Ongeluk oppad skooltoe


Vir n paar oomblikke sit ek doodstil in my motor na ek by die skool geparkeer het. Ek begin bewe van ontsteltenis. ‘n Paar snikke ontsnap oor my lippe. Ek klim uit en stap kantoor toe om in te teken. Ek kan die snikke nie keer nie. Sandra die sekretaresse kom bekommerd nader. Met rukke  en stote vertel ek.

As ek skooltoe ry in die middae val dit my gereeld op hoe onverskillig sommige bestuurders is. Daar is ‘n verkeerslig waar die pad in ‘n dubbel baan verdeel as die pad die verkeerslig kruis. Die spoed is 70 km per uur. Ouens sal van agter teen ‘n spoed kom, om gou voor jou in te ry as jy links ry soos n normale bestuurder. Die pad vernou weer na ‘n enkelbaan net na verkeerslig en dis hoekom hierdie jaagduiwels so ongeskik gou voor mens wil indruk. Dis egter nie wat regtig ontstel het nie. Net buite die beboude deel gaan die spoed van 70 km na 80 km per uur. ‘ n Ent verder is daar n aansluiting by die hoofweg. Ek was net daar verby toe ‘n polisievoertuig sy sirene aansit asook sy rooi en blou ligte. Die volgende oomblik vind ‘n helse ongeluk vlak voor my plaas.

 Die polisiemotor het voor die motor voor my ingery op vol spoed. Of die polisieman ‘n u-draai wou maak weet ek nie en of hy net nie besef het dat die ander motor so naby hom was nie weet ek ook nie. Alles het so skielik gebeur. Die motor voor my het die polisiemotor vol op die bestuurder se kant van getref. Die twee motors swaai toe dat die polisiemotor in die teenoorgestelde rigting  in die regterkanste baan(teenoorgestelde rigting) van die pad stop. Die motor voor my se persoon maak sy deur oop. Val half uit die motor en roep: “Hi, are you oukay mister?”

My venster was oop omdat dit warm was in kar dis hoekom ek kon hoor wat hy sê. 

Geskok het ek stadig gery om te stop. Daar het rook uit die een motor gekom. Agter my het ‘n groot vragmotor aangekom. Ek kon nie stop nie want daar was nie regtig spasie nie. Ek het stadig verder gery en gesien die vragmoter het half gestop omdat die twee karre in die pad was. In die tussentyd het ‘n groot vragmotor van vooraf om die draai gekom. Ek het my ligte geflikker en ook my nood flikkers aangesit. Daar het ‘n hele stroom karre agter die vragmotor aan gekom van af Remutakas se kant af. Wat ‘n skok!

Ek hoop dat mense gestop het om te help. 

Die polisie motor se veiligheids “airbag” het die venster toegemaak en ek kon nie sien of daar een of meer persone in was en of die bestuurder ernstig beseer is of nie.

Wat ‘n ondervinding om ‘n naskool middag te begin. Ek was hele middag half bewerig gewees. Ek het vir Bertus ‘n boodskap gestuur en hy het my ‘n rukkie later gebel om te hoor of ek okay was. Ek het dit baie waardeer dat hy my gebel het.


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

18 reaksies op “Ongeluk oppad skooltoe”

  1. rondomtaliedraai Avatar

    Sjoe mens skrik jou baie jare ouer. Sterkte!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      En hoe! As ek nie stadiger gery het toe ek die verkeersou se ligte sien nie sou ek ook gebots het.

      Liked by 1 person

  2. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    Sjoe, dis altyd vreeslik as soiets met mens gebeur en jy is aan die eenkant bly jy het dit ontkom, maar ook die skrik vir ander se seer. Ek glo jou waarskuwings aan aankomende verkeer was jou bydrae tot die toneel se veiligheid. Drink soet tee en ontvang beter voel drukkie hier uit Limpopo!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie dankie vir daardie drukkie. Ek het suikerwater gedrink ook. Dit was regtig amper gewees of dit was ek wat teen die polisie vasgery het. Vanoggend steeds half bewerig gevoel.

      Liked by 1 person

      1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

        Die skrik bly mens by, ek het so par jaar gelede by die Cheuniespoort kruising buite Polokwane so noue ontkoming gehad. “N vragmotor vol staal se remme het gefaal, en hy is deur die rooi robot, voor my voertuig se neus verby en het ‘n ou man se karretjie letterlik mideldeurgery en toe buite beheer links van my kom stilstaan Skrikwekkend die toneel van verwoesting en sy stilstand neffens my. Kyk op na die mooie hemel en die natuur om jou en ons bid dan dankie vir dae gespaar. Mwah!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ja, daardie dankbaarheid om gespaar te bly gee mens weer moed om voort te gaan. So-iets gaan nie sommer oor nie, mens bly lank skrikkerig.

          Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel Avatar

    Dis altyd ‘n skok as jy so amper in iemand anders se ongeluk beland.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was beslis amper gewees. As ek nie stadiger gery het toe ek die ligte sien begin flits nie was ek deel van die botsing.

      Liked by 1 person

  4. Una Avatar

    Ek kan glo dat jy die res van die dag nog geskok was. Dit bly traumaties, al gebeur dit met iemand anders.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was vanoggend nog bewerig gewees na n rustelose nag met drome. Gelukkig was dit my gespaar.

      Like

  5. Kameel Avatar

    Niks lekker om te sien en beleef nie!!! Bly jy is veilig. ❤

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie ek was regtig half histeries na die tyd wat nogal ongewoon vir my is. Ek wys mos nie sommer my gevoelens nie(ook maar stupid dink ek want dit help om te ontlaai)

      Liked by 1 person

  6. Aletta - nowathome Avatar

    Dis glad nie lekker om so iets te beleef nie, mense is altyd so haastig om iewers uit te kom!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sleg eintlik. Polisie hier is half gavaarlike ryers as dit by jaagtogte kom. Hul het juis vanoggend gepraat daaroor dat mense nie padgee as hul moet verby kom nie. Hierdie was beslis n misrekening v polsie se kant wat voor verkeer ingejaag het.

      Like

  7. Abrie Joubert Avatar

    Nooit lekker as so iets gebeur nie

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Is so. Polisie hier is nogal roekeloos as hul fokus op hul doel ten koste van gehoorsame bestuurders.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.