Kom dans Klaradyn, S le Roux, Marais

In 1962 het die eerste uitvoering van Marais se operette Lida en die liedjieskrywer plaasgevind. Die werk, met sy ballet- en koor nommers, het ‘n gewilde skooloperette geword. S. le Roux Marais is een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse kunslied. ‘n Hele aantal van sy toonsettings is reeds op plate opgeneem, met inbegrip van die bekende OktobermaandHeimweeKom dans Klaradyn en Die roos.[1][2]

https://af.wikipedia.org/wiki/Stephanus_le_Roux_Marais


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

13 reaksies op “Kom dans Klaradyn, S le Roux, Marais”

  1. Dr Christa van Staden Avatar

    Ek lief almal van hulle! Voel of ek dit hoor terwyl jy praat.

    Liked by 1 person

  2. Kameel Avatar

    Kom dans klaradyn en ons standerd 5 koorjuffrou. Sien haar voor my hoe sy daardie voet op die houtvloer stamp terwyl sy tydhou. Ons het die lied vir die kunswedstryd gesing… en ek mag mos net die mondbewegings gemaak het maar nie ‘n woord geuiter het nie omdat ek vals gesing het.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      O genade, so jy is net gebruik om die getal kinders vol te maak. Nellie du Toit se pa was my Engelse onderwyser in std 6 & 7. Kom dans Klaradyn het in my gedagtes gekom toe ek my geel rok vir die sirkus uitgesoek het. Toe dans ek met hom aan op die maat van kom dans Klaradyn.

      Liked by 1 person

      1. Kameel Avatar

        Nou toe nou sal ek aan jou in jou geel rok dink wanneer ek dit weer hoor. Net so goed ons het met die openingsaand so lekker gedans… want nou is ons sirkus ook die lug ingeblaas 😂😂😂 Ek het nog nooit ‘n aandrok gehad nie… en het mos ook geweier om in ‘n trourok te trou. Dis net nie ek nie. So hierdie nagemaakte sirkusdans en uitsoek van ‘n aandrok was heel lekker.

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dit was heel besonders gewees. Ja, en nou is die sirkus, tent en al na die maan.

          Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie Avatar

    Daar herinner jy my nou aan tye rondom die klavier – my mammie wat speel en ons wat liedjies uit die F.A.K.-sangbundel sing. “Die roos” was my heel grootste gunsteling.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Lekker ou dae met die FAK liedjies. Ek het steeds n FAK bundel wat saam met my hierheen gekom het.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Daar is nou ‘n nuwe bundel met moderner liedjies soos Kinders van die wind – so bly dat dit ook behoue bly!

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Dis goed om te hoor. Dink jy mens kan dit dalk by Book Depository te koop kry? Weet jy dalk die naam van die bundel.

          Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel Avatar

    Ek het toevallig in die week na ‘n paar YouTube videos van Gé Korsten gekyk. Sy stem kan my nog steeds roer en ontvoer na ‘n fantasiewêreld.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek was nooit baie mal oor hom nie. Toe ek hom egter vir die tweede keer sien optree het(hy was toe heelwat ouer) het hy n indruk gemaak. Hy was heel menslik en aangenaam om mee te praat.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.