In 1962 het die eerste uitvoering van Marais se operette Lida en die liedjieskrywer plaasgevind. Die werk, met sy ballet- en koor nommers, het ‘n gewilde skooloperette geword. S. le Roux Marais is een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse kunslied. ‘n Hele aantal van sy toonsettings is reeds op plate opgeneem, met inbegrip van die bekende Oktobermaand, Heimwee, Kom dans Klaradyn en Die roos.[1][2]
Ek lief almal van hulle! Voel of ek dit hoor terwyl jy praat.
LikeLiked by 1 person
Kom dans klaradyn en ons standerd 5 koorjuffrou. Sien haar voor my hoe sy daardie voet op die houtvloer stamp terwyl sy tydhou. Ons het die lied vir die kunswedstryd gesing… en ek mag mos net die mondbewegings gemaak het maar nie ‘n woord geuiter het nie omdat ek vals gesing het.
LikeLike
O genade, so jy is net gebruik om die getal kinders vol te maak. Nellie du Toit se pa was my Engelse onderwyser in std 6 & 7. Kom dans Klaradyn het in my gedagtes gekom toe ek my geel rok vir die sirkus uitgesoek het. Toe dans ek met hom aan op die maat van kom dans Klaradyn.
LikeLiked by 1 person
Nou toe nou sal ek aan jou in jou geel rok dink wanneer ek dit weer hoor. Net so goed ons het met die openingsaand so lekker gedans… want nou is ons sirkus ook die lug ingeblaas 😂😂😂 Ek het nog nooit ‘n aandrok gehad nie… en het mos ook geweier om in ‘n trourok te trou. Dis net nie ek nie. So hierdie nagemaakte sirkusdans en uitsoek van ‘n aandrok was heel lekker.
LikeLike
Dit was heel besonders gewees. Ja, en nou is die sirkus, tent en al na die maan.
LikeLiked by 1 person
Daar herinner jy my nou aan tye rondom die klavier – my mammie wat speel en ons wat liedjies uit die F.A.K.-sangbundel sing. “Die roos” was my heel grootste gunsteling.
LikeLike
Lekker ou dae met die FAK liedjies. Ek het steeds n FAK bundel wat saam met my hierheen gekom het.
LikeLiked by 1 person
Daar is nou ‘n nuwe bundel met moderner liedjies soos Kinders van die wind – so bly dat dit ook behoue bly!
LikeLike
Dis goed om te hoor. Dink jy mens kan dit dalk by Book Depository te koop kry? Weet jy dalk die naam van die bundel.
LikeLiked by 1 person
Sal uitvind
LikeLike
Dankie.
LikeLiked by 1 person
Ek het toevallig in die week na ‘n paar YouTube videos van Gé Korsten gekyk. Sy stem kan my nog steeds roer en ontvoer na ‘n fantasiewêreld.
LikeLike
Ek was nooit baie mal oor hom nie. Toe ek hom egter vir die tweede keer sien optree het(hy was toe heelwat ouer) het hy n indruk gemaak. Hy was heel menslik en aangenaam om mee te praat.
LikeLiked by 1 person