(My ou laptop wil nie WordPress oopmaak nie dis hoekom ek eers vandag se wasgoed uithang)
Maandag breek aan. Die wasgoed moet gehang word, maar ai, die wasvrou is half lui vandag.
Almal wat lus het om ‘n bietjie in Afrikaans te skryf is welkom om ietsie te skryf. Pos of ping jou pos-skakel in my kommentaar sodat ander ook kan lees wat jy geskryf het.
Dankie aan die volgende persone:
Kameel en Toortsie.
Jul is my beste ondersteuners en ek waardeer jul stukkies baie. Nogmaals dankie.
Hierdie keer gee ek nie woorde nie maar gaan ‘n uitdaging aan jou rig wat jy hopelik gaan geniet om te doen.
Uitdaging:
Beskryf jou dorp/stad/plaas/huis aan iemand wat oorsee bly. Die persoon stel daarin belang om oor te kom om moontlik daar te kom bly. Jy moet jou eie mening gee oor hoe jy dit beleef(nie nodig om te oortuig dat die persoon daar moet kom bly nie, as jy so voel nie!)
UPPER HUTT
Gister kry ek uit die bloute ‘n boodskap van iemand wat ek van geen Adams kant ken of gesien het nie. Die boodskap lui as volg:
Beste Upper Hutt inwoner
Mag ek ‘n versoek aan u rig?
Ek stel belang om weg te beweeg uit my geboorte dorp. Voordat ek ‘n besluit wil neem sal ek graag wil hoor, van u, ‘n inwoner van Upper Hutt hoe u dit daar beleef.
By voorbaat baie dankie.
Beste belangstellende inwoner
Upper Hutt is nou wel ‘n verklaarde stad maar dit is steeds baie landelik.Ek bly nou al tien jaar hier en het ‘n redelike idee van hoe dit hier is.
Verlede jaar Maart het ek verhuis na ‘n huis wat aan die buitewyke van Upper Hutt is. Dis aan die voet van heuwels. Die mense hier hou van stap en fietsry. Die heuwel is ‘n gewilde staproete omdat dit nie te hoog en te moeilik is nie. Daar is mense wat daagliks die heuwel(berg) uit stap.
Die paaie hier is ook baie ingestel op fietsryers. Daar is fietsbane. Veral naweke ry baie mense fiets hetsy as in ‘n groep, familie of enkel.Daar is selfs manne wat Wellington toe per fiets ry om te gaan werk.
Dan is die sypaadjies ook baie goed om net te stap. Daar is ook voetpaaie langs die rivier wat loop afstand is van waar ek bly. Langs die rivier is daar ook sportvelde waar sokker en rugby gespeel word. Dis heerlike velde om met honde te loop, wat baie mense dan ook doen.
In my uitbreiding van Upper Hutt is ‘n Laerskool en n hele paar kleuterskole. So vyf minute se loop van my af is daar ‘n klein winkelsentrumpie. Daar is ‘n haarkapper, kafee tipe winkel, Pizza eetplek, Tai restaurant en ‘n vis en skyfie winkel. Die kafee het ook ‘n posdiens. Daar is ook ‘n busstop wat maak dat dit baie maklik is om ‘n bus te kry.Die busdiens is baie goed. Daar is deur die week elke halfuur ‘n bus middedorp toe en stasie toe.
Die middedorp het baie eetplekke.Die Mall het ‘n verskeidenheid klerewinkels,n materiaal-,boek-,gesondheids- en twee skoenwinkels. Hier is ook ‘n hele spul apteke en ‘n Gesondheids spreekkamer diens. Ons het ook drie groot kettingwinkels waar ons kruideniersware, groente en vleis kan koop.
Hier is ook ‘n goeie biblioteek wat baie programme gratis aanbied. Daar is ‘n kunslokaal en teater waar opvoerings gehou word. Ons het selfs twee bioskope hier.
Vir my as ‘n enkel ouer persoon het ek niks meer nodig nie. Daar is altyd ‘n bus wat my kan vervoer. Die supermarkte lewer selfs aanlyn bestellings af.
Alles hang egter af van waarin jul belangstel. Moet dit meer landelik wees of stedelik; meer vir buitelug ingestel wees, of naby ‘n skool wees.
Dankie vir die navraag en ek hoop dit help om n keuse te maak
Ek is darem ook ene. ‘n Onsersteuner. Dink ek las my blogs verkeerd aan joune, jy sien dit nie. Hoe moet ek maak? Het een vir dié wasdag ook geskryf
LikeLike
Hello Christa, verskoon my, maar ek is maar ‘n ou intjipper.
Wanneer jy iemand tag, is dit beter om die bloginskrywing self te tag as wat jy die blog tag. Jy moet dus die betrokke bloginskrywing oopmaak, regskliek op url, copy, dan by jou eie bloginskrywing die woord inkleur wat na die betrokke bloginskrywing verwys, regskliek en paste.
Ek het al agtergekom dat WP net kennisgewings stuur as dit na ‘n bloginskrywing is, nie as dit ‘n blog is nie.
Dalk doen jy dit in elk gebal reeds so.
Maar van die os op die jas, Scrapy vergeet om ons te tag! 👀
LikeLiked by 1 person
Ek sal weer probeer, gaan na joune kyk en kyk wat ek verkeerd doen. Ek plak dit in die kommentaar in. Dit is seker verkeerd?
LikeLiked by 2 people
Jy kan daar ook, maar tag die titel, dan stuur wp ‘n kennisgewing.
LikeLiked by 1 person
Ek maak so. Dankie
LikeLiked by 1 person
Jy mag maar in tjip. Dankie dat jy Christa help. My gedagtes is op oomblik bietjie weg van blog af.
LikeLiked by 1 person
Jammer om te hoor dat ek hul gemis het het. Ek sien Toorts het jou gewys wat om te doen . Eks bietjie agter met my leeswerk.
LikeLiked by 1 person
Dit is als reg, almal is besig. Dankie Toortsie
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy, Upperhut lyk na ‘n oulike plek.
LikeLike
Dankie, dit hang af waarvan jy hou. Opwinding van stadselewe of meer rustiger in buitewyke. Upper Hutt is gladnie n groeiende dorp nie. Ons sukkel om aan die gang te bly. Die huur van winkels is te hoog en dis nie lewensvatbaar nie.
LikeLiked by 1 person
Dit doen. Lyk lekker!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir hierdie een, ek het lekker geskryf …
LikeLike
Het gelees en jy het omtrent jou uitgeleef. Bly jy het dit geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy, jou vb gevolg
LikeLiked by 1 person
Mmmmm dis darem so half en half bekend
LikeLike
Alles is nog steeds dieselfde soos wat dit was toe jy hier was.
LikeLiked by 1 person
Ek is nie mal oor Pretoria nie…. gaan maar moeilik iemand aanraai om hier te kom bly. Die lewe in Upper Hutt val meer in my kraal. ❤
LikeLike
Ja, ek stem saam en verstaan ook. Pta is nie meer Pretoria nie. Dis hier ook maar besig om te versleg met al die vreemde elemente wat besig is om oor te neem. Elk geval bly ek darem lekker en sou graag jul klomp hier wou huisves. Og dink net wat n gedoente dit sal afgee. Sal sommer n klomp karavane op ou hier oorkant se deurgeweide kamp sit.
LikeLiked by 1 person
Ooooo ons sou te lekker kuier!!!
LikeLike
Jy moenie nog praat nie. Ons kan sommer die boer( wat nie n boer se agterent is nie) se badkamers gebruik en dalk sommer sy kombuis ook. Ha ha.
LikeLiked by 1 person
Ag lekker …
LikeLiked by 1 person