Uitdaging: Maandag = Wasdag

Image result for washing images cartoon

Ditjies en datjies en wie weet nog watjies…

Uitdaging aan elkeen wat Afrikaans wil skryf.

Almal weet dat Maandag, in die ou dae, wasdag was. Dalk, in baie huise, nog steeds.
Maandag kan nog meer dinge beteken.
. Begin van die week
. Blou Maandag
. Maandag begin ‘n nuwe werk
. Maandag begin die vakansie
Wat ook al jou aandag trek vir Maandag gaan help om jou aan die skryf te sit.
Jy kan enige-iets vertel. Dit kan waar wees, of denkbeeldig. Daar hoef nie ‘n opvolg te wees nie, maar as jy so voel kan jy dit in hoofstukke, vervolg of in sessies doen ook. Enkel stukke is netso goed.
Kies wat lekker en gemaklik vir jou voel.

Ek gaan elke Maandag vyf woorde gee wat jou denke kan prikkel. As jy een of almal wil gebruik is jy welkom.

Alles hang van jou gevoel af. Is jy bly, hartseer, gelukkig; wat ook al sal werk.
Maak of jy mal is en doen alles!
Ek hoop jy neem die uitdaging, om net te skryf, aan. Alles in Afrikaans as dit moontlik is. Onthou ook dat daar geen laster of vloekery toegelaat word nie.

Stuur asseblief ‘n “pingback” na my blog of spoeg en plak“copy and paste” jou URL in my kommentaar sodat ander ook jou vertellings kan lees.


Posted

in

, , ,

by

Tags:

Comments

10 reaksies op “Uitdaging: Maandag = Wasdag”

  1. Nuwe uitdaging op Maandae. – I scrap 2 Avatar

    […] Uitdaging: Maandag = Wasdag […]

    Like

  2. Tannie Frannie Avatar

    Aa, dankie, Scrapy – dit gaan nou lekker wees!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Baie welkom by my nuwe uithang plekkie. Ek het al so lank gebroei oor die idee. Gaan hopelik n fees wees.

      Liked by 1 person

  3. Rambo Avatar
    Rambo

    Ma sê sy was net wanneer daar genoeg wasgoed is en partykeer val dit op Maandae. Miskien sal hierdie vir haar help om met haar afrikaanse blog aan te gaan. Dit was haar ou blog maar sy het dit na afrikaans verander met die hoop sy sal ook iets daar kan plaas, maar tot dusver het sy nog niks gesê of gedoen. Ai, die ma van my. Sy kyk my nou aan met skeel oge en sê sy sal dalk Maandag probeer. Kom ons hou duim vas. 😅💕

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja-nee, die mense mense is maar vreemd van aard. Mens verstaan nie altyd nie. Dit sal gaaf wees as jou Ma bietjie in Afrikaans vir ons vertel van al jou mannewalise. Geniet n lekker Sondag.

      Liked by 1 person

  4. Toortsie Avatar

    Dit klink lekker.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ja wat, mens maak dit self lekker as mens kan!

      Like

  5. HesterLeyNel Avatar

    Dit kan net lekker wees. Ek hou van jou WordPress tema – dis baie mooi. Ek volg jou blog.

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie vir al die mooi woorde en ook dankie dat jy my blog volg.

      Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai Avatar

    Baie geluk Sus Sal beslis kom lees

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.