Maandag=Wasdag: No 5

Image result for washday cartoon

Nog โ€˜n Maandag het aangebreek. Dit is reรซnerig en die wasgoed kom nie maklik droog nie. Ons het winterreรซn, so ek moenie kla nie. Meeste mense het darem โ€˜n tuimeldroรซr(wat ek nie het nie.)My goedjies word maar binne in die sitkamer op โ€˜n droograkkie gehang.
Gelukkig maak die weer nie saak nie. Mens kan lekker knus binne sit en skryf.
Jy mag enige woord of al die woorde gebruik. As hul jou nie aanstaan nie mag jy sommer jou eie vertelling doen. Plak asb jou skakel in die kommentaar sodat ander ook jou storie kan lees.
Solank jy Afrikaans skryf. Afrikaans is โ€˜n pragtige taal.

Dankie aan Kameel en Toortsie wat lekker oor reis geskryf het.


Ek sing die hele verlede week al โ€˜Al die veld is vrolikโ€™ want die woorde rol so lekker, en beskryf so mooi die prentjie. Telkens as die son so uitkom en alles skoon gewas en heerlik warm is, kom die liedjie weer en weer in my kop as ek met Trompie my lopies loop.

SLEUTELWOORDE: bestuur, beperking(s),dink/bedink,keuse, vermaak.


Ek leer bestuur.

Vrydag, 13 Junie 1969, spitstyd in Pretoria, het ek my motor bestuur(ders) lisensie gekry!
Ek het in 1968 begin skoolhou by Hennopsrivier Laerskool. Sonder โ€˜n bestuurs lisensie was ek beperk tot, huistoe en skooltoe, vervoer te word met ou tannie van Staden se hobbelrige laerskoolbus. Daar was nog โ€˜n stuk grondpad wat met tye half onrybaar was. Die grondpad moes deur โ€˜n padskraper geskraap word. Na erge reรซns was die stuk vol gate. Dit daar gelaat.
Terwyl ek so karloos was het my Pa my leer bestuur. My Pa het โ€˜n nuwe poeierblou bakkie gehad waarop hy baie trots was. Hy het lank gespaar voordat hy ons ou Oldsmobiel( wat op die end net nie verder wou nie)ingeruil en die nuwe bakkie gekoop het.

Ons ou kar in die Kruger Wildtuin


Sondae, vroeg oggend, het ons die pad gevat. Ons het op โ€˜n plot gebly langs die ou Krugersdorp pad. Ek draai regs op die teerpad. Gaan โ€˜n stywe bultjie oor en dan redelik reguit. Dan draai ek links af op die Knoppielaagte pad. Dit was โ€˜n heerlike stil stuk pad. Volgende ry ons verby die agterkant van die Zwartkop inryteater. Weer links gaan ons Erasmia toe.
โ€Hou by die spoed wat ek moet ry,โ€ dink ek soos ek ry. Dan terug met Krugerdorp pad en terug huistoe. Ander Sondae het ons die anderkant om gery.
Alles het heel goed verloop. Een Sondag besluit my Pa dat ons Pretoria toe moet ry om die stop by verkeersligte te probeer. Ek ry ewe rustig my spoed die oggend. Verby die gevangenis se groentetuine en om so โ€˜n slap draai wat half โ€˜n afdraandtjie was ook.
Langs die pad staan โ€˜n motor geparkeer. Ek sien hom. Ongelukkig is ek nog nie so vinnig met my bewegings nie! Die bestuurder besluit om sy flikker aan te sit en draai sommer, woerts, voor my in. Die keuse om die rem te trap het te stadig gekom. Ek ry so ewe, pardoems, met die linkerkantste voorlig teen die agterkant van die ander motor.
Dit was โ€˜n helse skok vir my, asook my Pa. Die ander bestuurder spring uit die motor en beduie met hoge taal wat hy van die stamp dink. My Pa kon nie โ€˜n woord inkry nie. In die tussentyd het ek eenkant gestaan en luister na die die gekibbel. Die ander voertuig het โ€˜n dame in gehad wat ook uitgeklim het. Sy kom staan by my.
โ€œJy weet, jou Pa beter oppas vir my seun. Hy is โ€˜n verkeersbeampte. Jou Pa beter sy woorde tel. Hy gaan in groot moeilikheid kom as hy wil terugpraat.โ€ Ek skrik my yskoud. Op die einde sรช my pa ons moet polisiestasie toe gaan en die saak gaan aangee.
Die ou bly dreig:โ€Dis julle skuld en jul sal die skade moet betaal. Bla bla blaโ€ gaan hy aan.
Ons klim in die bakkie en my pa bestuur. Ons meld by polisiestasie in Pretoria-Wes aan. My Pa het verduidelik dat:
Ten eerste, het die ou langs die pad gestop wat op โ€˜n draai was en โ€˜n vol sperstreep gehad het.
Ten tweede, het hy sonder om te wag en te kyk of daar iets aankom, voor my ingedraai. Hy het wel sy flikker aangehad.
In die tussentyd bly ons uitkyk vir die ou om op te daag. Wat toe nooit gebeur het nie. Toe ons die man se naam vir die polisie gee was die reaksie:
โ€Moenie bekommerd wees nie. Ons ken hom baie goed. Hy is โ€˜n ou kalant wat al baie ongelukke veroorsaak het.โ€
Na hierdie ondervinding het my Pa nie kans gesien om my verder te help nie.
Ek het toe bestuurslesse geneem. Ek het vyf lesse bespreek. Die probleem was dat ek nie elke dag kon gaan nie omdat ek van Hennopsrivier skool af โ€˜n geleentheid in stad toe moes kry. My Pa het my na die tyd wel in Pretoria-Wes opgelaai.
Die rylesse het baie goed gegaan. Toe ek my vierde les gedoen het, het die instrukteur gesรช hy gaan my inboek vir die rybewys. Ek moes die dag net vroeรซr kom sodat ek net weer die parkering vir oulaas kon oefen.
Die afspraak is gemaak vir Vrydag 13 Junie 1969, om half vyf(spitstyd in Pretoria)Daardie dae was die toetsstasie in die middestad. My instrukteur het presies verduidelik hoe en waar ek gaan ry.
Eers op die terrein die stop teen โ€˜n opdraande waar jy met die handrem wegtrek.
Die reguitparkeer en agteruit parkering.
Dan die rit in die straat(stad). Daar kom โ€˜n dubbele stopstraat waar ek moet links draai.
Om Kerkplein en dan terug na die toetsstasie.
Min het ek besef hoe erg dit is om in daardie spitsverkeer te ry.
Ek daag die middag betyds op en die instrukteur wou hรช ek moet vir oulaas weer parkeer. Hy het โ€˜n stokou Volkswagen kewer waarmee ek moes ry. Telkens as ek agteruit wil ry, gee ek te min petrol, en die enjin stol. Instrukteur duik agter in die einjin, vroetel, klap kap toe en ek moet weer probeer. Op die ou end het ek darem genoeg petrol gegee om my oefening te doen.
Ons het duime vasgehou dat die Volla hom mooi gedra terwyl ek ry. Gelukkig het alles vlot verloop. Toe ek klaar om die plein gery het en oppad terug was; wie sal voor my ry? MY PA, wat oppad was om my te kom oplaai. Dit het my nogal onkant gevang maar ek het my goed gekwyt van my taak.
By die toetssentrum aangekom wag my instrukteur in spanning. Die toetsmeester het hom op en af gekyk en met vermaak gesรช:
โ€œJy bring nie weer hierdie Volksie om mee te ry nie. Sorg dat hy reggemaak word of kry โ€˜n ander motor!โ€
โ€œGeluk juffrou, jy het baie goed gedoen.โ€ Wat โ€˜n verligting. Ek mag nou maar my eie splinter nuwe poeierblou Volkswagen kewer op my eie bestuur.


Posted

in

, ,

by

Comments

21 reaksies op “Maandag=Wasdag: No 5”

  1. Toortsie Avatar

    Lekker gelees aan jou storie. ๐Ÿ˜

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir die lees en ook die saam skryf.

      Liked by 1 person

  2. Kameel Avatar

    Oooo ek voel daardie spanning van vooraf. Grooooootste nagmerrie om te leer bestuur. Lekker gelees Scrapy.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dit was beslis n stressvolle tyd om so saam met my Pa te ry want hy het nie nonsies gevat nie. Dankie vir lees bly jy het dit geniet. Ek waardeer ook jou deelname aan my skryf stukkies.

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai Avatar

    Aaaaa dis te lekker. Welgedaan Sus! Jy moet bietjie daardie foto vir my ook stuur Ek het dit glad nie !

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Sal so maak. Het n klomp afgeneem sodat ek dit kon gebruik. Die fototjies is mos piep klein.

      Liked by 1 person

  4. Tannie Frannie Avatar

    Sjoe, jy was dapper en behendig! Self het ek eers met die DERDE probeerslag op daardie einste toetsterrein in die middestad die toets geslaag…

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Was nogal n verrassing toe ek dit die eerste keer gekry het. Daardie tyd het jy nie sommer geslaag nie. Selfs die leerlinglisensie was ook maar nie te maklik nie. Jy moet onthou dat ek nog nooit bestuur het voor die tyd nie. Net daardie paar Sondagoggende en dan die lesse.

      Liked by 1 person

      1. Tannie Frannie Avatar

        Dan was jy seker maar ‘n “natural”! As ek weer bietjie vrye tyd het, sal ek kom vertel van my lisensiesage ๐Ÿ˜€

        Like

        1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

          Wat jy waar kry? My senuwees werk innerlik. Almal dink ek is koel en kalm maar ai hul weet nie hoe dit binne-in my voel nie. Ek dink die stukkende Volla het my gehelp. Sal lekker wees om te hoor van jou wedervaringe!

          Liked by 1 person

          1. Tannie Frannie Avatar

            Is op die oomblik toegegooi, maar sal binnekort plan maak.

            Like

            1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

              Dis goed, hierdie is maar net om die gedagtes te ptikkel om aan die skryf te kom.

              Liked by 1 person

  5. HesterLeyNel Avatar

    Ek het ook bestuurlesse gekry in Pretoria middestad – halfvyfverkeer in Vermeulenstraat en ook met ‘n Volla. Ek het destyds vir Barclays gewerk daar op Kerkplein.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Wys jou net, ons is bevoorreg om ons lisensies behoorlik te geslaag het toentertyd. Daardie Vermeulenstraat en Kerkstraat om die plein was baie besig en nog twee rigting strate gewees.

      Like

  6. Al die veld is vrolik – toortsie.com Avatar

    […] Scrapy sing van die veld wat vrolik is, terwyl dit nog sommer behoorlik koud is daar by hulle. […]

    Like

    1. Dr Christa van Staden Avatar

      Ek het ook in Pta my inlywing gekry

      Like

  7. Deurmekaar kop – toortsie.com Avatar

    […] Die bloggers gooi my kop deurmekaar. Eintlik is dit glad nie so ‘n groot prestasie nie, my kop is mos sommer vanself deurmekaar! Dit gaan oor Scrapydo se Wasdag nr 5 bloguitdaging. […]

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.