Maandag=Wasdag: no 13- Gesondheid

Image result for wash day cartoon

Dit is Maandag 14 Oktober, Die laaste termyn vir die jaar het aangebreek. Dis wasdag en hierdie keer kuier ons oor gesondheid.

Vertel enige iets wat die woord “gesondheid” in het.

Afrikaans is belangrik hier op my blog, dis waarom ek Maandag gebruik om lekker te kuier in Afrikaans. Kom geniet dit saam met my en vele ander lesers. As jy jou stuk geskryf het kan jy jou skakel in my kommentaar plak sodat ander ook na jou stuk kan gaan en dit lees.

Lekker skryf.

Die volgende twee het verlede keer mooi avonture gedeel. Baie dankie daardvoor.

Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/2019/10/01/kameel-avontuur/ Net Ekke https://www.hesterleynel.co.za/2019/10/02/avonture-van-my-kinderjare-in-namakwaland/

Gesondheid

(Ek het hierdie stuk geskryf net nadat ek verlede Woensdag by die dokter was)

Vandag was ‘n dag met lekker kinkels.

Eerste moes ek vanoggend my hand fisioterapeut besoek. Dit gaan nou vir vier weke wat ek my hanbeskerming moet dra om die seer deel stil te hou. Gedurende my week op die plaas het ek nie die beskerming gedra nie omdat ek nie so veel my linkerhand gebruik het nie. Dit was ook in die pad as ek die diere moes voer.

 ‘n Ander dametjie het my hierdie keer gehelp. Sy is ook van Suid Afrika en is al veertien jaar in NZ. Sy sê toe dat dit lank gaan vat om werklik gesond te word. Ek het ook verduidelik dat die harde skerm my seermaak en dat ek my eie gekoopte sagter stut gebruik. Sy het toe vir my ‘n ander beskerming gegee wat sommer gelyk ook goed vir rumatiek is. Dit ondersteun blykbaar die duim sodat dit nie terugbuig as met hom gevat word nie. Dis ‘n dure afêre maar gelukkig betaal die Gesondheidsdepartement dit omdat dit ‘n besering by die werk was.

My mediese sentrum, waar my dokter is, is net aan die oorkant van waar die fisio is. Voordat ek fisio toe is het ek eers ‘n afspraak gaan maak om ‘n dokter te sien vir my seer nek. Ek kan nie lekker my kop links draai as ek bestuur om te kyk wat langs my aangaan nie. My eie dr is so gewild en besig dat ek gevra het om enige dr te sien want ek moet iets daaraan doen. 

Ek het toe ‘n afspraak vir 1:45pm gekry. Ek moet ook my gordelroosinspuiting kry want Oktober is laaste maand dat mense bo 65 dit gratis kan kry. Ek kon nie dit eerder gekry het nie omdat ek gordelroos gehad het verlede Oktober. Dit kan net gedoen word ‘n jaar later. Die afspraak is vir komende Vrydag gemaak.

Die middag by die spreekkamer gaan dit soos dit altyd gaan. Afspraak is 1:45pm maar na twee is ek steeds nie gehelp nie. Die dr kom roep my toe so 2:15 pm. Hy was besig om te kou. Maak verskoning dat hy besig is met sy middagete. Hy wou my nie te lank laat wag nie.

Nou ja, wat kan mens sê.

Die dr is toe van Colorado, en nog net een week hier. Gelukkig is hy darem nie meer n “spring chicken” nie. Nadat hy al die inligting aangeteken het, het hy ook in die tussentyd vertel hoe hy werk. Hy is meer n Osteopaat dws hy glo meer om die spiere te manipuleer en ook medikasie te gee. Hy het my toe onder hande geneem en my nek bewerk.

Die oorsaak van die nekpyn het hy teruggewerk na daardie groot val in Januarie toe ek op my voorkop en neus geval het.

Toe wil hy vir my ‘n spierverslapper voorskryf. Hy soek en kry niks wat naastenby is soos wat hul in USA gebruik nie. Bygesê hier glo hul nie aan pille as oplossing of hulp nie. Hy het op die einde toe wel iets gevind wat naastenby gebruik kan word. Nou moet hy ook nog onthou dat ek allergies vir asperien ook is. Ek gaan voordat ek dit drink eers opsoek wat alles in die pille is. Die dr wil ook hê dat ek vir fisio gaan. Hy het so ewe die vorms ingevul en aangestuur(volgens hom). Gelukkig weet ek dit werk nie regtig so nie. Ek moet self na die fisio gaan en ‘n afspraak maak, wat ek toe ook sommer gedoen het. Maandag is my eerste sessie.

Wat eintlik lekker hier is, is dat as die besering of toestand verbind word aan ‘n ongeluk of ‘n val soos in my geval kan die dr ‘n vorm na Gesondheidsfonds stuur en hul betaal alles as dit ‘n geldige saak is. Hou maar duime vas dat dit kan gebeur, dan kan ek voluit gaan en die nekpyn oplos wat my lewe ook ‘n bietjie meer pynloos kan maak.


Posted

in

, ,

by

Comments

13 reaksies op “Maandag=Wasdag: no 13- Gesondheid”

  1. Kameel Avatar

    Ek het nie geweet ‘n mens kry ‘n inspuiting teen gordelroos nie. Ook kan ek nie onthou van jou val nie… dis nou tragies. Hier sit jy vandag met soveel nagevolge. Hoop alles werk goed uit met fisio.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Inspuiting is n nuwe ding. 99% seker dat jy nooit weer gordelroos kry nie. Dis lewenslange beskerming. Die groot val was in begin Januarie gewees.

      Liked by 1 person

  2. Kameel – Gesondheid – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag no 13 Gesondheid […]

    Like

  3. HesterLeyNel Avatar

    Ek kan simpatiseer – ek het ook ‘n seer rumatiek-duim en dra van tyd tot tyd ‘n stut. En die seer nek ook ja – van heeldag voor die rekenaar sit.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hierdie sere is gelukkig nie regtig rumatiek nie. As dit was sou hul niks daaraan doen nie, net parasetamol vir pyn en dit is dit. My nek is beslis nie n rekenaar nek nie. Daars iets wat vashaak in my nek as ek beweeg. Doen nou oefeninge om spiere los te maak wat al beter voel maar nou is die pyn meer.

      Liked by 1 person

      1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

        Byt vas, dit voel gewoonlik slegter voor die verligting kom. Sterkte mater.
        NS. Ek het uiteindelik by wasdag skryf uitgekom.;)

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Ek weet dankie vir meegevoel! Ek besef dat daar wel iets aan gedoen moet word om dit te verbeter. Baie bly om te hoor jy het wasgoed uitgehang.

          Like

  4. Wasdag nr 13 uitdaging: Gesondheid – toortsie.com Avatar

    […] Hierdie week se uitdaging gaan oor gesondheid. […]

    Like

  5. Die klip, Rots en ek – oor avonture en gesondheid – Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Avatar

    […] nou by Scrapy se wasgoed uithang oor gesondheid te kom. Ons spandeer bykans drie weke in Down Under. Vry en sorgeloos. Klim op ‘n vliegtuig […]

    Like

  6. Gesondheid - die een se dood is die ander se brood - Dis Ekke Avatar

    […] blog is geskryf vir Scrapydo2 se Maandag = Wasdag – Gesondheid uitdaging, maar elke woord is die volle […]

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.