Maandag is hier en dis tyd vir nog ‘n skryfseltjie om uit te hang.
Ek gee vyf woorde waarvan jy een, twee of almal kan kies om iets oor te skryf. As jy geen gevoel vir een van die woorde kry nie kan jy sommer net ‘n ietsie skryf net vir ontspanning. Die lengte of hoeveelhied woorde maak nie saak nie. Dit gaan oor skryf en dit nogal in Afrikaans.
Toortsie het weer ‘n stuk geskryf en al die woorde gebruik
Sonel alias Rambo het ook’ n heerlike stuk oor voëls in haar tuin geskryf.
Dankie julle twee. Dit was lekker om jul stukke te lees.
Daar was n derde inskrywing waarvan ek skoon vergeet het. Christa het ook heerlike oor haar plaaslewe as kind geskryf. Gaan lees gerus wat sy als vertel:
Hier gaat ons op 1 Julie 2019
Woorde: opknap, tee, kroostrooster(babysitter), herdenking, klaskamer, vervelig
Kan jy dit glo?
Byna vier jaar en ek geniet nog steeds my voor- en na-skoolsorg. Ek het nie tyd om verveeld te raak nie. Elke dag bring nuwe avonture.
Ons kom in ‘n spesiale klaskamer bymekaar. Wind of weer, ek moet gedurende die week gaan. Die oggende begin om 07:25 en eindig om 8:30. Middae 2:55 tot 17:00.
Die volgende is hoe ek een dag in 2016 belewe het.
5:50 vertel my wekker my om op te staan. Maak ‘n koppie tee, stort en trek aan, neem Trompie 6:30 vir sy lopie. Eet my ontbyt en eks reg om die amper 20 km na die skool toe te ry.

Dis ‘n Woensdag en was baie opwindend. Eers kom Ella in. Sy was net vyf jaar (nou 8 2019). Vertel stories oor haar speelgoed en wat sy daardie dag gaan teken. Volgende kom Tayla (tweede jaar middelbare skool 2019) en haar klein boetie Curtis (ook al agt jaar).
Curtis het gehuil toe hy inkom.
Ekke: “Goedemore, julle twee. Wat is fout Curtis? Hoekom huil jy?”
Hy kon niks sê nie want sy hartjie was baie seer. Tayla verduidelik dat hulle resies gehardloop het tot by die deur, en sy het gewen. Curtis was ontsteld omdat hy verloor het.
Ekke: “Tayla, hoe kan jy hom nie laat wen nie! Curtis, laat ons weer hardloop en kyk of jy Ella, Tayla en my kan klop? “
Ek het eers aan die drie kinders gesê dat ons na die hek moet loop en dan weer na die deur hardloop. Hulle wou met geweld hek toe hardloop, maar ek het vir hulle gesê:
” Nee, ek sal dit nooit maak as ek hek toe moet hardloop en weer terug nie. “(ha, ha asof ek nie kon nie!)
Ons het baie opgewonde by die hek gekom. Nog twee kinders kom in. Hulle wou ook resies hardloop. Ek het vir hulle gesê Curtis moes hierdie wedloop wen.
“Op jou merke, gereed, gaan!” Weg is ons. Tayla en ek het stadig gedraf terwyl ek Ella heeltyd moes terughou! Die ander nuwe seun het net weggehardloop en gewen. Ek het hom gediskwalifiseer omdat hy gewen het en hy moes nie. Ek het die wenner aangekondig:
“Vat vyf Curtis, jy is nommer een. Ella is nommer twee, Tayla derde en ek … snik, snik … Ek is laaste! “
Almal lag en is wer gelukkig.
Nooit ‘n vervelige oomblik wanneer kinders naby is nie.
Geniet dit om te skryf. Dis ons moedertaal. Dis Afrikaans.
Laat ‘n boodskap