
Wat is jou “punt” om die boek te skryf?
Lesers lees om te ontspan of om meer te wete te kom. Lesers wil dit geniet.
Daar is ‘n rede waarom jy aan die skryf van ‘n boek dink.
Dis omdat jy iets het om te sê. As niks jou gestemuleer het om oor te skryf nie sou jy eerder tuinwerk of inkopies doen.
Miskien is dit iets oor sport, liefde of resepte. Dit maak nie saak of dit voel of dit ‘n alledaagse onderwerp is nie. Dit wys dat dit unversiël is. Jy gaan jou eie siening en manier van vertel gebruik wat uniek joune gaan wees.
Die doel om jou eie “punt” te vind, is om dit as jou Suiderkruis(ster) in jou skrywe te gebruik.
As dit moeilik is om jou “punt” te vind maak asof dit ‘n argument is waarin jy betrokke raak. Die boek se hart(punt) is soos ‘n argument oor – ‘n geloof, ‘n manier van lewe, ‘n toekomsvisie, ‘n manier om ‘n probleem op te los, ‘n manier om vriende te maak, ‘n manier om jou siel te verkoop.
Opdrag 3
Skryf ‘n klomp “punte” neer wat jy moontlik kan gebruik.
Besluit watter een die beste of gemaklikste klink. Skryf dit op ‘n nota en plak dit op jou yskas, op jou rekenaar, of waar ook al sodat jy dit telkens sien en jou herinner waaroor jy wil/gaan skryf.
My “punt” van bespreking
Onvoorwaardelike vertroue en liefde van ‘n hond(dier)
Laat ‘n boodskap