Maandag=Wasdag no 9 Liefde en vertroue

Augustus 2019, lê op sy rug.

As jy van Afrikaans hou kan jy gerus jou pantoffels aantrek en hier by my aan tafel kom sit en skryf oor ditjies en datjies. Ek gee vyf woorde wat jy as prikkel kan gebruik. Jy kan almal gebruik of net een; selfs geen woord sal ook doen. Solank jy skryf wat uit jou gemoed opduik. Die belangrike is dat jy dit geniet en Afrikaans gebruik.

Almal is welkom om te skryf. Pos jou skakel in my kommentaar sodat ander ook jou stories kan geniet.

Sleutelwoorde: gedagte/s, liefde, kinders, chaos, vertroue

MY STORIE

Kinderliefde en vertroue

Dit is interessant om te sien hoe ‘n enkele woord, gedagte of aanmerking ‘n mens se gemoed kan omkeer in chaos of net pure geluk en rustigheid.

Ek loop die hele verlede week en dink aan die optrede van verskillende kinders wat by my in Voorskool is. Daar is die liefdevolste, pragtigste kinders. Elkeen het ‘n besondere manier om hul gevoel uit te druk. Die dogtertjies is sag en liefdevol, terwyl die seuns lawaaierig en opgewonde kan wees.

Danni-Lee

Sy het in die begin van die tweede termyn as vyf jarige begin. In die begin was sy half skrikkerig om te bly en wou bietjie aan haar ma vasklou. Ma het egter ferm gestaan en haar by my gelos. Sy is ‘n juweeltjie, een wat van alles meer wil weet en kan baie slim antwoorde gee. Sy glimlag altyd en is baie gemoedelik. Die ma werk drie dae in die week. ‘n Lang dag vir ‘n kind van vyf. Sy kom net na half agt in en gaan eers half ses die aand huistoe. 

Donderdag middag toe ek by die skool kom was sy en 4 ander kinders in die kantoor om hul toekennings in die algemene kassie te gooi. Toe sy my sien verhelder die gesiggie sommer en sy verduidelik aan my wat sy gewen het. Clara, ook vyf jaar, was ook in dieselfde groepie. Sy was netso opgewonde om vir my te vertel oor die toekenning.

Hierdie erkenning  en vertroue wat die tweetjies aan my getoon het het my hart sommer laat swel van liefde en trots dat die tweetjies my uitkies om hul geluk mee te deel. Alles spontaan en vol kinderlike liefde.

Dieselfde Donderdag middag val klein Danni-Lee haar knietjies nerfaf. Sy was in ‘n toestand van skok. Net ek kon haar help en weer kalmeer. Sy was baie dapper en wou op die einde nie ‘n pleister op die seer knieë hê nie. Haar pa het haar opgelaai. Tipies man, nie regtig enige simpatie nie net ‘n; dit was nie te erg nie en sy sal dit oorleef. Ai toggie, ook maar ‘n harde lewe.

Nog iets wat heel kostelik van Danni-Lee is, is dat haar ma haar party oggende met die fiets skooltoe bring. Mamma is self ‘n kort, op en wakker mens. Sy kom meestal net op die hoek van die straat waarin ek moet afdraai aan as ek daar kom. Sy het Danni-Lee voor op die fiets, klein boetie in die dra-sitplek agterop. Ma steek haar hand uit om regs te draai. Ek wag meestal dat sy kan indraai. Met die draai, waai ma en Danni-Lee dan vir my. Dis te dierbaar vir woorde. Vrydag het ek gaan kyk waar ander kinders is en kom toe af op die gesinnetjie. Mamma is besig om Danni-Lee se valhelm op te sit. Danni-Lee kom opgewonde na my en verduidelik dat haar oupa en ouma ook daar is om haar op te laai. Elkeen het ‘n fiets. Dis kosbare oomblikke wat die lewe die moeite werd maak.

Charlotte is teenoor Danni-Lee ‘n heel ander kleintjie. Sy sit met twee ouers wat weg van mekaar is en elkeen weer hul eie aanhangsels het. Arme kind weet party dae ook nie meer hoe of wat om te verwag nie. Die eerste deel van die week is dit die ma wat haar oplaai en aflaai en die tweede deel is dit pa wat dit doen. Ek moet sê die pa is meer betroubaar as die ma. Pa se nuwe “girlfriend”, wat self drie kinders het, kom haal haar as die pa nie self kan kom nie. Die ma se “boyfriend” is nie so betroubaar nie. In die tussentyd weet die kind nie wat alles aangaan nie. Nou die oggend het ma haar gou by voorskool afgelaai. Charlotte het net daar gestaan en vir my gekyk asof sy wil hê ek moet iets doen of haar help. Sy is baie afhanklik van volwassenes. In die begin het sy gesukkel om aan te pas maar sy het nou uitgevind hoe sy moet maak om aandag te kry en ook haar kop bo water te hou met al die strome wat om haar beweeg. Gister vertel sy dat haar ma vir vyf dae nie tuis was nie. Glo ‘n begrafnis iewers. Sy moes by pa bly en ‘n kamer deel met ‘n stiefboetie van sewe(sy is vyf) wat nog ‘n doek moet dra in die nag. Vanoggend bring ma haar na voorskool want Charlotte se juffrou is nog nie in die klas nie. Ma het ook haar skooltas by die huis vergeet en moes dit gaan haal(wat ek niks van glo nie). Charlotte bly agter haar ma wegkruip en wil haar nie los nie. Ek paai haar maar sy wil niks weet nie. Toe ek sê sy moet langs my kom sit was die Kaap weer Hollands. Sy het heerlik met my gesit en gesels. My hart gaan uit na haar maar ai, ek sien moeilikheid vir die toekoms met haar.

Dan is daar die seunskinders wat weer heeltemal anders reageer op prikkels uit die omgewing.

Daar is Ryan(ses jaar), Jesse(vyf) en Jasper(vyf en ‘n half) wat gedurig saam speel en tussenin met mekaar moeilikheid kry. Beste is, hul sal vir my vrae kom vra asook as daar nood/moeilikheid is. Hul kan egter ‘n handvol wees as hul die dag lus is; veral as dit ‘n reënerige dag is en hul binne moet bly. Tog bly ek lief vir hulle al maak hul mens party dae gedaan.


Posted

in

, ,

by

Comments

21 reaksies op “Maandag=Wasdag no 9 Liefde en vertroue”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Ag dit is te pragtig geskryf. Sterkte vir die dae wat hulle moeiliker is. Hulle waardeer egter jou insette

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir jou mooi woorde. Mens bly steeds lief vir almal.

      Liked by 1 person

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Veral die heel kleintjies is nog so skoon en oop met hul denke en doen.

          Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Jy is n regte voorslag. Dankie Kameel vir die ondersteuning ek waardeer dit baie.

        Liked by 1 person

  2. Daar is chaos in my hart … – Dr. Christa van Staden Avatar

    […] inskrywing volg op ‘n bloguitdaging wat vereis dat die volgende woorde, of een of meer daarvan, gebruik word om ‘n eie i skrywing te […]

    Like

  3. Dr Christa van Staden Avatar

    Ek het geskryf. Al die woorde gebruik. Maar ek dink ek moet dit dalk nie hier deel nie.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dis goed so. Sal tog wel gaan lees. Die idee is ook maar om net n keuse van vwoorde te gee om te begin skryf. Dis alles sonder druk.

      Liked by 1 person

      1. Dr Christa van Staden Avatar

        As jy dit gepas vind, deel ek graag die skakel.

        Like

  4. Aletta - nowathome Avatar

    Pragtig geskryf Ineke. Dis belangrik vir so ‘n ou klein mensie om te weet daar is iemand wat vir hulle omgee!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Aletta. My agtergrond en kennis gee my gelukkig die kalmte en rustigheid om hul veilig te laat voel.

      Like

  5. Kameel Avatar

    Scrapy dis seker nie aldag maklik nie maar jy het nog soveel doel in die lewe. Jy speel ‘n belangrike rol in die kinders se lewens.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Daar slaan jy die spyker op sy kop. Daardie doel in die lewe is so belangrik. Al is daar chaotiese dae tussenin kan ek nie daarsonder lewe nie!

      Liked by 1 person

  6. HesterLeyNel Avatar

    Jy het regtig baie geduld en empatie met die kleintjies.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was nooit so geduldig nie maar ek dink my geaartheid het bietjie afgekoel en nou kan ek die kleintjie regtig geniet.

      Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie Avatar

    Min het jy geweet hoeveel jy nog daar ver vir “die vernaamstes in die Koninkryk” gaan beteken!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis waar en ek kan elke oomblik daarvan geniet en indrink.

      Liked by 1 person

  8. Kameel – Chaos – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag uitdaging. My woord Chaos. […]

    Like

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: