Aardbewing 25/05/2020
Staat die ou afgterede vrou in haar pink japon, boude in die lug, gebuig oor Trompie se kosbak in die waskamer waar Trompie soggens sy ontbyt kry.
Ewentewel, ek krap meestal die deel wat Trompie moet kry los oppad vanaf die yskas na sy kosbak. Trompie wag netjies soos ‘n opgevoede brak dat ek die kos ingooi. Nadat ek die kos ingegooi het breek ek dit verder op, dan kry Trompie kans om die lepel gou skoon te lek voordat hy in die kosbak duik.
Op daardie stadium waar ek so kop onderstebo staan en lepel vir Trompie hou verbeel ek my ek hoor of voel iets; tegelyk gee Trompie ‘n blaffie.
En met dit, breek die geskud en geratel los. Ek staan nog so gebukkend en besluit of ek onder ‘n tafel moet induik, in die kosyn van binne deur moet staan;
OF moet ek by die ratelende buitedeur uitgaan.
Met die opkom was die bewing verby
Sjoe, my hart het sommer so ‘n kramp gegee op daardie oomblik. Gelukkig was dit gou verby en kon ek myself kalmeer.
Dit was n 5.8 bewing, net wes van Levin gewees, nie te ver van Wellington af nie.
Dit was nou weer n “shake up” om mee rekening te hou.
Oe, dit laat my aan Welkom dink. Kry julle baie?
LikeLike
Hierdie is bietjie erger as die myn se insinkings in SA. Is asof dit dieper en dringerder is. Ons het die afgelope jaar en n half nie eintlik veel hier naby gehad nie. Hierdie is eerste werklike grote wat ek hier in my nuwe blyplek ervaar. Omdat huis op pale staan beweeg dit meer as met n konkrete vloer. Ons is maar bekend vir aardbeweings. Touch wood dat dit nie weer n tydperk van ernstige skuddings is nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou duim vas. Welkom s’n is wild hoor, ‘n woonstelgebou het inmekaar gekonk toe ons daar gebly het. Ek het my baie keer oor ‘n mik geskrik as die huis beweeg. En krake maak.
LikeLike
Hier is huise en geboue gebou om beweging toe te laat maar steeds bly dit baie ongemaklik want jy weet nooit hoe ver en lank dit gaan aanhou nie. Ons is ook voorbereid op aardbeweings om ten minste drie dae water en eetgoed te hê in noodvoorraad houer. Skole oefen ook gereeld.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit klink gevaarlik. Sterkte vriendin.
LikeLike
Dankie, dis maar deel van ons lewe hier. Geen werklike moord en doodslag nie maar natuurrampe gebeur nogal gereeld.
LikeLike
Voel of dit ‘n beter vyand is om te beveg.
LikeLike
Beslis, mens hoef nie in angs in straat te loop of om te gaan slaap vir ingeval iemand inkom.
LikeLiked by 1 person
Presies, Scrapy
LikeLiked by 1 person
Ek kan glo hierdie is ietwat van ń skok vir mens se sisteem, Ineke. Soveel anderse dinge wat ons beleef so gelyktydig. Mag jou dag verder rustig verloop en die skrik ‘gaan lê.’
LikeLike
Ag dankie Una. Toe die son onder is het ek sommer moeg gevoel van dag se gebeure. Dit ook hele dag gereën en ons kon nie lekker loop nie. Trompie was ook heeldag onrustig gewees.
LikeLike
My maag draai sommer vir jou part. Scrapy. Moet groot skrik wees. Eienaardig na al die jare (nog voor my troue) was daar eendag in Jhb ‘n aardbewing. Ek onthou nou nog daardie heen en weer beweging van die gebou waar ek daar op die sewende verdieping agter my tikmasjien gesit het. Dis asof my brein daardie paar oomblikke gedurig terugroep, en elke keer voel ek die benoudheid. Bly jy is ok… lekker slaap in die poskaart.
LikeLike
Ek is gedaan op oomblik. Mens besef nie die skok wat dit op mens se gees het nie. Vreemde was dat selfs Trompie dit aangevoel het want hy’t net voor dit deurgkom het n blaffie gegee. Ons het ook hele nag en vandag reën gehad wat mens ook ingeperk het. En dan het ek vandag my laaste betaling van my skool oppaatyd gekry. Dink dit weeg ook swaar op my maar ek is heel positief dat alles gaan uitwerk. Nie net met die virus nie maar ook met my inkomstetjies. Hoop jou dag is nie te moeilik met al jou versorging nie. Mooi dag. Ek hoor Erna sê dis vrek koud op oomblik.
LikeLiked by 1 person
Sterkte daar met alles. Dis definitief ‘n dag vir die bed. Het dokterafspraak… moet dis teen wil en dank beweeg.
LikeLike
Hoop die besoek verloop goed. Kan jul fisies die dr gaan sien? Ons kannie. Eers oor foon en dan as dit regtig nodig is kan jy inkom.
LikeLiked by 1 person
Met ons maskers aan mag ons dokter toe gaan. Daar sit ons in wagkamer en almal lyk soos boewe. Dokter sê hulle het net 30 persent van hulle pasiënte eerste twee maande gesien… mense was te bang om dokter toe te kom.
LikeLike
Hier sit drs by telefoon en niemand kom in nie. Hul moet eers vir toets gaan voordat hul kan besoek wat nog weer twee dae neem.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook in ‘n myndorp grootgeword, maar daardie gevoel van die grond wat wil geepad, maak my nog steeds naar en lighoofdig.Wat ‘n manier om jou dag te begin.
LikeLike
Ja jong, ons is hier al redelik paraat maar as dit by die regte ding kom reageer elkeen anders. Almal weet ook waar om heen te gaan.
LikeLiked by 1 person
Dis rou angs, as die aarde onder ‘n mens bewe. Dankbaar dat julle nie skade gehad het nie – en mag die son sommer gou weer helder skyn.
LikeLike
Gladnie aangenaam nie maar ons leef daarmee saam. Daar was minimum skade want ons geboue ens is maar half aangepas om te kan weerstaan. Ek sien vanoggend iets on my tafel lê. By nadere inspeksie was dit n klein sakboekie van Oscar Wilde wat van die rak af gespring het.
LikeLiked by 1 person
Haai Sus jy moet darem probeer om jou waardigheid te behou!
LikeLike
Ek het dit ook beleef toe ek eenkeer daat gekuier het
LikeLike
Ek kan onthou van daardie kuier van jou.
LikeLike
😊
LikeLike