Maandag = Wasdag 2: Plaas

‘n Week is verby en dis weer tyd vir ophang en uithang hier op Maandag = Wasdag.

Almal is welkom om te skryf waaroor hul wil. Jy mag een, of meer van die woorde gebruik. As jy voel daar is nie een wat jou n bietjie prikkel nie mag jy selfs iets skryf waarvoor jy lus het.

As jy so voel stuur ‘n skakel van jou blog af of plak jou skakel in die kommentaar sodat ander ook kan lees waaroor jy  geskryf het.

Toortsie het n lekker storie geskryf oor ‘n storm wat gebroei het.

https://toortsie.com/2019/06/19/die-storm/

Ons woorde:

dwelms, jeugdiges, voorkeure en/of afkeure, plaas, wen, voëls

Boerdery loop in my bloed.

Daar is steeds ‘n sagte plekkie in my hart vir boerdery. As tiener het ek die geleentheid gehad om saam met my ouers met melkbokke te boer. Na my studies het ek my eie melbokstoet gehad. Dit was my lewe. Ek het ook ‘n hondetelery gehad.

Nadat ek in 1980 getroud is was daar nie geld om ‘n plasie te koop nie. Ons het wel ‘n groterige erf gehad, met later ook ‘n boorgat. Die tuin was ons plaas. Daar was altyd genoeg vars groente en vrugte om ons in die nodige te voorsien. My man het selfs elke jaar wit slaghoenders gevoer en geslag sodat ons ook altyd goed voorsien was van hoendervleis. Eg plaas gewees met tye!

Hier in NZ geniet ek dit elke oggend en middag om uit te ry skooltoe, waar ek oggend en middag na skool toesig hou.  Ek ry ongeveer 15 km met snelweg 2(State Highway 2) wat tussen klein plasies kronkel en draai tot by Plateauweg. Dit is lekker om beeste te sien wei. Daar is ook plekke met ‘n perd of twee.

Die Huttrivier vloei aan die eenkant van die pad. Aan die anderkant  is daar goed versorgde huisies tussen hoë ou bome. Mens kan agterkom dat die mense vir hul huise en diere omgee.

Ek verlang soms na die boerdery dae maar is baie dankbaar dat ek elke dag die pragtige roete kan ry en geniet.  Die skool nestel ook onder aan die voet van ‘n dig beboste heuwel.

Image

Geniet jou skrywe in Afrikaans.

Tot volgende keer.

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

24 comments

        1. As jy nou jou stuk op jou blog gesit het moet jy heel bo aan jou bladsy kyk daar staan https: jou blognaam wordpress…. datum en opskrif van jou stuk. Highlight dit en kliek regs om dit te copy. Gaan na my bladsy en plak dit in my kommentaar onder aan die week se opdrag. Hoop dit help. Vra maar as daar nog iets is.

          Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na Kameel Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.