Dis vrek koud in my geweste. Die suidewind het sy wange bol gemaak en ysige koue hier kom inblaas. Gister nag(Woensdag) het dit op die heuwels gesneeu. Vanoggend misreën dit toe ek met Trompie wou gaan loop. Ek beduie toe vir hom dat hy maar in die tuin sy ding moet doen. Ek het nie lus vir nat word nie. Gelukkig was sy nood hoog en hy het iets gedoen. Net voor sewe is dit droog en ek het hom vir n vinnige stappie gevat.
Ek het lekker snoesig warm tuis gebly na my oggend skool sessie. Ek het my “long Johns” onder my denim aangetrek want die buite wees het my ou dun beentjies omtrent verys.
Hierdie lied het vir my besonderse betekenis. My kind is weg Nieu Zealand toe (2005) en ek het gedink ek sou hom nie gou weer sien nie. Ek het ‘n Kursus geloop in “Scrap” terapie. Een van ons laaste opdragte was om ‘n behangsel, ‘n skildery of voorstelling te maak met hetsy ‘n liedjie se woorde of gedig om jou gevoel uit te beeld. Ons moes probeer om so veel as moontlik van die tegnieke en voorbeelde wat ons geleer het in die uitbeelding te gebruik. Op daardie tydstip het ek baie verlang; nie net na my Ma wat oorlede is nie maar ook na al my geliefdes wat dood is en dan my kind wat so ver weg is.
Ek het dit spesiaal aan my kind opgedra. Hy was en is steeds my alles in die lewe. Die woorde is so mooi.
Ek speel dit graag vir al my blog vriende wat baie na aan my hart le.
Sal moet gaan soek, my liewe land besluit mos wat ek mag kyk. Of wat hier gekyk mag word. Ag dit is so hartseer. En mooi. En vol hoop. Dankie vir die deel.
LikeLike
Dankie vir die lees en kommentaar. Sekere dinge bring maar onthou op die voorgrond.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam. Dit kom net
LikeLiked by 1 person
Ai, dis so ‘n sagte, mooi liedjie – dankie, Scrapy!
LikeLike
Dis mooi gestel- sagte, mooi liedjie. Dankie vir die kuiertjie.
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig Scrapy. Ai, dit moes moeilik gewees het toe jou seun weg is.
LikeLike
Ja, maar dit was alles in die Here se hand want hy sou nie in SA sy volle potensiaal kon bereik nie. Gelukkig is hy weg voor my ma oorled is. Ek het hoe besoek in 2006 en helfte is my ma v d jaar is my ma oorlede na n slegte hospitaal tyd. Sy het my aangemoedig om ook te gaan. Het haar belowe ek sou nie gaan terwyl sy nog daar is nie.
LikeLiked by 1 person
Ineke so bly dat jy darem nou saam met jou seun in dieselfde land is. Ek mis my kind so vreeslik en N is maar ver! Hoop dis al ‘n bietjie warmer by julle. Dis vrek koud hier in die Kaap!
LikeLike
Eks oneindig dankbaar dat ek hier kan wees. Ek kan jou goed glo dat die verlange met tye n mens siek kan maak. Gister en vandag het ons darem sonskyn maar die sneeu het tot op seevlak geval by Invergargel. Ysig koud soggens. Wit geryp ook.
LikeLike
Sjoe, dit klink vreeslik koud!
LikeLike
Is beslis nogal erg vir n Bosveld mens.
LikeLiked by 1 person
Kan dit dink!
LikeLiked by 1 person