Om ‘n Boek te Skryf: Sessie 8

Waar begin ek?

Skryftyd het aangebreek! Dit kan beslis ‘n angsaanval veroorsaak. Waar begin ek?Hoe weet ek of dit die regte plek is?

Die volgende oefeninge kan help om die ys te breek.

  1. Stel ‘n horlosie(timer) vir 45 minute.Skryf die eerste toneel (fiksie/memoir) of eerste argument (nie-fiksie). Moenie ophou voor die tyd verby is nie. Dit gaan nie ‘n volledig uitgewerkte stuk wees nie. ‘n Skets van die begin is al wat nodig is om te bepaal of dit die regte begin is.
  2. Breek vir 5 minute.
  3. Stel tyd weer vir 45 minute. Herskryf die toneel weer maar begin by ‘n ander punt of met ‘n ander verteller of uit ‘n ander hoek.
  4. Breek vir 5 minute.
  5. Stel tyd weer vir 45 minute en skryf die stuk uit nog ‘n ander hoek, tydstip,of verteller.

Kies die beste openings hoofstuk uit die drie en gee dit meer vleis.

Wenke:

Fiksie en Memoir
Wenk 1. Storie is iets wat verander. Hoekom juis nou en nie more of gister nie?Protoganis moet iets doen soos in nou. Besluit moet nou geneem word, sperdatum gee. Wolf by die deur.
Wenk 2. Toneelvorm. Sinne gee nie ‘n storie nie.Tonele is kleinste deeltjie in ‘n stuk waar iets moet verander.
Dit begin op een plek en eindig êrens anders.Leser moet bladsy omblaai om volgende toneel te wil lees.

Image result for images of someone reading


Wenk 3. Die hoofkarakter het ‘n spesifieke doel, hy/sy wil die doel bereik of oplos. Ons wil die doel sien verbrokkel en dan opbou en dit bereik.
Wenk 4. Laat altyd die hoofkarakter se denke duidelik uitkom. Alles gaan oor die hoofkarakter wat hy/sy dink en voel. Die leser wil in die protoganis se skoene staan en als saam deur haar/sy oë beleef.

Nie-Fiksie:
Wenk 1. Trek ‘n tydlyn op.Waar begin dit en waar eindig dit.Biografie kan enige plek op tydlyn begin en dan vorentoe of agtertoe beweeg.
Wenk 2. Selfhelpboeke.Hoofstuk sjabloon met elemente wat in elke hoofstuk gaan verskyn. Hoe pas elemente op bladsy en watter volgorde gevolg word.
Wenk 3. Hoe vloei die inhoud in die hoofstuk?Hoofstuk moet opbou. Argument, probleem,wat gaan help.

Fiksie se punte kan ook hier gebruik word.

Nou weet ons waar om te begin. Volgende gaan oor waar dit eindig.


Posted

in

, ,

by

Tags:

Comments

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: