op hekel tot waar leer begin het.


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

20 reaksies op “Kouse, kouse,kouse”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Oe Scrapy, vat my jare en jare terug. Alles so beleef, behalwe die kousophouers. Ek het dit net-net gemis, my ma het wel gehad.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit was n hele gedoente want my ouers het nie veel geld gehad nie en my eerste kousophouer was maar primatief as mens so kan sê. As die knip uitgewerk het kon mens sommer n perskepit ingesit het. Haha, nou lag ek sommer.

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        O my jitte, lag ek nou lekker. Perskepit? Ons het ook arm grootgeword, maak mens die mens wat jy vandag is. Om goed te waardeer.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          En hoe. My duurverdiende geld wat ek gebruik om my lewe te vergemaklik sal ek met alles in my oppas en verdedig.

          Liked by 1 person

          1. Dr Christa van Staden Avatar

            Daarmee stem ek saam, ek kon baie meer geld gehad het as ek mense laat betaal het as ek hulle help. Wat ek het, het ek voor gewerk. En dit sal nie net gevat word nie.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ek is ook baie heilig op my goed. Sal deel maar ai as daarmee gemors word sal ek nie weer deel nie.

              Liked by 1 person

              1. Dr Christa van Staden Avatar

                Daai is waar, Scrapy, mens werk mos maar hard vir jou goedjies.

                Liked by 1 person

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Toe ek in koshuis gebly en diens gedoen het het die seuns een naweek my nuut gekoopte moter op bakstene gesit. Ek was skoon waansinnig van woede. Die een mans onderwys kon nie verstaan hoekom ek so tekere gaan nie. Dis net n kar! Vir my nie net n kar nie, hard verdiende en gespaarde geld wat ek daarop gesit het en hom nuut gekoop. Was vir my erg gewees.

                  Liked by 1 person

                2. Dr Christa van Staden Avatar

                  Ek sou my humeur ook erg verloor het. Dit is nie ‘n grap nie, as mens aan hulle eiendom raak is jy kniediep in die moeilikheid. Vandag altans.

                  Like

                3. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Die ouens war sulke dinge hou gladnie daarvan dat jy iets met hul goed doen nie. Hierdie was in 1972 en toe was dit ook so.

                  Liked by 1 person

  2. Kameel Avatar

    Vat ons jare terug nê. Hou nogsteeds van broekiekouse… nie vir uitgaan nie… maar vir hitte. Het vandag broekiekouse aan, dan lang tights en oor dit sweetpakbroek.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja daardie broekiekouse het mens goed warm gehou. Ek het altyd vir my ma dik gebreide kouse gekoop. Sy kon nie sonder hul gaan nie omdat sy ook baie koulik was.

      Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel Avatar

    Ek wou ook nog altyd dikker gespierde bene gehad het Scrapy. En ‘n groter sitvlak asseblief. My kouse het ook afgesak en die small, medium en large groottes het my mal gehad. Die small was too small en die large too large en die medium het gefrommel. Noudat ek meesal leggings dra, weet my dogter te vertel dat sy sal moord pleeg om sulke lekker maer beentjies te mag hê. Sy kan myne erf, saam met my ingroeitoonnaels.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, ek het ook daardie geen boude ding. Die small is te nou om die lyf medium is steeds met tye nou om my maag. My bene is korter as normale, wat ook al normaal is. Chinese se small en medium is egter baie skraps. Ek voel selfbewus met leggings want hul rek nie om my beentjies hul hang net sommer, haha.

      Liked by 1 person

      1. HesterLeyNel Avatar

        En leggings moet juis lekker styf sit om mooi te lyk.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Beslis, dis hoekom ek dit onder my sweetpak aantrek. Ek lyk soos n eiertjie op stokkies as ek so n los oording bo het met die leggings wat te wyd is onderaan.

          Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai Avatar

    Mmmmmmm en jy het vergeet van die minnies wat net-net die rant toegemaak het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja, die minis is n storie op sy eie. Gelukkig het die broekiekouse toe ingekom en die kousophouer het pad gegee.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Sug en ons het sykouse by sandale moes dra… sug …gruwelik!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Het daarvan vergeet. Dis waar. Glibberig en glyerig met kouse saam en kaal tone en hakke. Gelukkig het dit darem gou verander na geen kouse en op einde langbroeke ook.

          Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.