Skryf dit neer
“Begin skryf, maak nie saak wat of waar nie.
“Die water vloei nie voordat die kraan nie oopgedraai word nie.” – Louis L’Amour
Dis frustrerend maar waar: die enigste manier om deur skrywersblok te breek is eenvoudig om te begin skryf.
Gelukkig is daar darem maniere om te help om jou by die punt te bring om jou pen op te neem(jou rekenaar oop te maak en ‘n bladsy te begin) en te begin skryf.
Die volgende is voorbeelde wat gebruik kan word om te begin skryf:
- Gebruik jou laaste SMS wat jy op jou foon ontvang het.
- Skryf oor ‘n skrywer wat lanklaas geskryf het en nou weer begin skryf het.
- Gebruik die laaste sin in ‘n boek wat jy besit. Skryf daaroor.
- Skryf hoe ‘n skrywer op ‘n ongewone manier ‘n skrywersblok oorkom het.
- Skryf ‘n storie oor een van die volgende bekende skrywers se aan haling.
Cheat your landlord if you can and must, but do not try to shortchange the Muse. It cannot be done. You can’t fake quality any more than you can fake a good meal.” — William S. Burroughs
Find a subject you care about and which you in your heart feel others should care about. It is this genuine caring, not your games with language, which will be the most compelling and seductive element in your style.” — Stephen King
Focus more on your desire than on your doubt, and the dream will take care of itself.” — Mark Twain
Dis belangrik om aan te hou met skryf, al is dit net vir vyf of tien minute per dag.
Ek hoop die stuk het jou bietjie hoop gegee om te begin. Dit is soos die aanhaling in die begin sê: As jy nie die kraan oopdraai nie kan jy nie water verwag nie.
Ma sê dis baie goeie raad vir al julle skrywers wat so mooi kan skryf. Sy sê by haar is geen blok nie. Niks, zero want sy kan nie eers skryf nie. 😅
Lekker dag vir jou en Trompie. Julle moet dit geniet. 😀 😘💕
LikeLike
Dis waar jou ma die fout maak. Sy kan skryf. Dit maak nie saak hoe sy skryf nie dis die storie self wat saak maak.
LikeLiked by 1 person
Ma sê baie dankie maar sy kan defnitief nie skryf of haar verbeelding so goed gebruik soos julle. Sy sal eerder lees wat jul aanvang. 😀
LikeLike
Toemaar my ma is ook nie so vinnig om haar verbeelding te gebruik nie. Sy sit ook maar ure en tob en dan skryf sy dit nog oor en oor ook tot sy dan kastig tevrede is.
LikeLiked by 1 person
Jou ma het ‘n baie goeie en oulike verbeelding en ek het lekker gelag vir die ‘kastig’ tevrede. Jou ma is tog te oulik. 😀
LikeLike
Ek dink jou ma praat nonsens. Sy kán skryf. Sy moet net begin.
LikeLiked by 1 person
Hoe lekker lag ek nou vir ma se gesig! Sy sê as sy kon nonsens praat dan sou sy kon skryf, maar sy kan dit nie eers doen nie. 😂 Sy het probeer maar dit het nie uitgewerk nie. 😀
LikeLiked by 1 person
Nou praat sy twak! Sy beskryf dan al daardie goggas so mooi. En dan as sy n foto het vertel sy netso lekker wat als daar by julle op die strand gebeur.
LikeLiked by 1 person
Ma sê dis al wat sy kan doen want dis dinge wat regtig hier is en dan kan sy daaroor praat. Sy het nie daardie verbeelding wêreld wat jul towerinne het nie en kan nie so lekker kuier saam met ander. Al plek waar sy kuier is in haar Sims 4 speletjie waar ook net ek en sy is. 😀
LikeLike
Ek weet darem nie, sy gesels tog te lekker met my op my blogs. 😁
LikeLiked by 1 person
Ma sê sy kan darem gesels so nou en dan, veral as dit dinge is wat saak maak. Sy het net nie so goeie verbeelding soos julle nie. 😀
LikeLiked by 2 people
Ons skrywery is maar eintlik net gesels.
LikeLiked by 1 person
Ma lag nou so lekker sy het amper van die stoel af geval! Sy sê as sy so kon gesels het, so sy ryker as Stephen King gewees het. 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Net die eerste treetjie gee, dis al! 😁
LikeLiked by 1 person
Ma skud haar kop so dat die bril van haar neus afskuif en sy sê: “Nope”. 😂
LikeLiked by 1 person
Sê vir haar daar is ‘n huisie by Rhebusfontein waar sy moet intrek. Daar gebeur wonderlike dinge.
LikeLiked by 1 person
Vuurvliegie het vir ma ‘n huisie daar gegee. Dit was no 18 en ma het tot na 12 uur gisteraand of is dit nou oggend daaraan gewerk en dit gepos, maar sy was nie tevrede daarmee nie en toe haal sy dit af en maak haar blog ook sommer toe. Sy sê sy is nie lus vir dit nie en sy hoort nie daar nie. My ma is weird. Rerig. 😅
LikeLike
Wraggies ja! Dalk oordink sy weer die saak. 😊
LikeLiked by 1 person
Sy sê weer: “Nope!” en skud haar kop so dat ek nou van haar skoot afval! 😅
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLiked by 1 person
Jy kan saam met haar intrek dan help jy haar skryf.
LikeLiked by 1 person
Ek was daar saam met haar en haar spinnekop tattoe op haar arm en haar hekse hoed. Sy is darem nie van die slegte hekse nie, maar sy voel sy hoort nie daar nie en toe vlieg ons maar weer terug op haar besem. 😀
LikeLiked by 1 person
Sê vir haar dis reg so, ons is nog altyd lief vir haar en niemand word gedwing Rebusfontein toe nie. Alles reg.
LikeLiked by 1 person
Sy sê baie dankie. Dit is baie dierbaar van julle en sy weet julle doen nie sulke dinge nie. Sy voel maar net sy hoort nie daar nie. Julle is almal te oulik met jul geskrywery en sy sal nooit kan byhou nie. 😀
LikeLiked by 1 person
Sy sal haar verbaas. 😁
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Jy moet vir haar sê dat ek ook altyd geglo het ek het geen verbeelding nie. Ek sukkel steeds daarmee. Feite was vir my makliker om te skryf. Ek klim ook maar altyd versigtig in die verbeeldingwater in.
LikeLiked by 1 person
Dankie, maar ma së sy glo dit nie, sy weet sy het geen verbeelding nie Jy lyk glad nie of jy sukkel nie. 😀
LikeLiked by 1 person
Alles net show! 😁
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
My volgende skrywe gaan oor self kritiek wees. Ek moet dit eers kou en herkou om die regte woorde te skryf. Trompie sug ook sommer hier by my. My rustelose gedagtes put hom uit. Hy lees mos my gedagtes soos n boek. Groete vir jul tweetjies.
LikeLiked by 1 person
Ja, daar gaan jy en ma lekker kan saamgesels want sy ken wat dit is. Kou maar lekker en ek weet ons gaan lekker lees.
Hahahah! Trompie ken al, sien ek. Partykeer het ma ook sulke rustelose gedagtes en dan frons sy erg. 😅
Groete vir julle tweetjies ook. 😘💕😘💕
LikeLiked by 1 person
Baie oulike raad. Skryf dit wat op jou hart is. Wat maak jou bly? Kwaad? Wat laat jou lag?
LikeLike
Dis hy. n Enkele woord kan jou gedagtes aan die gang sit. Jou gemoedstoestand maak dat dit humor, spanning of net sommer n ligte skrywe uitbring.
LikeLiked by 1 person
Die maklikste ding op aarde om oor te oraat of skryf, is jouself. Laat dit jou onderwerp wees. 😊
LikeLike
Eie ondervinding is die beste plek om te begin.
LikeLiked by 1 person
Toortsie is reg. Die maklikste onderwerp om oor te skryf is jyself. Ek is net bang iemand gaan eendag iets sê soos: “Sjarrap. Jy raak nou vervelig!”
LikeLike
Dis jou blog en jou skrywe. Jy mag skryf so veel of so min jy wil. As hul nie wil lees moet hul maar verby hou. Ek geniet jou skrywe baie. Moet asb nie ophou nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy
LikeLiked by 1 person
Goeie raad! Ek stem saam met Rambo se mamma.
LikeLike
Dankie. Dit is moeilik om te begin. Mens moet jouself otiënteer om te begin skryf.
LikeLiked by 1 person
Dit is. Ek kry ‘n gedagte en dan gee ek die titel, wat met tyd verander. Party lê ‘n ruk halfgeskryf, ander kry sommer net lewe en word in een dag klaar
LikeLike
Is so. As die gevoel daar is kom dit vanself. Die naam is ook nie so belangrik nie. Dis net daardie gaan sit en klaarmaak wat die grootste probleem is
LikeLiked by 1 person
Die klaarmaak is die probleem … ek stem saam
LikeLike
Dis belangrik om as jy die eerste keer gaan sit net te skryf wat in jou kop kom. Geen oorlees of spelfoute verbeter nie. Dit gaan deurmekaar wees vir erste skrywe. Dan kom die herskrywing wat lank vat voordat mens tevrede is.
LikeLiked by 1 person
Goeie raad
LikeLiked by 1 person