Aardbewing 25/05/2020
Staat die ou afgterede vrou in haar pink japon, boude in die lug, gebuig oor Trompie se kosbak in die waskamer waar Trompie soggens sy ontbyt kry.
Ewentewel, ek krap meestal die deel wat Trompie moet kry los oppad vanaf die yskas na sy kosbak. Trompie wag netjies soos ‘n opgevoede brak dat ek die kos ingooi. Nadat ek die kos ingegooi het breek ek dit verder op, dan kry Trompie kans om die lepel gou skoon te lek voordat hy in die kosbak duik.
Op daardie stadium waar ek so kop onderstebo staan en lepel vir Trompie hou verbeel ek my ek hoor of voel iets; tegelyk gee Trompie ‘n blaffie.
En met dit, breek die geskud en geratel los. Ek staan nog so gebukkend en besluit of ek onder ‘n tafel moet induik, in die kosyn van binne deur moet staan;
OF moet ek by die ratelende buitedeur uitgaan.
Met die opkom was die bewing verby
Sjoe, my hart het sommer so ‘n kramp gegee op daardie oomblik. Gelukkig was dit gou verby en kon ek myself kalmeer.
Dit was n 5.8 bewing, net wes van Levin gewees, nie te ver van Wellington af nie.
Dit was nou weer n “shake up” om mee rekening te hou.
Laat ‘n boodskap na Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord