Vir n paar oomblikke sit ek doodstil in my motor na ek by die skool geparkeer het. Ek begin bewe van ontsteltenis. ‘n Paar snikke ontsnap oor my lippe. Ek klim uit en stap kantoor toe om in te teken. Ek kan die snikke nie keer nie. Sandra die sekretaresse kom bekommerd nader. Met rukke en stote vertel ek.
As ek skooltoe ry in die middae val dit my gereeld op hoe onverskillig sommige bestuurders is. Daar is ‘n verkeerslig waar die pad in ‘n dubbel baan verdeel as die pad die verkeerslig kruis. Die spoed is 70 km per uur. Ouens sal van agter teen ‘n spoed kom, om gou voor jou in te ry as jy links ry soos n normale bestuurder. Die pad vernou weer na ‘n enkelbaan net na verkeerslig en dis hoekom hierdie jaagduiwels so ongeskik gou voor mens wil indruk. Dis egter nie wat regtig ontstel het nie. Net buite die beboude deel gaan die spoed van 70 km na 80 km per uur. ‘ n Ent verder is daar n aansluiting by die hoofweg. Ek was net daar verby toe ‘n polisievoertuig sy sirene aansit asook sy rooi en blou ligte. Die volgende oomblik vind ‘n helse ongeluk vlak voor my plaas.
Die polisiemotor het voor die motor voor my ingery op vol spoed. Of die polisieman ‘n u-draai wou maak weet ek nie en of hy net nie besef het dat die ander motor so naby hom was nie weet ek ook nie. Alles het so skielik gebeur. Die motor voor my het die polisiemotor vol op die bestuurder se kant van getref. Die twee motors swaai toe dat die polisiemotor in die teenoorgestelde rigting in die regterkanste baan(teenoorgestelde rigting) van die pad stop. Die motor voor my se persoon maak sy deur oop. Val half uit die motor en roep: “Hi, are you oukay mister?”
My venster was oop omdat dit warm was in kar dis hoekom ek kon hoor wat hy sê.
Geskok het ek stadig gery om te stop. Daar het rook uit die een motor gekom. Agter my het ‘n groot vragmotor aangekom. Ek kon nie stop nie want daar was nie regtig spasie nie. Ek het stadig verder gery en gesien die vragmoter het half gestop omdat die twee karre in die pad was. In die tussentyd het ‘n groot vragmotor van vooraf om die draai gekom. Ek het my ligte geflikker en ook my nood flikkers aangesit. Daar het ‘n hele stroom karre agter die vragmotor aan gekom van af Remutakas se kant af. Wat ‘n skok!
Ek hoop dat mense gestop het om te help.
Die polisie motor se veiligheids “airbag” het die venster toegemaak en ek kon nie sien of daar een of meer persone in was en of die bestuurder ernstig beseer is of nie.
Wat ‘n ondervinding om ‘n naskool middag te begin. Ek was hele middag half bewerig gewees. Ek het vir Bertus ‘n boodskap gestuur en hy het my ‘n rukkie later gebel om te hoor of ek okay was. Ek het dit baie waardeer dat hy my gebel het.
Laat ‘n boodskap na Kameel Kanselleer antwoord