‘n Tyd om te besin Mei 2020

‘n Tyd om te besin 15 Mei 2020

Prediker 3:1-11

Prediker 3:1-11 ABA

Daar is ‘n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd.

Daar is ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om plante uit te trek.

Daar is ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om te bou. Daar is ‘n tyd om te huil en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te rou en ‘n tyd om te dans. Daar is ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om iemand te druk en te omhels en ‘n tyd om iemand nie te omhels nie. Daar is ‘n tyd om te soek en ‘n tyd om iets te laat wegraak, ‘n tyd om iets op te pas en ‘n tyd om dit weg te gooi. Daar is ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om vas te werk, ‘n tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat. Daar is ‘n tyd om lief te wees en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd om oorlog te maak en ‘n tyd om vrede te maak. Wat help dit vir ‘n mens dat hy hard gewerk het? Niks. Ek het gesien dat God vir die mense werk gegee het om te doen.

God het alles mooi gemaak toe Hy dit gemaak het. Hy het vir die mense geleer dat daar altyd tyd sal wees, maar die mense kan nie verstaan wat God alles gedoen het nie, van die begin tot die einde.

ABA: Bybel vir almal

Oestyd - Is Metingstyd - Voedselnaspoorbaarheid regdeur ...
Oestyd

Ek het Toortsie nou al van Woensdag 13 Mei af in spanning laat wag oor iets goeds en opwindends wat met my gebeur het of eintlik iets wat besig is om te gebeur. 

Na agt weke van eensame inperking het ek besluit om ‘n streep onder my jare lange bemoeienis met leerders te trek. Ek is voluit vanaf 1968 besig om kinders op te voed. Dis nou darem lank genoeg.

Die uitbreek van die pandemie het my laat besef dat dit tyd is om te laat los. 

Ek het Woensdag, 13 Mei my hoof gaan spreek om te hoor hoe dinge gaan wees as die skool Maandag 18 Mei weer begin. Daar is net nie ‘n manier dat die omstandighede veilig is om myself in n posisie te plaas om siek te word nie. Ek het my bedanking ingegee.

EK IS NOU ‘n AFGETREDENE. Dis waaroor al my opwinding gaan.

Nou gaan ek alles wat ek geplant het deur die jare oes, dit oopsluit en die versameling van ondervindings uitsorteer en neerskryf. Ek het die afgelope tien jaar hier in NZ al baie geskryf maar hierdie gaan nou ‘n invul of aanvul van inligting wees wat orals in dagboeke en lêers gebêre is. Reg om te gebruik.

Ek kan van nou af:

Skryf wanneer, en hoe lank ek wil.

Masjienwerk doen wat vir ‘n paar jaar opgedroog het.

Brei en hekel.

Aandag aan fotografie gee.

Sommer gaan stap wanneer ek so voel.

Na hartelus sit en lees of blokraaisels invul.

Bak en brou soos my behoefte kom.

En nog vele meer waarby ek nooit gekom het nie.

Dankie COVID-19 dat jy hier ingetrek het om die mensdom weer perspektief en waardering vir die lewe te gee, wat te kosbaar is om te versmaai.

Sterkte aan almal wat wroeg en bekommer, dit sal weer beter gaan.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

5 reaksies op “‘n Tyd om te besin Mei 2020”

  1. Una Avatar

    Jy het die opsluitings tydperk gebruik om ooder andere te besin, Ineke, en dit werp vrugte af. Ek self het nog nie tot op daardie vlak gevorder nie, maar noudat my kinders terug is, wil ek ook stilraak en dink. Besin. Geniet jou nuwe losgemaakte-vryheid, dit kan heerlik wees.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat Una, mens gaan maar voort in n rigting sonder om werklik stil te staan om dinge teen mekaar op te weeg. Daar is tog maar n doel met alles al verstaan mense dit nie op daardie/hierdie stadium nie.

      Like

  2. HesterLeyNel Avatar

    You go girl! Dis goed dat jy die afsonderingstydperk gebruik en tot ‘n positiewe besluit gekom het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie jong. Dit gaan n aanpassing wees om nie voort te jaag na volgende plek nie. Vandag is eerste dag vir terug skooltoe gaan vir kinders. Gaan nie eers daaraan dink nie!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.