Om n boek te begin skryf: Sessie 2 Hoekom

Boeke laat lesers diep grawe en dink om alles te wete te kom. Slegs as die skrywers weet HOEKOM hul die boek skryf ontstaan daar die diepliggende vlak van die HOEKOM van die skrywer en dit verhoog die intensiteit van ‘n karakter.

Mense koop en lees ‘n boek oor die HOEKOM die skrywer dit doen, nie om wat die skrywer doen nie.

Die belangrikheid, interessantheid, vermaak of iets opwindends is wat mense wil lees en dan koop.

Opdrag 1:

Skryf ten minste een bladsy oor Hoekom jy die boek wil skryf.
Dit moet nie oor moontlikhede of drome wees nie bv om op te hou met werk om ‘n voltydse skrywer te word nie, ook nie om ‘n storie vir n film te skryf nie.
Dit gaan oor wat dit vir jou beteken, wat dit van jou voorstel, en hoekom jy jou verbind om ‘n boek te skryf.

Om die HOEKOM te bewoord is die eerste stap om met sekerheid en klaarheid te kan skryf.

HOEKOM EK DIE BOEK WIL SKRYF:

Ek is ‘n diere liefhebber . Dis my lewe om te sien hoe diere reageer in verskillende omstandighede. Ek het vele jare met honde te doen gehad. Vandag is ek steeds ‘n honde mens. Ek doen oppas werk vir mense wat met vakansie gaan. Die voorwaarde is dat ek my hond mag saambring
Ander troeteldiere beteken nie soveel as my eie mini Schnauzer nie.
Ek wil die daaglikse lewe deur die oë van my hond beskryf. Ons beleef daagliks dinge wat baie opwindend is. Sy manier van vriende maak en opsomming van mense en ander diere is baie insiggewend. Hy leer my geduld en onvoorwaardelike liefde en omgee. Hy slaap op my bed. Lê op my skoot saans as ek TV kyk.
Ek wil ook graag dit in die vorm van kinder stories doen. Kinders lê my ook na aan die hart. Veral die amper skool beginners inspireer my met baie bewegings en sê-goed.

Image result for writer busy writing pictures

Hoekom wil jy graag ‘n boek skryf?


Posted

in

,

by

Tags:

Comments

2 reaksies op “Om n boek te begin skryf: Sessie 2 Hoekom”

  1. Toortsie Avatar

    Om mense te help. Met watookal. Kos? Huwelik? Geloof?

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.