Vandag kombineer ek twee woorde – hand + werk. As jy net een gebruik is dit reg met my, gebruik jy altwee of voeg hul saam is ook goed so, solank jy dit geniet om te skryf.
Ek doen die uitdagings op ‘n Maandag sodat almal ‘n week het om daaraan te werk of te skryf. Ek vind egter hoe meer tyd jy het om iets te doen hoe minder doen jy dit op die einde.
Geniet dit om in Afrikaans te skryf en as jy so voel kan jy jou skakel by my kommentaar inplak of n ping back maak sodat ander ook kan lees wat jy vertel.
HANDWERK
My besluit om my goed uit te pak wat na twee jaar steeds in houers is het ongewone, interassante dinge opgelewer. Dit het my laat besef dat
“wie wat bewaardt heeft wat”- oorlede moeder se gesegde.
Die ontdekkings het my beslis oneindige plesier verskaf. Ongelukkig is ek steeds nog nie klaar uitgepak nie want elke keer stop ek om alles te bekyk.
Ek het onder andere my Pa se ou tegniese boeke uitgepak, gedateer van 1930s.
Ou boekhoudingboeke waarin my ma die melkbokke se inligting in aangeteken het.
Bertus se kunswerke wat in ‘n boek geplak is terwyl hy in die kleuterskool was! Ook sy skoolskrifte, Haha. Hy weet dit nog net nie.
Wat my toe laat besluit het om handewerk te gebruik as uitgangspunt was toe ek hierdie hanswors-lappop uithaal.

In 1993 het ek honderde van die poppe gemaak om te verkoop. Ek het hul op bestelling gemaak volgens kleur wat die persoon wou hê. Saans as Bertus geslaap het het ek TV gekyk en die handewerk gedoen. Gedurende naweke het ek die masjienwerk gedoen. Die werkery het my ‘sane’ gehou na die traumatiese omstandighede van my egskeiding en my man se selfmoord. Hierdie pop is die enigste een wat oorgebly het. Niemand het hom gekoop nie so hy het saam met my getrek. Die klere is so verbleik maar tog is ek bly die een het behoue gebly. Amper vergeet ek, ek het ‘n swart en wit een gemaak vir VLU kompetisie en is toe ingeskryf vir die jaar se Streeks Konferensie wat in Secunda gehou is. Die pop het toe derde plek gekry in sy kategorie. My punte wat ek op die einde behaal het was so goed dat ek sesde geplaas is uit omtrent tweehonders inskrywings(dis nou al kategorië saam).
Ek het ook ‘n goeie klomp swart skooltruie gebrei op my klein breimasjientjie.
Toe pak ek die volgende houer uit omdat ek hom wou gebruik om weer ander uitgepakte goed in te bêre. Die houer het toe my hekelwerk in. Ek het tonne van hierdie doilies gehekel en ook verkoop.
In Potgietersrus het ek met scrapbooking begin en ook klasse gegee. Daar het ek my handewerk ook gebruik om voorbeelde te maak en uit te stal.
Fotoalbums
Ek het ook pottebakkersklasse geloop wat nie ‘n groot sukses was nie. Laat ek liewer sê dis te harde werk om die klei te verwerk. Tog, net die idee, het my plesier verskaf omdat dit weer iets anders was.

Nou, hier in New Zealand, het ek steeds nie opgehou met handewerk nie. Ek het Begin met kwiltwerk. Die eerstes het ek met die hand vir my vriendin gekwilt. Ook as terapie om my gedagtes weg te hou van al die omstandighede waarin ek my bevind het.
Dit dan n bietjie handewerk om ‘n mens op die regte pad te hou.
Dankie aan Kameel wat weer geskryf het oor geskenke geskryf het
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/01/21/kameel-geskenke/
Ons het so baie gemeen! Lekker gelees.
LikeLike
Dankie, ek het nogal n goeie aanvoeling vir jou en hoe jy dink en doen. Great minds … you know! Soos wat ek jou opgroei dele lees voel ek op selfde golflengte. Ons het net nie so baie rondgetrek nie.
LikeLiked by 1 person
Ek kry daardie selfde gevoel van op dieselfde golflengte wees. Wonderlike gevoel.
LikeLike
Beslis, al is ons wêrelde van mekaar af.
LikeLiked by 1 person
Kinders van selfde era
LikeLike
Omtrent en area ook!
LikeLiked by 1 person
Ek het altyd tonne respek vir mense wat so handvaardig is. Dit is ek beslis nie.
LikeLike
Ek het maar van kleins af net moes doen en sodoende het ek alles aan moeders skoot geleer van kleins af.
LikeLiked by 1 person
Ek is nou weer nie so leesvaardig soos jy nie en bewonder ouens wat so kan lees soos jy.
LikeLiked by 1 person
Haha, my ma sou ‘n dogter soos jy waardeer het. Sy het altyd geweeklaag omdat ek met my neus in ‘n boek gesit en skoon vergeet het van die wêreld rondom my.
LikeLike
So verskil n mens van mens tot mens. Dink steeds om te lees is n gawe.
LikeLiked by 1 person
Ag dis wonderlike bewyse dat jy kan! Welgedaan Sus! nou kan nog skryf ook. ❤
LikeLike
Het vergeet van skryf en fotografie ook.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my aan die Spreuke 31 vrou dink Scrapy. Ek voel nog altyd ek skiet vêr te kort wanneer dit by haar kom. Haal my hoed vir jou af wat so alles gedoen het om pot aan die kook te hou. Lekker slaap in jou poskaart.
LikeLike
Ag jong, so het elkeen tog maar hul eie talente. Joune is om baie mooi te skryf en ook om uit te reik na mense in nood.
LikeLiked by 1 person
So lekker gelees van al jou hand werk projekte! Ek is self baie lief om my so besig te hou
LikeLike
Dankie dit verskaf my ook ure se genot. Ding is nou met die geskrywery verwaarloos ek dit nogal.
LikeLike
Kan dink dit sal… Selfde hier by my ook, kom net nie by als nie
LikeLike
Het my met tye benoud gemaak maar het besluit ek moet kalmeer en die lewe stadiger neem. Jaag net die hele tyd van punt A na B. As skool Maandag begin sal ek sien hoe my besluit gaan uitwerk. Sal een of ander tyd moet ophou werk. My gesondheid lei daaronder.
LikeLike
Ek kan dink dis moeilik. Veral om met kinders te werk is baie uitputtend. Sterkte
LikeLike
Beslis uitputtend maar nou ja, geldjie is nodig en help my oorleef terwyl ek nog kan.
LikeLike
Ek verstaan dit heelhartig
LikeLiked by 1 person
My taak is in 😊
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/01/28/kameel-handwerk/
LikeLike
Dankie jy is n doring! Sal bietjie gaan lees.
LikeLiked by 1 person