Maandag=Wasdag no 7 2019

Maandag 29 Julie 2019. Waar hardloop die tyd heen? Hier is dit weer wasdag. ‘n Ieder en ‘n elk wat Afrikaans is kan lekker saam kuier hier op Maandae. Ek gee n paar woorde waarvan jy een kan kies, of almal, of geen een nie. Solank jy dit net geniet. As jy so voel kom deel jou skryfsel met my en ander bloggers deur jou skakel in my kommentaar te pos.

Lekker skryf en geniet jou gate uit.

Verlede week se onderwerp/opdrag het nie veel opgelewer nie. Ek verstaan ter dee hoekom dit nie aftrek gehad het nie.

Christa het ‘n mooi stuk geskryf oor haar omgewing. Lees gerus hier.

Sleutelwoorde: haastig, afkeur, politiek, ryp, rose

Ek was van plan om afkeur te gebruik maar het daarteen besluit omdat dit vir my ‘n te diep deeltjie van my lewensondervinding is.

Hier is sommer net ‘n mooi oggend in my daaglikse lewe.

Mistige sonsopkoms

Die oggendstond het goud in die mond

Dit was 26/06/2019

Vanoggend was een van daardie sprokie mooi oggende. Daar was geen wind. Dit was koud maar nie te onplesierig koud nie. Op die oomblik is dit nog donker as ek begin skooltoe ry. Ek moet meestal by die verkeerslig wag om links te draai in ‘n oostelike rigting. Dit was bewolk maar regtig besonders bewolk; daar was meer lae miswolke in slierte teen die heuwels. Die Hutt rivier op linkerhand was egter ‘n toneel uit ‘n sprokie. Die water was blink glad en die mistigheid het saggies opgestyg vanaf die skitterende wateroppervlakte . Met die lig wat besig is om stadig helderder te word, verander die landskap in n sprokieslandskap. Die kleure was nog in grys en swart. Ek het my verkyk aan die toneel en het baie dankbaar gevoel dat ek die prentjie kan sien met oë wat nog kan sien en ‘n verstand wat dit nog kan waardeer.

Die skool vroeg oggend

Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

25 reaksies op “Maandag=Wasdag no 7 2019”

  1. Aletta - nowathome Avatar

    Pragtig! Ons kry baie dae mis hier by ons ook, soms tot selfs 12 uur.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Hier bly die mis ook lank in die oggend en soms namiddae ook.Dis net nie lekker as die lughawe nie vliegtuie kan laat in en uitkom nie.

      Like

      1. Aletta - nowathome Avatar

        Dis waar! Gelukkig is dit seker ook amper op n einde

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Die winter het nou met geweld hier toegeslaan. Erg bewolk, reen, koue en ook sneeu. Die sneeu velde juig. Die boere bibber.

          Liked by 1 person

          1. Aletta - nowathome Avatar

            Wow, Dis erg. Moet se dis ook baie koud hier by ons en her tot gister gebibber. Vandag so bietjie beter, maar lyk maar koud vir die naweek wat voorle

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Ons naweek gaan ook koud wees. Vandag was daar bietjie sonskyn maar die wind waai ysig.

              Like

              1. Aletta - nowathome Avatar

                Hou jou self warm Ineke.

                Liked by 1 person

  2. Kameel Avatar

    Mooi is mooi… en natuurmooi is wonderskoon. Tog eienaardig dat ‘n mens nooit moeg word vir die natuur se skoonheid nie.

    Liked by 2 people

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Stem saam. Wonderskoon beslis.

      Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel Avatar

    Kameel se opmerking hierbo slaan die spyker op die kop. Die natuur is altyd mooi, seker omdat dit nooit dieselfde is nie – daar is keer op keer ‘n verrassing.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Keer op keer iets nuuts. Die rivier hier loop ook sy eie loop al probeer die munisipaliteit hul bes om hom te dwing om te gaan waar hul dit wil. Jy kan nie die natuur regtig inperk nie.

      Liked by 1 person

      1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

        Baie dankie ek het klaar gelees. Lekker verkwikkende stuk so na jul kajuitkoors.

        Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai Avatar

    So vroegoggend is altyd spesiaal

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis. Die eerste twee skaaplammers is gister gebore en nou kry ons so koud dat daar selfs sneeu vannag voorspel word.

      Liked by 1 person

      1. rondomtaliedraai Avatar

        Hoop hulle het darem skuiling

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Nee jong. Hul glo mos nie hier aan skuiling nie.

          Liked by 1 person

          1. rondomtaliedraai Avatar

            Vreemd … ten minste het skape dik jassies

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Dis maar hul manier van boer as jy nie n groot boer is nie. Hierdie ou gee nie regtig baie vir sy diere om nie en dan het hy nog so n klomp skape op n klein stukkie. Met die nat weer is dit besig om onaangenaam te ruik hier. Die skape se wol is nog nie te lank nie. Hul is redelik laat geskeer. Die lammertjies word sopnat en kry dan baie koud.

              Liked by 1 person

  5. Kameel – Los gedagtes – Kameel se gebabbel Avatar

    […] sodat ek iets ordentlik kan skryf nie. Hier is ‘n paar los gedagtes rondom elke woord in Scrapy se […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie Kameel jy is n ster.

      Liked by 1 person

  6. Wanneer kajuitkoors hokgeslaan moet word - Dis Ekke Avatar

    […] se skrywe vir die uitdaging Maandag = Wasdag 7 2019 oor ‘n mooi oggend in haar lewe, het my geïnspireer om ‘n dag uit my week te beskryf. […]

    Like

Lewer kommentaar op rondomtaliedraai Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.