1 April. Dag 10
My plan was om ‘n ernstige stuk te skryf oor hoe my dag verloop maar het daarteen besluit.
Ek gaan sommer los en vas skryf oor dinge wat gebeur waar ek hier in afsondering sit.
Eerste is dankbaarheid dat ek nog gesond is en elke oggend kan gaan stap. Nie slenter nie maar regtig stap sodat die ou gebeentes bietjie bloed met genoeg suurstof kan kry. Ek sukkel met rumatiek wat veral in my lae rug en heup hul tuiste gemaak het. Na die lang stil lê gedurende die nag pyn my rug so erg dat ek maar opstaan.
Gister se oggend loop lewer toe nie net min mense wat loop op nie maar wel hierdie klein outjie.

Gladnie bang of gepla oor ek nader kom nie. Trompie het nie eers gekyk nie want hy weet die dingetjie het stekels en ruik ook nie baie fris nie.
Vanoggend oor die radio praat hul met Chris Hadfield wat vir drie en dertig dae in die ruimte afgesonder was. Lees gerus wat hy aanbeveel en doen gedurende hierdie afsondering.
Wat my toe opval is dat hy sê:
hou op konsentreer oor dat jy bang is oor alles, kry liewer so veel as moontlik oor die gevaar van die omstandighede en werk daarvolgens. Vrees maak omstandighede erger.
Voordat ek loop laat my seun weet dat hy winkels toe gaan en of ek iets kort. Nou moet jul besef, baie goed kry ‘n mens gladnie want dit word onmiddelik opgeraap deur ander. Koekmeel is onder andere nêrens te koop nie. Ek wou ook hê dat hy vir my ‘n goeie hoeveelheid “Cranberry Trio”kry. Dit is gedroogte cranberry vruggies gemeng met amandels en cashew neute. Hy laat later weet dat hy niks kon kry nie.
Grappie:
ek verduidelik aan hom dat ek die neute vir my stoelgang nodig het.
Waarheen gaan ma met stoel? Vra hy
Antwoord: Dis goed om no twee glad te laat verloop.
Gisternag, of eintlik net na twee vanoggend, word ek wakker van ‘n swaar voertuig wat verby kom en paar minute later nog een. Konnie dink wat dit kon wees nie. Met die terugloop vanoggend kom ek toe af op die volgende.

Heerlik die aarde omgedolwe.
Net voor middagete staan ek en skottelgoed was. Ek hoor die sirene nader kom. Polisie skakel lawaai af toe hul die pad hier verby jaag. Ligte flits blou en rooi. Vyf minute larter nog n whee-hoo whee-ho en n volgende polisie moter jaag verby. Ook met flitsende ligte. Nog ‘n bietjie later nog een maar die ry sonder lawaai en ligte. Moet net hier noem dat n entjie van my af is daar ‘n regte nes van kwaaddoeners. Dis veral n jong klomp wat warm gemaakte motors het wat amok maak nadat almal veronderstel is om tuis te wees.
Hier by my is daar nooit n “dull moment” nie. Altyd iets aan die gang.
Nou is hier probleme met die griep inspuitings. Dit mag net vir ons ouens wat oor sewentig is gegee word en nou is daar nie te kry nie. Die dokters kla. Weet jul waar is die entstof? Opgegaar in apteke! Hier mag apteke dit ook gee. Wil jy nou meer, die lewe is ongelooflik interessant.
Bly veilig in jou eie “bubble” en geniet dit.
Laat ‘n boodskap na scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord