Boetie sy’s ‘n Perskeblom

Boetie sy’s ‘n Perskblom was en is steeds vir my die lekkerste en mooiste liedjie om volkspele op te doen. In my derde jaar moes ons ‘n ekstra vak doen wat ons nog ‘n kwalifikasie gegee het. Ek het Volkspele gedoen. Die saal waarin ons dit gedoen het was ‘n gimnastieksaal met ‘n plank vloer wat heerlike wieging gegee het terwyl ons gedans het.

Ons het in dieselfde saal skrif en bordwerk gedoen. Dit was vir sekere ouens heerlik om aspris die vloer te laat beweeg sodat mens nie beheer oor jou skrif op die skryfbord gehad he nie. Dit was net onmoontlik om jou beste skoonskrif te skryf.

Iets wat ek ook nog goed onthou is dat ons, as gesin, gereeld na Volkspele kompetisies gaan kyk het. Dit is meestal, as ek goed onthou, op Pilditch stadion gedoen. Die toeskouers en ondersteuners het hul eie stoele en komberse saamgebring en op die graswalle gesit om te kyk. Die optredes was asemrowend gewees. Die volkspelers, in hul kleurvolle voortrekkerokke en kappies, met die mans in hul geborduurde onderbaadjies . Elke streek het hul eie kleur gehad en daar is gekompeteer om die beste optrede aan te bied. Daar was ook ander lande met hul tradisionele danse. Die mooiste was steeds die Suid Afrikaanse volkspelers. As ek reg onthou kon dit so in 1955-58 gewees het wat ons die optredes in Pretoria bygewoon het.

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

14 comments

  1. Ag jy praat so na aan my hart. My ma het Volkspele rokke gemaak, en vir my was dit die mooiste mooi om na die kompetisies te gaan kyk in die Johannesburg se stadsaal. Ek was net ‘n dogtertjie daardie jare, maar onthou dit so goed.

    Like

  2. Ek wou altyd so graag Volkspele gedoen het, maar my ouers het dit beslis afgekeur. Dit was “dans” en dus “sonde”. Ek onthou, met die 1966 5-jaar Republiekfeesviering het ek saam met ‘n Voortrekkergroep Pretoria toe gereis. Daar is, omder andere, ook Volkspele aangebied en talle ander lande het deelgeneem. Ek was in absolute vervoering en kon nie genoeg daarvan kry nie.

    Like

  3. Ek het net in st 3 die voorreg gehad om deel te wees van ‘n volkspelegroep wat by die eisteddfod gaan dans het. Ek was mal daaroor.
    Op universiteit was daar van my vriende deel van so ‘n kompetisie en ek was so jaloers. Hoe hulle daarby uitgekom het, weet ek nie. Ek kan net wens!

    Like

Laat 'n boodskap na rondomtaliedraai Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.