Dis vrek koud in my geweste. Die suidewind het sy wange bol gemaak en ysige koue hier kom inblaas. Gister nag(Woensdag) het dit op die heuwels gesneeu. Vanoggend misreën dit toe ek met Trompie wou gaan loop. Ek beduie toe vir hom dat hy maar in die tuin sy ding moet doen. Ek het nie lus vir nat word nie. Gelukkig was sy nood hoog en hy het iets gedoen. Net voor sewe is dit droog en ek het hom vir n vinnige stappie gevat.
Ek het lekker snoesig warm tuis gebly na my oggend skool sessie. Ek het my “long Johns” onder my denim aangetrek want die buite wees het my ou dun beentjies omtrent verys.
Hierdie lied het vir my besonderse betekenis. My kind is weg Nieu Zealand toe (2005) en ek het gedink ek sou hom nie gou weer sien nie. Ek het ‘n Kursus geloop in “Scrap” terapie. Een van ons laaste opdragte was om ‘n behangsel, ‘n skildery of voorstelling te maak met hetsy ‘n liedjie se woorde of gedig om jou gevoel uit te beeld. Ons moes probeer om so veel as moontlik van die tegnieke en voorbeelde wat ons geleer het in die uitbeelding te gebruik. Op daardie tydstip het ek baie verlang; nie net na my Ma wat oorlede is nie maar ook na al my geliefdes wat dood is en dan my kind wat so ver weg is.
Ek het dit spesiaal aan my kind opgedra. Hy was en is steeds my alles in die lewe. Die woorde is so mooi.
Ek speel dit graag vir al my blog vriende wat baie na aan my hart le.
Laat ‘n boodskap na scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord