
‘n Week is verby en dis weer tyd vir ophang en uithang hier op Maandag = Wasdag.
Almal is welkom om te skryf waaroor hul wil. Jy mag een, of meer van die woorde gebruik. As jy voel daar is nie een wat jou n bietjie prikkel nie mag jy selfs iets skryf waarvoor jy lus het.
As jy so voel stuur ‘n skakel van jou blog af of plak jou skakel in die kommentaar sodat ander ook kan lees waaroor jy geskryf het.
Toortsie het n lekker storie geskryf oor ‘n storm wat gebroei het.
https://toortsie.com/2019/06/19/die-storm/
Ons woorde:
dwelms, jeugdiges, voorkeure en/of afkeure, plaas, wen, voëls
Boerdery loop in my bloed.
Daar is steeds ‘n sagte plekkie in my hart vir boerdery. As tiener het ek die geleentheid gehad om saam met my ouers met melkbokke te boer. Na my studies het ek my eie melbokstoet gehad. Dit was my lewe. Ek het ook ‘n hondetelery gehad.
Nadat ek in 1980 getroud is was daar nie geld om ‘n plasie te koop nie. Ons het wel ‘n groterige erf gehad, met later ook ‘n boorgat. Die tuin was ons plaas. Daar was altyd genoeg vars groente en vrugte om ons in die nodige te voorsien. My man het selfs elke jaar wit slaghoenders gevoer en geslag sodat ons ook altyd goed voorsien was van hoendervleis. Eg plaas gewees met tye!
Hier in NZ geniet ek dit elke oggend en middag om uit te ry skooltoe, waar ek oggend en middag na skool toesig hou. Ek ry ongeveer 15 km met snelweg 2(State Highway 2) wat tussen klein plasies kronkel en draai tot by Plateauweg. Dit is lekker om beeste te sien wei. Daar is ook plekke met ‘n perd of twee.
Die Huttrivier vloei aan die eenkant van die pad. Aan die anderkant is daar goed versorgde huisies tussen hoë ou bome. Mens kan agterkom dat die mense vir hul huise en diere omgee.
Ek verlang soms na die boerdery dae maar is baie dankbaar dat ek elke dag die pragtige roete kan ry en geniet. Die skool nestel ook onder aan die voet van ‘n dig beboste heuwel.
Geniet jou skrywe in Afrikaans.
Tot volgende keer.
Ek sal die week probeer. Jou pad klink heerlik, ek neem aan die kinders het maniere as jy so uitsien om te gaan toesig hou. By ons het toesighou in 2005 al ‘n riller geword.
LikeLike
Dit sal gaaf wees om ietsie te skryf. Sien uit daarna. Die kinders is nie heeltemaal die aantrekkingskrag nie. Die omgewing maak op vir hul slegte maniere. Hier is ook maar n klompie wat geen respek vir volwassenes het nie.
LikeLiked by 1 person
Hoe maak mens om te deel?
LikeLike
As jy nou jou stuk op jou blog gesit het moet jy heel bo aan jou bladsy kyk daar staan https: jou blognaam wordpress…. datum en opskrif van jou stuk. Highlight dit en kliek regs om dit te copy. Gaan na my bladsy en plak dit in my kommentaar onder aan die week se opdrag. Hoop dit help. Vra maar as daar nog iets is.
LikeLiked by 1 person
Ek sien nie die kommentaar blokkie by joune nie
LikeLike
Gaan gou kyk.
LikeLiked by 1 person
Jy happy met myne?
LikeLike
Baie happy dankie. Bly jy’t geskryf.
LikeLiked by 1 person
Ek het link na jou opdrag gestuur. Werk dit?
LikeLike
Plaaslewe is tog te lekker en dis mooi daar by jou. Ek kan sien jy geniet dit daar. 😀
LikeLike
Ek geniet dit ter deë. Dis heerlik skoon en vars.
LikeLiked by 1 person
Ek het darem uiteindelik klaargekry. hahahaha
https://sonelsehoekie.wordpress.com/2019/06/24/maandag-wasdag-2-voels/
LikeLike
Ek is nou heeltemal deurmekaar…wie is kreukels en plooie? Moenie lag nie, ek verloor vinnig my pad in die kuberruimte!!!
LikeLike
Haha, nou laat jy my lag. Dis steeds ou Scrapy wat bietjie haar Afrikaans geskei het van die Engelse “boring” manier!
LikeLiked by 1 person
Oooooo so jy is kreukels en plooie. 😂😂😂 Is die woorde reg? Baie oorspronklik!!!
LikeLike
Ja dis reg! Ek sien daagliks my kreukels en plooie in die spieël, dis nou liggaamlik nê! Dan maak die skrywery ook kreukels en plooie namate dit geskryf word.
LikeLiked by 1 person
Yuo go Sus Go
LikeLiked by 1 person
Hehehehe sien ek kan nie eers spel nie
LikeLike
Haha juffrou! Goed om te weet.
LikeLiked by 1 person
O aarde en hier sit ek nog steeds met laas Maandag se lysie en geen inspirasie! Sal vandeesweek probeer deelneem.
LikeLike
Moenie komkommer nie. Ontspan net en skielik sal daar iets opduik. Jy kan vorige woorde ook gebruik. Allrs gaan net om n bietjie te prikkel.
LikeLiked by 1 person
Dr Christa van Staden se inskrywing.https://christavanstaden.com/2019/06/25/heimwee-van-n-plaasdogter/
LikeLike