Eerste indruk/ke
Weer op die plaas. ‘n Ander een hierdie keer so daar is heelwat nuwe indrukke wat ek beleef.
Kom ek op die plaas Donderdagmiddag. Ek pak uit en kyk na buite. Die huis het baie vensters wat uitkyk op die vallei. Dis heerlik rustig.

Vroeg die volgende oggend gaan ek kombuis toe. Wat sien ek? ‘n Wilde hasie wat op die grasperk sit. Hy hardloop weg toe hy my sien. Ek gaan by die voordeur uit vir n vinnige Trompie lopie. (Die plek is nie omhein nie so hy moet aan die leiband bly as ons uitgaan. )
Wat ‘n gesig om te onthou! Seker so ses wilde hasies, van verskillende ouderdomme, van kleinste klein tot opgeskote, spat uitmekaar, heuwel af. Sien net wit wolstertjies wip. Elke nou en dan sit hul op agterpootjies, voorppotjies in die lug en kyk waar die gevaar is. Trompie het nie erg in hulle nie. Hy ruik net waar hul geloop en keuteltjies gelos het.
Volgende loop ons die bult op en die geur van dennebome kom na my aangesweef.

Dit vat my gedagtes jare terug na toe ons in die Laeveld vakansie gehou het omring deur n dennebos. Daar is ook kwartels wat langs die pad loop. Die haantjiesl is netso kostelik met die een veertjie op die voorkoppie.
Nog is dit die einde van eerste indrukke nie. Die uitsig, verderaf in die straat, oor die vally is asemrowend. Ek verwonder my elke dag weer as ons gaan loop. Gister verras n klein groepie Pukeko kuikens my naby die water. Die waterhenvoete flap-flap en wit vere boudjies wip wip oop en toe. Te kostelik.
Daar is selfs die laaste twee oggende en aande paddas wat kwaak onder aan die voet van die heuwels in die dam. Wonder of dit iets beteken? Hoop maar dit beteken reën.
Dit dan ‘n paar eerste indrukke van my tydjie op die plaas.
Kom kuier saam oor eerste indrukke. Ons kuier in Afrikaans want Afrikaans is lekker.
Kameel het haar deel gedoen met sintuie
https://kameel179438031.wordpress.com/2019/12/24/kameel-n-lieflike-geur/
en
Toortsie het ook oor sintuie geskryf
Baie dankie vir jul saamskryf.
Tot n volgende keer.
Geniet jou tydjie op die plaas!
LikeLike
Dankie. Ek het dit geniet. Is weer terug vanaf die 2de Jan. Moes eers n paae dae rustig wees om tot verhaal te kom na die stilte enrustigheid.
LikeLike
Dit kan omtrent n aanpassing wees
LikeLiked by 1 person
Jy bly op ‘n mooi plek Scrapy. Moet heerlik wees om so wakker te word. Baie bly jy jaag nie skape rond nie 😊
LikeLike
Dit was hemels gewees. Hierdie keer het n b… haas uitgebreek en met die vang skop die ding my hand oop. Dit nogal op die dag voor ek weer huistoe is. Beste is altwee hase het toe die dag nadat die ouens die aand terug gekom het uitgebreek of liewers uitgegrawe.
LikeLiked by 1 person
Ai toggie moet daar altyd iets verkeerd loop. Hopenlik pas jy nooit ‘n wildsplaas op nie 🤔
LikeLike
Haha, ek dink as ek meer voorbereid was of is om situasies aan te pak sal dit tog beter gaan. As ek bv handskoene aangehad het sou die haas my nie kon bykom nie. Ek moet mos die stories kaalhand aanpak.
LikeLiked by 1 person
Pragtig, ek wens ons kan so sorgvry in SA op plase wees. Geniet dit sommer baie.
LikeLike
Het dit beslis geniet. Was skoon deurmekaar met die stilte waarin ek was nadat ek terug was tuis.
LikeLiked by 1 person
Ooooo dis te oulik… Lekker herinnering vir jou
LikeLike
Veral die denneboom reuk was spesiaal gewees.
LikeLiked by 1 person
https://kameel179438031.wordpress.com/2020/01/08/kameel-2020-bang/
My taak is in.
LikeLike