Maandag=Wasdag no 21 2020: Drome

Image result for washday cartoon
Santa se wasdag

Maandag is weer hier en ons hang weer wasgoed uit. Ons kry nogal koud, dis woes winderig en beste is dit reรซn saggies nog die hele dag. Kom en deel asseblief iets oor jou drome met my en ander lesers. Ons skryf Afrikaans en geniet ons gate uit.

Dankie aan Kameel wat ewe getrou geskryf het.

Kameel – 2020 “BANG”

Ek gaan Frannie se skakel ook hier insluit want dit beskryf haar indrukke van haar verblyf by haar dogter. https://frandr.wordpress.com/2020/01/06/onverdiende-guns-alleen/

Drome

Drome kan nogal โ€˜n deel van mens se lewe wees. Ek is bv van nature โ€˜n dromer. Ek het nie net die nag nodig om te droom nie. Bedags is met tye n lekker ontsnapping om te sit en droom of dan eintlik dink oor dinge wat eintlik nie regtig moontlik is nie. Dit keer my nie om steeds aan te hou met droom nie.

Ek kan ook snags behoorlik droom. Dit is meestal baie duidelik en ek kan groot dele daarvan onthou. Wat my soms pla is dat ek sekere dinge oor en oor kan droom. Ek het al probeer uitvind of dit iets is wat ek geรซet en of dit dalk ‘n opwindinde dag was. Steeds geen resultaat of oplossing nie.

Gisteraand of dan vanoggend vroeg, ek droom meestal vroeg soggens, droom ek die volgende.

Ek staan in my kombuis. Dis ongewoon warm om die yskas. Die vriesdeel se deur staan oop. Groot sakke met maalvleis en gemengde groente wat reeds ontdooi het is in die deel. Ek vat die geysde blokke wat mens in die koelsak gebruik en pak dit rondom die warm vleis en groente. Dis egter so warm ek kan nie aan die yskas vat nie. Nou moet jy weet my kombuis is piepklein. Agter my voel ek ook die hitte. Dis toe die stoof wat ook warm is. Die plate is egter nie aangeskakel nie. 

Voordat ek te warm kry en sweet, word ek wakker. Nou wonder ek, hoekom nou juis die ontvrieste goed en die warm yskas. Nee wat, dit maak nie sin nie. Dit was egter so duidelik asof ek daar gestaan het.

Op die oomblik is ek besig om Annelie Botes se boek Kammaland te lees. Sy is darem maar ‘n skryfster duisend. Haar beskrywings is so helder asof mens by haar staan en alles sien. So met die lees saam droom ek ook van so ‘n bootreis op die kanale. Dit sal darem heerlik wees om net ongebonde dag vir dag vir n tydperk te kan beweeg. Ongelukkig kan mens dit nie alleen doen nie. Jy moet n goeie maat hรช om alles mee te kan deel. In Annelie se geval ontdek sy en haar man mekaar weer.


Dieselfde met my droom om ook dalk eendag ‘n stuk van die Camino te kan loop. Daarteenoor kan ek egter dalk hier in New Zealand ‘n pelgrimstog doen. Ek droom reeds van die Aroara wat so mooi is hier in die winter. Dalk word my droom, nader aan die huis, tog eendag waar.

Image result for dreams cartoon images

Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

18 reaksies op “Maandag=Wasdag no 21 2020: Drome”

  1. Kameel Avatar

    Jy kan nog droom om te gaan stap. Ek hoop werklik dit werk vir jou uit. Wat nagtelike drome aan bettef wonder ek ook waaaaar kom ‘n mens aan alles.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek begin net al stadiger en stadiger loop wat my bekommer. Moet myself oortuig om vinniger te stap. Daardie drome wat ek so oor en oor droom is vir my met tye nie lekker nie want dis meestal nie aangename drome nie.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Die drome verstaan ek baie goed. Die stappery… kom nie eers die bult hier by ons uit nie ๐Ÿ˜ฃ

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Moenie nog praat van bulte uit stap nie. Die plaas se pad was styl op en af . Meestal het ek eers die afdraend gedoen en dan die opdraend. Ek het gepufff elke keer as ek tweede op een gedoen het. As ek terug is was ek bly ek het dit tog gedoen.

          Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel Avatar

    Ek kan nooit my nagdrome onthou nie. Maar ek is ‘n voorbokdagdromer.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daardie dagdrome is heerlik. Gelukkig terwyl ek droom hoor ek steeds wat om my aangaan en mis ek niks nie.

      Liked by 1 person

  3. Dr Christa van Staden Avatar

    Mooi drome, hou styf duim vas

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie. Is jul alweer terug? Die laaste pos wat jy geskryf het kon ek nie oopmaak nie. Het dit wel gelees gekry. Moes net nie probeer om op jou blog te lees nie,

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        O jitte, ek wonder wat die probleem sou wees. JA, ons is terug, doodmoeg na die lang vlugte.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis die een waar jy oor SA praat. Het gedink jy het dit dalk toe gemaak. Nou is dit weer voorwaarts in die koue.

          Liked by 1 person

      2. Dr Christa van Staden Avatar

        Die repos Ailluers een? Het dit per ongeluk geplaas voor ek klaar was. En ek is steeds nie daarmee klaar nie.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis hy ja. Ek het hom seker net opgevang toe hy uitkom. Lees baie sommer op my foon voordat ek antwoord op my laptop.

          Liked by 1 person

          1. Dr Christa van Staden Avatar

            Ekke ook, hy sal weer in die week of oor die naweek op wees as ek klaar aan hom gewerk het. Daai plasing was per ongeluk.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ek verstaan. Dis nogal n kwaai pos daarom het ek gedink jy het hom gesensor, haha.

              Liked by 1 person

                1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

                  Beste is noudat ek hier tussen die Engelse antie geweld en rassiste sit verlekker ek my met tye oor hoe dit hier ook maar gaan.

                  Liked by 1 person

  4. Kameel – Drome – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No. 21. […]

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.