Maandag = Wasdag no 10 Worsboom

Image result for Wash day cartoon

Maandag=Wasdag het baie om die lyf. Ek kry dit net nie elke Maandag geplaas nie. Weens my besige lewe sukkel ek om betyds my stukkie te skryf en te plaas. Ek het ‘n stuk vir verlede week gedoen en toe vlieg die tyd uit my hande en dis alweer die volgende Maandag. Verlede week se skrywe gaan oorstaan tot ‘n volgende keer want Toortsie het vir my ‘n liggie opgesteek die afgelope week wat ek nou eers gaan gebruik.
Almal is welkom om iets te skrywe. Solank dit Afrikaans is.
As jy wil kan jy jou skakel in my kommentaar pos sodat ander ook jou skrywe kan lees, of jy kan net ‘n “ping back” na Maandag=Wasdag in jou stuk sit.
Dankie aan Kameel en Christa wat die vorige keer se Wasgoed uitgehang het.
Hierdie week is die uitdaging om oor
‘n interessante ontdekking of geleentheid te skryf.

Hier is myne:

Toortsie het my laat terugdink aan die jaar 1972-77. Toorts, wat in die Kruger Wildtuin gekuier het, moes ‘n luiperd uitken wat agter ‘n Worsboom uitloer. Lees hier wat sy geskryf het:

My storie gaan terug na my eerste jaar in Potgietersrus. Ek het in die koshuis ingewoon wat vir my ‘n heel nuwe avontuur was. Daar was ‘n ouerige onderwyser wat die spesiale klas gehad het. Hy het sy klas gereeld uitgeneem na buite om vir hul oor bome, plante en voëllewe stories te vertel. Sy kennis van die natuur was ‘n skatkis van inligting. Hy was egter ‘n regte korrelkop. Almal was heel skrikkerig vir hom gewees. Sy dogter het op ‘n stadium ook in die koshuis gebly. Ons twee het groot vriedinne geword. Deur haar vriendskap het ek ook die geleentheid gehad om oom Isak te leer ken. Van binne was hy ‘n baie gelowige, goeie oom gewees. Hy het homself beskerm deur bombasties op te tree. Hy was ook ‘n baie moeilike pa en man vir sy vrou vir wie ek ook lief geraak het.
Dit net ter inleiding.

Die laerskool skoolgrond en ook die koshuisgronde was uitgelê met inheemse bome wat oom Isak met sy lewe beskerm het. Hy het elke boom en plant geken. Een jaar was daar ‘n boom wat vir die eerste keer blomme gedra het. Ek het fotos geneem met my kodak mik en druk.
Die fotos het met die jare verkleur en is ook nie te duidelik nie. Tog wil ek dit deel omdat Toorts gewonder het hoe lyk ‘n Worsboom.


Oom Isak het aan my verduidelik dat dit n Worsboom was en dat die boom al ‘n hele paar jaar oud was. Hul blom ook blykbaar nie gereeld nie. Ons het saam-saam elke blom dopgehou totdat die vrugte of “worse” ontwikkel het.
Dit is my eerste en enigste keer dat ek die blomme gesien het.Dit dan my Worsboom ondervinding. Daar is ook nog die welbekende Kapokboom, Drolpeer, Maroela, asook die Krimetart wat in die Bosveld bekende bome is.
Ek hoop om n mooi stukkie van jou te lees oor n ontdekking of herinnering.


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

5 reaksies op “Maandag = Wasdag no 10 Worsboom”

  1. Kameel Avatar

    Ag ek wens ek was ook so leergierig as kind dan het ek nie eers in my gryskopjare slimmer geword nie. Nou weet ek darem ook daar bestaan ‘n worsboom.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Nooit te oud om te leer nie. Dis ook lekker om te leer.

      Liked by 1 person

  2. Kameel – My Boom – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag No 10 […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Kameel. Jy het n pragtige diep en gevoelvolle stk geskryf.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.