Maandag is weer met ons. Dis reeds Augustus 2019. Waar vlieg die tyd heen?
Is jy lief vir Afrikaans? Jy is op die regte plek. Hier gesels en geniet ons Afrikaans.
Almal is welkom om ‘n woord of die woorde te gebruik wat ek gee . Dis maar net om jou gedagtes aan die gang te kry. As jy oor iets anders wil skryf is jy welkom. Plak asseblief jou skakel in my kommentaar sodat ek melding kan maak van jou skrywe in my volgende wasdag uitgawe. Dit gee ander lesers ook die geleentheid om jou storie te lees en met jou kennis te maak.
Dankie aan die volgende persone wat lekker geskryf het:
Hester met haar kajuitkoors
Kameel met los gedagtes
https://kameel179438031.wordpress.com/2019/07/31/kameel-los-gedagtes/
Sleutelwoorde: waardering, karakter, dankbaarheid, geheimsinnig, spelling
Hierdie is ‘n beskrywing van ‘n vyfjarige seuntjie, J, wat soggens na die Voorskoolsentrum kom.
KARAKTER
Om ‘n vyfjarige seuntjie te wees, is nie maklik nie, en dit is ook vir hom moeilik om te aanvaar dat hy nie alles kan doen wat ouer kinders doen nie.
Hierdie vyfjarige seun is soms kostelik, maar ook irriterend. Hy het soms die vreemdste idees.
Vroeg oggende begin soos volg:
Pa laai klein J af by die hek. J, wil nie hê dat sy pa hom tot by die deur bring nie.Hy is mos oud genoeg om self sy tas te dra en na die klas te loop Hy sal begin hardloop, half loop, half struikel. Dit lyk of sy balans nie te goed ontwikkel is vir ‘n vyfjarige nie.
Kop af; hy klim die vier trappies; val altyd oor sy eie voete. Hy kom binne en kyk na my met sy groot vraende blou oë.
‘Goeiemôre, Ineke.’
‘Goeiemôre, J.’
‘Kan ek asseblief op die PlayStation speel?’
Altyd dieselfde vraag.
Ek antwoord hom altyd op dieselfde manier.
‘Met wie gaan jy op die PS4 speel?’
‘Ek weet nie.’
‘Vra dan iemand.’
‘Goed.’
Hy sal staan en wag tot ek ‘n voorstel maak wie dalk met hom kan speel.
‘Vra G of C.’
Hy gaan na die G:
‘ G, ek wil jou iets vra. SAl jy saam met my op die Playstation speel? ‘
Hy sal na my toe kom en die naam van die kind gee. Dit gebeur elke oggend vyf dae per week. Hy is goed gemanierd en beleefd, maar kan soms aanhoudend vrae aan my vra. Volgens my mening is hy nog nie skool gereed nie. Sy brein werk wel, maar sy gedrag en bewegings is meer die van ‘n vierjarige kind.

Laat ‘n boodskap