Om ‘n boek te skryf: Sessie 5

Boek se vorm/styl/genre
Jy, die skrywer, is die skepper van jou boek. Dis nie net sommer ‘n vertelling soos wanneer jy met ‘n vriend sit en iets vertel nie.
Dink aan ‘n stuk klei. Jy moet dit vorm in dit wat jy wil maak. Dis dieselfde met die skryf van ‘n boek. Dit word stap vir stap gevorm.
Hoe jy gaan skryf hang van die genre af wat jy kies. Jy moet nou besluit watter vorm dit gaan aanneem.

Fiksie
of
Nie-fiksie

Onthou as jy ‘n memoir skryf kan jy niks “maak” nie, jy mag niks anders as dit wat jy ken en wat jy weet skryf nie.

Fiksie:

  1. Een hoofkarakter.
  2. Vooraf tydperk van karakter
  3. Na die tyd in karakter se bestaan
  4. Iets wat karakter wil hê.
  5. Die besluit.

Aksie stappe:
Trek ‘n grafiek of tydlyn om aan te dui hoe storie kan verloop. Moenie te veel kleiner punte invul nie. Slegs belangrike stappe en gebeurtenisse word neergepen.


Nie-fiksie:
Daar is meestal vier hoof strukture wat gevolg kan word.

  1. Kronologiese vertelling.
    Hoeksteen vrae:
    .Wat is die ruggraat?(lyn van die storie.)
    .Struikelblokke
    .Waar begin storie?(Begin as daar geen omdraai meer is nie)
    .Waar eindig dit?(Sodra probleem opgelos is)
  2. Versameling vertellings of verhale. (Onderwerpe,verskillende stemme/stories)
    Hoeksteen vrae:
    .Wat is die hoof “idee”onderwerp in die boek?
    .Hoeveel stukke gaan daar wees?( Resepte, dae,…, afdelings)
    .Gaan jy jou eie “stem” gebruik of iemand dit laat vertel.
  3. Konseptuele ontwerp/wyse:
    Dra ‘n spesifieke boodskap oor of verskaf inligting.
    Hoeksteen vrae:
    .Wat is die organiserende beginsel? (Onderwerp waaroor geskryf word.)
    .Is daar ‘n logiese vloei of opvolgende punte wat gebruik word?
    .Hoe bied jy die storie aan/ vertel jy die inhoud?
    .Wat is elemente van die hoofstukke?( Aanhalings, onderhoude, kontrolelyste.)
  4. Hebriedonderwerp/Kruising-onderwerp:
    Kombinasie van vorige strukture.
    Gebruik Hoekstene van konseptuele manier.

As jy die Hoekstene het is dit nou net om te begin vertel en dis wat in volgende sessie gaan gebeur.


Posted

in

,

by

Tags:

Comments

Laat ‘n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op ‘n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: