Wie gaan die ideale leser wees?
Dink aan kleiner groepe wat sal belangstel. Voldoen eerder aan sekere behoeftes en belangstellings wat die leesgroep kan bevredig.
Sodra jy weet wat die behoeftes is kan jy dit gebruik om die aandag te trek.
Jy moet weet wat lesers wil hê en dit aan hul gee. As jy dit doen is jy ‘n stap nader aan sukses.
Verder om ‘n sukses met die boek te maak is om per mond dit oor te dra hoe goed die boek is.
Opdrag 3
Aksie stappe.
Vra die volgende vrae oor die ideale leser. Hoe meer spesifiek die antwoord hoe beter.
1. Hoe oud is hulle?
2. Waar bly hulle?
3. Watter tipe persone is dit? (Waarin glo hul?Hoe beweeg hul deur die lewe?)
4. Wat hou hul snags wakker?
5. Wat wil hul meer as iets anders in die lewe hê of bereik?
6. Watter hulpbronne hou hul van om te gebruik(boeke, flieks, blogs)om dit te bereik.
7. Wat kan my boek doen om dit te help bereik.
My antwoorde:
1. Ouderdom: kinders wat kan verstaan as daar voorgelees word tot waar hul self kan lees en storie vertel.
2. Waar bly hulle: In ‘n ouerhuis waar die familie en hul troeteldiere bly. In die skool saam met maats.
3. Tipe persoon: Klein kindertjies wat graag wil luister. Kinders wat self kan lees en die storie kan oorvertel.Glo nog in diere wat mense maniere het.
4. Wat hou hul snags wakker?: Waar die diertjie is waaroor gepraat word. Is hy warm en veilig?
5. Wat wil hul graag in die lewe hê?: Om ‘n troeteldier te mag hê en te versorg. Om saam te speel en avonture te beleef.
6. Hulpbronne wat gebruik kan word: Diereflieks, verhale oor diere, eie tekeninge oor troeteldiere.
7. Wat kan my boek doen om dit te bereik?: Wys hoe mense en diere saam kan wees. Om diere te versorg. Om te lees van diere en hul dinge beleef.
Laat ‘n boodskap