Ditjies en datjies en wie weet nog watjies…
Uitdaging aan elkeen wat Afrikaans wil skryf.
Almal weet dat Maandag, in die ou dae, wasdag was. Dalk, in baie huise, nog steeds.
Maandag kan nog meer dinge beteken.
. Begin van die week
. Blou Maandag
. Maandag begin ‘n nuwe werk
. Maandag begin die vakansie
Wat ook al jou aandag trek vir Maandag gaan help om jou aan die skryf te sit.
Jy kan enige-iets vertel. Dit kan waar wees, of denkbeeldig. Daar hoef nie ‘n opvolg te wees nie, maar as jy so voel kan jy dit in hoofstukke, vervolg of in sessies doen ook. Enkel stukke is netso goed.
Kies wat lekker en gemaklik vir jou voel.
Ek gaan elke Maandag vyf woorde gee wat jou denke kan prikkel. As jy een of almal wil gebruik is jy welkom.
Alles hang van jou gevoel af. Is jy bly, hartseer, gelukkig; wat ook al sal werk.
Maak of jy mal is en doen alles!
Ek hoop jy neem die uitdaging, om net te skryf, aan. Alles in Afrikaans as dit moontlik is. Onthou ook dat daar geen laster of vloekery toegelaat word nie.
Stuur asseblief ‘n “pingback” na my blog of spoeg en plak“copy and paste” jou URL in my kommentaar sodat ander ook jou vertellings kan lees.
Laat ‘n boodskap