Uitdaging: Maandag = Wasdag

Image result for washing images cartoon

Ditjies en datjies en wie weet nog watjies…

Uitdaging aan elkeen wat Afrikaans wil skryf.

Almal weet dat Maandag, in die ou dae, wasdag was. Dalk, in baie huise, nog steeds.
Maandag kan nog meer dinge beteken.
. Begin van die week
. Blou Maandag
. Maandag begin ‘n nuwe werk
. Maandag begin die vakansie
Wat ook al jou aandag trek vir Maandag gaan help om jou aan die skryf te sit.
Jy kan enige-iets vertel. Dit kan waar wees, of denkbeeldig. Daar hoef nie ‘n opvolg te wees nie, maar as jy so voel kan jy dit in hoofstukke, vervolg of in sessies doen ook. Enkel stukke is netso goed.
Kies wat lekker en gemaklik vir jou voel.

Ek gaan elke Maandag vyf woorde gee wat jou denke kan prikkel. As jy een of almal wil gebruik is jy welkom.

Alles hang van jou gevoel af. Is jy bly, hartseer, gelukkig; wat ook al sal werk.
Maak of jy mal is en doen alles!
Ek hoop jy neem die uitdaging, om net te skryf, aan. Alles in Afrikaans as dit moontlik is. Onthou ook dat daar geen laster of vloekery toegelaat word nie.

Stuur asseblief ‘n “pingback” na my blog of spoeg en plak“copy and paste” jou URL in my kommentaar sodat ander ook jou vertellings kan lees.

Deur scrapydo2.wordpress.com

Retired teacher interested in anything crafty: Scrap booking, card making, quilting, knitting etc. Everything about animals especially DOGS

10 comments

  1. Ma sê sy was net wanneer daar genoeg wasgoed is en partykeer val dit op Maandae. Miskien sal hierdie vir haar help om met haar afrikaanse blog aan te gaan. Dit was haar ou blog maar sy het dit na afrikaans verander met die hoop sy sal ook iets daar kan plaas, maar tot dusver het sy nog niks gesê of gedoen. Ai, die ma van my. Sy kyk my nou aan met skeel oge en sê sy sal dalk Maandag probeer. Kom ons hou duim vas. 😅💕

    Like

Laat 'n boodskap na scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.